Die Palestynse Statistiekburo het beraam dat die Arabiere die Jode in die Heilige Land teen die einde van die dekade sal verbysteek, ‘n scenario wat ernstige gevolge kan hê vir Israel. Die buro het Dinsdag gesê dat 5,8 miljoen Arabiere in Israel, die Wesoewer, Gasa en Oos-Jerusalem woon. Dit is in vergelyking met ongeveer 6
Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad
Drie mans is dood en meer as 4 000 mense is dakloos gelaat nadat brande huise in Dunoon en Khayelitsha op Nuwejaarsdag verswelg het. Die BM-afdeling van Khayelitsha is die hardste getref, met meer as 800 plakkershutte wat deur die vinnige vlamme vernietig is. Sowat 3 000 inwoners is dakloos gelaat. Die Stad se Rampbestuurwoordvoerder
Lees verder: Vlamme verteer 4000 se plakkershutte in Kaapstad
Gaan VSA oor fiskale afgrond stort?
Die Withuis en Senaatslui het Maandag ‘n ooreenkoms bereik om belastingsverhogings en besuinigingsmaatreëls van die sogenaamde “fiskale afgrond” af te weer – maar die ooreenkoms kan nog in die Huis van Verteenwoordigers tot onmin lei. Senators sou oornag stem oor die ooreenkoms, wat volgens senator Joe Lieberman sterk steun onder die Demokrate geniet. Die ooreenkoms
Nuwejaar eis talle in stormlope
Die stad van Kaapstad het mense gewaarsku dat hy streng sal optree teen mense wat aan hulle aan misdrywe skuldig maak met vanjaar se Tweede Nuwejaar-vieringe en die Klopse-karnaval, wat in die stad plaasvind. Die stadsraad het meer as R3 miljoen vir die feesvieringe bewillig, waaraan meer as 13 000 mense en 70 Klopse groepe
‘Groter eenheid binne ANC’
Ná ‘n 100 jaar se bestaan is daar ‘n groter eenheid binne die ANC en die party sien uit na die nuwe jaar, het partyleiers in Noordwes Maandag gesê. “Ons roep die eeufeesjaar van die ANC vaarwel, sonder enige twyfel dat ons beweging oor groter eenheid, meer krag en kohesie beskik,” het Kenny Morolong, ‘n
Afrikanerlinkses en Afrikanerondergang
Twaalf jaar gelede het ek in ‘n bydrae op LitNet, geargumenteer dat die links-regsverdeling in Suid-Afrika en selfs elders ter wêreld nie meer van toepassing is nie. In 2003 het ek tydens ‘n praatjie, Is die globale ryk wenslik?, iets van ‘n kritiek gelewer op die neo-Marxistiese denke van Hardt en Negri se boek Empire
Duitse tydskrif kondig Bush se afsterwe aan
Die gerspekteerde Duitse weeklikse nuustydskrif Der Spiegel het per ongeluk ‘n doodsberig van oudpres. George H.W. Bush gepubliseer. Die onvoltooide berig het Sondag vir enkele minute op die publikasie se webtuiste verskyn voordat dit verwyder is. Die tydskrif se New York-korrespondent, Marc Pitzke, het die oudpresident as ‘n “kleurlose politikus” beskryf, wie se beeld slegs
Verkeersboetes? Watwou!
Slegs ‘n klein aantal Suid-Afrikaners betaal hulle verkeersboetes, luidens berigte Sondag. Die jaarlikse verslag van die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het getoon dat motoriste R1,6 miljard skuld in uitstaande verkeersboetes wat in die Tshwane en Johannesburgse munisipaliteite uitgereik is, het City Press berig. Volgens die verslag het motoriste in Tshwane en Johannesburg tussen April 2011 en Maart
Zuma: SA gaan vooruit
Pres. Zuma het Suid-Afrikaners Maandag ‘n voorspoedige nuwe jaar toegewens, en gesê die land sal sy doelstellings bereik as die hele bevolking saamwerk om ‘n veilige samelewing te skep. “Ons het in 2012 baie vooruitgang gemaak soos ons voortgegaan het met ons poging om ‘n verenigde, nierassige, nie-seksistiese, demokratiese en voorspoedige Suid-Afrika te bou,” het
Vooroordele teen Zuma verhoed begrip
Diegene met vooroordele teenoor pres. Jacob Zuma verhinder die land om sy opmerking dat troeteldiere deel is van die ‘wit kultuur’, te verstaan, het die ANC se hoofsweep Vrydag gesê. “Slegs die mense wat bevooroordeeld en vyandig is wil hê dat ons moet glo dat die president sy vakansie onderbreek het om die gemeenskap oor
