Mahole Simon Mofokeng, burgemeester van Sedibeng, is in hegtenis geneem ná hy na bewering onder die invloed van drank bestuur het. Mofokeng het glo in ‘n ander motor vasgery terwyl hy ‘n hotel in Vanderbijlpark verlaat het, het The Star Donderdag berig. Mofokeng het volgens die berig Dinsdagaand agter tralies deurgebring. Brig. Neville Malila, woordvoerder
Sirië behaal belangrike oorwinning
Die slag van die belangrike Siriese grensdorp Koesar is beslis: Die Assad-regime het ‘n oorwinning oor die Al-Kaida-rebelle behaal wat intussen aangekondig het dat hulle sal onttrek. Min stede in Sirië is strategies so belangrik soos Koesar, op die grens met Libanon. Vir ‘n jaar het die rebelle beheer van die stad met sy 30.000
Kulturele selfbeskikking eerste doelwit
Flip Buys (Beeld, 4 Junie) bied ‘n onbevredigende siening van Afrikanerselfbeskikking as ” ‘n soort strategiese risikobestuursplan” aan. Die Afrikaner-geskiedenis word egter deur ‘n vryheidstrewe gekenmerk: godsdiens-, handels- en kulturele vryheid. Daar heers konsensus oor ons “foute van die verlede”: Linkse Afrikaners glo dat apartheid nooit moes bestaan het nie en regse Afrikaners meen dat
Boer se lyk in vrieskas gevind
Die lyk van ‘n boer van Queenstown is in ‘n vrieskas gevind, het die polisie in die Oos-Kaap Dinsdag gesê. Lt. kol. Pumzile Makaula het gesê die 67-jarige man se lyk is Maandag in sy winkel gevind. Die man se werknemers het bekommerd geraak toe hy nie die hek vir hulle oopgemaak het nie. Hulle
Polisie wat man doodslaan, intern verhoor
Vyf polisiebeamptes van Limpopo wat daarvan aangekla is dat hulle ‘n Nigeriese man doodgeslaan het, sal binnekort intern dissiplinêr verhoor word, het die polisie Dinsdag gesê. “Die verhoor sal binnekort begin,” het brig. Hangwani Mulaudzi gesê. Een van die polisiemans, Clement Tsotsane, is Dinsdag borgtog deur die Polokwane-landdroshof geweier. Hy sal Woensdag saam met die
Absa-bankroof: Vyf vas
Vyf mense is in hegtenis geneem na hulle ‘n Absa-tak Dinsdag in Joubertina beroof het, het die polisie in die Oos-Kaap gesê. “‘n Groep van meer as 10 rowers was vermoedelik betrokke in die rooftog en die polisie is nog op soek na minstens vyf verdagtes,” het brig. Marinda Mills, polisiewoordvoerder, gesê. Mills het gesê
Jeugliga gooi ontlasting voor Zille-toespraak
Die ANC-jeugliga het hom sterk uitgespreek teen opruiende gedrag deur sommige van sy lede in die Wes-Kaap, berig RSG. In die jongste voorval is menslike ontlasting by ‘n saal in Khayelitsha uitgegooi waar die Wes-Kaapse premier, Helen Zille ‘n “110% Groen”-veldtog bygewoon het. Minstens twee betogers is in hegtenis geneem. Die liga sê hy het
Werklose jeugdiges kan SA destabiliseer
“Die jeug in Suid-Afrika word baie hard getref deur die effek van groeiende werkloosheid en dit kan in die afsienbare toekoms tot uitbarsting kom indien daar nie oplossings gevind word en werkgeleenthede geskep word nie,” sê adv. Anton Alberts, die Vryheidsfront Plus se parlementêre woordvoerder oor ekonomiese sake. Adv. Alberts het in ‘n toespraak in
Wanneer ekonomie die politiek oorskadu
Soos die meeste van ons al ondertussen weet, is Afrikaners die voorlopers onder die Westerse volkere wat moet toesien hoe ons lewenswyse en kultuur die onderspit moet delf ter wille van ander moonthede se belange. Anders as wat die radikale vryheidsprofete ons na die Tweede Wêreldoorlog voorgehou het, is mense uiteindelik nie so universeel geörienteerd
Jonathan Jansen vereer vir Afrika-onderwys
Die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, professor Jonathan Jansen het in New York die Afrika-toekenning vir sy lewenslange bydrae tot onderwys ontvang. Hy is vereer vir sy buitengewone werk “wat gehelp het dat Suid-Afrika uitgestyg het bo sy verlede”. Vorige ontvangers sluit in Sir Bob Geldof, sir Richard Branson, emeritus aartsbiskop Desmond Tutu
