07:02:22 Aandele in Hong Kong het binne die eerste minute van verhandeling Dinsdag met 6 persent gedaal in reaksie op die nuus dat
die $700-miljardreddingsplan in Washington deur die Kongres verwerp is.
Lees verder: Hong Kong-aandele daal 6 persent n? verwerping van VS-reddingsplan

Heinz-Christian Strache, 39, leier van die Oostenrykse Vryheidsparty, meen hulle is die eienaars van Oostenryk en hulle sal besluit wie toegelaat word tot die land en wie nie. Wat sy teenstanders skok, is egter dat sy volgelinge openlik Nazi-simbole by sy vergaderings vertoon. Die dra van Nazi-kentekens en die Nazi-saluut is onwettig in Oostenryk.