Die polisie soek na verdagtes nadat nog ‘n moord in die Muldersdrift-omgewing plaasgevind het. ‘n 55-jarige man is Saterdagaand buite sy huis deur onbekende persone doodgeskiet toe hy na ‘n buurman wou stap om vas te stel waarom dié se honde aanhoudend blaf. Geweldsmisdaad in die Muldersdrift-gebied het die afgeloop tyd skerp toegeneem. Volgens ‘n
Franse herower Timboektoe
Franse magte het Timboektoe Maandag omsingel en beheer oor die lughawe geneem. Dié verwikkeling is die jongste deurbraak in die stryd teen Islamitiese rebelle wat uit sleutelvestings in die noorde verdryf word. Franse valskermsoldate het Islamiete wat probeer vlug het, verhoed, terwyl troepe onder Franse beheer die lughawe ingeneem het. Timboektoe was ‘n belangrike vesting
Kaapse tiener in koma geslaan
‘n Kaapse tiener is in ‘n koma nadat hy en sy vriende aangeval is toe hulle op pad was na ‘n nagklub, is Maandag berig. Jean Lambrechts (19) was Saterdagaand op pad na Stones in Edwardstraat, Bellville, toe hy en sy vriende deur ‘n groep van sowat 10 mans genader is, het die Cape Times
Rykste vrou in Afrika
Isabel dos Santos, die oudste dogter van die Angolese president, Jose Eduardo Dos Santos, is Afrika se eerste vroue-miljardêr, het Forbes-tydskrif berig. Die 40-jarige het haar eerste sakeonderneming in 1997 in die hoofstad Luanda begin – ‘n restaurant genaamd Miami Beach. Sy is nou op die rade van verskeie maatskappye in Angola en Portugal. Sy
Polisie skiet man by padblokkade dood
Johannesburgse metropolisiebeamptes het ‘n gewapende man Sondag by ‘n padblokkade doodgeskiet, het ‘n woordvoerder gesê. Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder, het gesê die man het met ‘n vuurwapen verby die padblokkade in Jeppestraat gehardloop. “Beamptes het hom beveel om stil te staan, waarna hy ‘n skoot op hulle afgevuur het. Hulle het hom weer beveel om
Marikana, rondte 2
Opspraakwekkende beeldmateriaal is deur ‘n Britse televisiekanaal uitgesaai wat meer perspektief op die slagting by Marikana gee en waarskynlik die Farlam-kommissie van ondersoek na die gebeure sal beïnvloed. Die beelde ondermyn verklarings deur polisiebeamptes dat hulle in selfverdediging opgetree het tydens die skietery. Die skietery verlede jaar het tot die dood van 34 mynwerkers gelei
Malema verloor sy lyfwagte
Met dié dat die ANC in Limpopo en die party se jeugliga teen hom gedraai het, moes Julius Malema van sy lyfwagte afskeid neem hierdie week. Die voormalige ANC-jeugligapresident – nog altyd omring deur sy lyfwagte, moes glo aan sy beskermers sê dat hy dit nie meer kan bekostig om hulle te betaal nie. Die
Nkandla nie met belastinggeld betaal nie
Die minister van openbare werke, Thulas Nxesi, sê die departement kon geen bewyse vind dat belastinggeld gebruik is om pres. Jacob Zuma se Nkandla-woning op te knap nie. Nxesi het die media Sondag in Pretoria toegespreek oor die verslag van die Nkandla-taakspan. Verdere besonderhede oor die ondersoek is nog nie bekend nie. Die taakspan is
Renosterstroper doodgeskiet
‘n Vermeende renosterstroper is in die Krugerwildtuin doodgeskiet en twee ander verdagtes is in hegtenis geneem, het die Valke gesê. Wildbewaarders het Saterdagoggend ‘n beseerde renoster opgemerk wat besig was “om vir sy lewe te vlug” en het gesien dat die dier ‘n skietwond het, het kaptein Paul Ramaloko gesê. Hulle het die bloedspoor gevolg
Ramphele wil ‘land red’ met nuwe politieke beweging
Die apartheidsaktivis en akademikus dr. Mamphela Ramphele beplan blykbaar om tot die politiek toe te tree. Tydens ‘n onlangse besoek aan Amerika het dr. Ramphele gesê sy samel geld in vir ‘n politieke party en dat sy “die politiek betree om haar land te red. “Ramphele het ook ondersteuning van ambassadeurs gevra. Volgens Suid-Afrika se
Lees verder: Ramphele wil ‘land red’ met nuwe politieke beweging
