Die Uitsaaiklagtekommissie het uitspraak voorbehou Donderdag tydens ‘n verhoor ná ‘n klag teen die SAUK se uitsendings van ‘n haatliedjie deur die hip-hop kunstenaar Zubz.
President George Bush het gister aangekondig dat troeponttrekkings uit Irak sal ophou. Hy het ‘n aanbeveling van die Amerikaanse opperbevelvoerder in Irak, generaal David Petraeus, aanvaar om ‘n 45-dae lange verbod op onttrekkings af te kondig.
Die parlementêre portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit het die komissaris van die Badplaaspolisiestasie, kaptein Cornelius Potgieter, gister met onmiddellike ingang geskors.
Dan Roodt (regs) van PRAAG was Woensdagaand 9 April om 21:00 die gas van Deon Maas (links) op sy RSG-radioprogram "Maas met mening". Luister hier na die volledige program (ongeveer 10 Mg groot). для светильникаФільчаков прокурор
Duisende betogers word vandag in San Fransisco verwag vir die aankoms van die Olimpiese fakkel. ‘n Herhaling van die dieselfde skermutselinge as in Londen en Parys word verwag.
Die Nasionele Beleidsinstituut in Amerika voorspel dat blankes teen die jaar 2060 gaan daal tot slegs 9,76% van die wêreldbevolking. Dit verteenwoordig ‘n dramatiese daling teenoor die hoogtepunt van 27,98% wat die blanke aandeel van die wêreldbevolking in 1950 was.
‘n Baasbrein in die Fidentia-skandaal is in die VSA deur die FBI in hegtenis geneem. Steven Goodwin is Saterdag deur Amerikaanse owerhede by Los Angeles se lughawe voorgekeer, volgens die Nasionale Vervolgingsgesag.