Amerikaanse motorreddingsplan sneuwel in Senaat

Senaatwetgewers het gisteraand nie kon ooreenstem oor 'n hulppakket vir die sukkelende Amerikaanse motorvervaardigers nie, iets wat die Demokrate gewaarsku het miljoene mense se werk in gevaar kan stel.

Gesprekke oor die $14-miljard pakket wat gesteun word deur Demokrate en die Withuis het 'n dooiepunt bereik nadat die senaat se Republikeine vasgestaan het by hulle eis dat die Amerikaanse salarisse vinnig in lyn gebring word met dít wat deur buitelandse motorvervaardigers betaal word.

"Ek sidder as ek na Wallstraat moet kyk môre. Dit gaan nie 'n mooi prentjie wees nie," het Demokratiese senaatleier Harry Reid gesê nadat Wallstraataandele gedaal het in afwagting van die nuus.

Demokratiese senatore, wat bekommerd is oor nog verminderings van poste het voorberei om die Withuis te versoek om geld van die $700 miljard-Wallstraathulppakket los te maak vir die motorvervaardigers.

"Miljoene Amerikaners, nie net motorvervaardigers nie, maar ook mense wat motors verkoop en dié wat aan motors werk, gaan nou direk geraak word," het Reid gesê.

"Ek hoop dat die president wat so goed met ons saamgewerk het die laaste paar weke aan die wetgewing nou sal ooorweeg om die noodfondsgeld te gebruik om die motornywerheid en die werkers van die land te help."

Reid het verwys na die geld in die $700-miljardhulppakket vir finansiële instellings waarop vroeër vanjaar besluit is.

Die Demokrate wil deel van die fondse hê om die motornywerheid by te staan en president Bush se administrasie het geweier.

Die Withuis, wat die Demokrate se voorstel vir korttermynlenings aan die motornywerheid ondersteun het en die weergawe van die voorstel wat Woensdag deur die huis van verteenwoordigers bespreek is, het gesê hulle is teleurgesteld dat die gesprekke 'n dooiepunt bereik het.

Lees verder: Amerikaanse motorreddingsplan sneuwel in Senaat

DA glimlag oor Wes-Kaapse uitslae

Die nuutgestigte KVP (Kongres van die Proletariaat) het sy eerste openbare verteenwoordigers gekry, maar dit was die DA wat uit Woensdag se tussenverkiesings met 'n breë glimlag getree het. In die Weskaap, waar die ANC se houvas op gesag maar swak is, het die DA 9 van die 18 wyke gewen wat voorheen deur die

Lees verder: DA glimlag oor Wes-Kaapse uitslae

Johannesburgse vulstasie twee keer binne ‘n week beroof

'n Motorhawe in Fourways is vandeesweek twee keer beroof, het Honeydew-polisie Donderdag gesê. Kaptein Douglas Trollip het gesê die jongste insident het Donderdagmiddag omstreeks 15:00 gebeur toe twee mans R500 uit die kasregister gehaal het by die vulstasie in William Nicolrylaan. "Hulle het in die vulstasie ingeloop en een man het 'n vuurwapen op die

Lees verder: Johannesburgse vulstasie twee keer binne ‘n week beroof

VSA waarsku oor verslegtende cholera-epidemie in Zimbabwe

Die Verenigde State het Donderdag gewaarsku dat die cholera-epidemie in Zimbabwe erger word en aangekondig dat miljoene dollar bestee gaan word om die siekte te beveg. Amerikaanse amptenare het 'n stelling deur president Robert Mugabe dat die epidemie oor is, verwerp. Die Amerikaanse agentskap vir internasionale ontwikkeling het aangekondig dat hulle $6,2 miljoen gaan uitgee

Lees verder: VSA waarsku oor verslegtende cholera-epidemie in Zimbabwe

Jong kommuniste wil jeug in uniform sien

Militêre diens kan binnekort terug wees indien die jong kommuniste hulle sin kry. Die kommunistiese jeugliga het die weermag gevra om hulle deure oop te maak om aan jongmense werksgeleenthede te kan gee en om voor te berei indien die land enige dade van aggressie moet weerstaan, maar het geweier om dit militêre diensplig te

Lees verder: Jong kommuniste wil jeug in uniform sien

Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot

'n Wetsontwerp om $14-miljard in lenings aan Amerikaanse motorvervaardigers is deur die Huis van Verteenwoordigers aanvaar, maar die vooruitsigte vir dié pakket bly onseker vanweë Republikeinse teenkanting in die Senaat.

Lees verder: Reddingsboei vir VSA motorvervaardigers onder skoot

Amerikaanse kleinhandelverkope daal met 3,8% – ergste in 5 jaar

Amerikaanse kleinhandelverkope, met die uitsluiting van motors, het in November die grootste maandelikse daling in vyf jaar getoon toe verbruikers vir die derde maand in 'n ry hulle aankope beperk het, het 'n privaat verslag wat Donderdag vrygestel is getoon.

Dié daling het in November toegeneem, ten spyte van 'n skielike toename in verkope gedurende die belangrike "swart Vrydag-naweek", die drie dae ná die dankseggingsvakansiedag laat in November, volgens SpendingPulse, die handelsdatadiens van Mastercard-adviseurs, 'n filiaal van Mastercard Inc.

Verbruikersbesteding, met die uitsluiting van motors, het verlede maand met 3,8% gedaal volgens 'n seisoenaal aangepaste basis, dit is meer as die 1,5% daling wat in Oktober opgemerk is, het SpendingPulse gesê.

Die Novembersyfer was die grootste daling in een maand in SpendingPulse se geskiedenis, wat in 2003 begin het, en het die 2,4%-daling van twee maande gelede verbygesteek.

Dié verslag is die mees onlangse getuienis dat Amerikaanse handelaars die ergste vakansiehandelseisoen in die onlangse geskiedenis in die gesig staar. Die einde van die jaar se inkopeseisoen maak vir baie handelaars die grootste deel van hulle jaarlike inkomste uit. 

Lees verder: Amerikaanse kleinhandelverkope daal met 3,8% – ergste in 5 jaar

Likwidasies neem toe in November

Die totale hoeveelheid likwidasies in November het toegeneemmet 23,7% teenoor November 2007, het Statistiek Suid-Afrika Donderdag gesê. Dit is as gevolg van 'n toename van 15,4% in verpligte likwidasies en 24,3% in vrywillige likwidasies. Wanneer November 2007 en 2008 vergelyk word, het likwidasies van beslote korporasies met 29% gestyg en maatskappylikwidasies met 18,1%, het Statistiek

Lees verder: Likwidasies neem toe in November

Brand vlam weer op in Weskaap

Die brand in die Weskaapse  Hottentots-Hollandberge het weer oornag opgevlam, het die stad se rampbestuur Donderdag gesê. Kaapse brandweerman 'n Totaal van 155 brandweermanne en 'n klomp helikopters het gewerk om die vuur wat reeds 9 huise vernietig het sedert Maandag onder beheer te bring, het woordvoerder Wilfred Solomons-Johannes gesê. Werk is moeiliker gemaak deur

Lees verder: Brand vlam weer op in Weskaap

KVP wen 10 setels in Weskaapse tussenverkiesings

Die KVP (Kongres van die Proletariaat) het Woensdag 10 wyke gewen in die 27 tussenverkiesings in die Wes-Kaap, het 'n verkiesingsbeampte Donderdag gesê. Die KVP het die verkiesing betwis deur onafhanklike kandidate omdat die party steeds besig is met die registrasieproses as politieke party. Provinsiale verkiesingsbeampte, Courtney Sampson het gesê van die 8 wyke in

Lees verder: KVP wen 10 setels in Weskaapse tussenverkiesings