Jacob Zuma, herverkose president van die ANC, het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om na eenheid in die regerende party te strewe. “Sodra die ANC-verkiesing plaasvind word ons almal tot die uitslag verbind. Laat ons nie dinge sê wat ander kamerade ongemaklik maak nie. Kom ons behandel mekaar soos mede-kamerade.” Zuma het afgevaardigdes toegespreek kort
Nie plaaslik vervaardig vir Mangaung nie
Rob Davies, minister van handel en nywerheid, het gister gesê Suid-Afrika se vervaardigingsektor is “baie kwesbaar” as gevolg van strawwe wêreldwye ekonomiese toestande. Maar as die regering beplan om meer goedere van Suid-Afrikaanse verskaffers te bekom, dra die ANC nog ‘n ander hoed. Die regering wil herfokus op Suid-Afrikaanse vervaardiging om te help om die
ANC se bedryfskoste skrikwekkend hoog
Die ANC sal nie net met kreatiewe maniere vorendag moet kom vir skenkings nie, maar ook sy bestedingsgewoontes moet hersien. Hierdie waarnemings en kostebesnoeiingsmaatreëls is vervat in die ANC-tesourier-generaal Mathews Phosa se finansiële verslag aan afgevaardigdes by die Mangaung-konferensie. Phosa lê in die verslag, die party se uitgawes en sy stygende bedryfskoste bloot. Die organisasie
Duiwelsasem, ‘n nuwe spioenasieriller in Afrikaans
Hoe skakel Johannesburg in by ‘n internasionale politieke intrige wat van Helsinki tot Washington strek? Die rykste, grootste en mees kosmopolitiese stad in Suid-Afrika is ook waar eienaarskap van die Donker Kontinent se ryk grondstowwe deesdae onderhandel word. Die jong spioen Kai Brugman staan midde-in hierdie spannende vertelling van belangegroepe wat aan die wedywering om
Lees verder: Duiwelsasem, ‘n nuwe spioenasieriller in Afrikaans
Uraan, kobalt in beesorgane
‘n Navorser van die Noordwes-Universiteit het bevind dat die organe van beeste wat in die omgewing van die Wonderfonteinspruit, onder meer met uraan en kobalt besmet is. Beeld berig dat David Hamman vir sy meestersgraadstudie in omgewingswetenskappe beesniere ontleed het en die uraanvlakke daarin was 4 350 keer hoër as dié van beeste in ‘n
Vermeende bomplanters teiken nie Mangaung nie
Berigte dat die inhegtenisnemings van vier regses verband hou met beweerde terreurplanne by die ANC se 53ste verkiesingskongres in Bloemfontein is nog nie bevestig nie. City Press het voorheen berig dat een verdagte reeds ‘n bekentenis gemaak het. Die Vrystaatse polisie sê egter die vier mense wat in hegtenis geneem is, is nie gekoppel aan
Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip
‘n Vergadering oor landelike misdaad tussen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en Afrikanerverteenwoordigers het opgehou kort nadat dit Donderdag in Pretoria begin het. Mthethwa het agterna gesê hy het beswaar gehad teen die noem van die African National Congress aan die begin van die bespreking. “Toe ons begin het, het die afvaardiging kwessies oor
Lees verder: Vergadering met minister oor plaasveiligheid kortgeknip
ANC: Top 6 se benoeming uitgestel
Die ANC se 53ste verkiesingskonferensie het kort na middernag verdaag ná vertragings oor verskille oor geldigheid. Die benoemings vir die ANC se top ses is ook tot vandag uitgestel. ‘n Hewige debat is verwag te midde van twee provinsies wat dreig om ‘n interdik te kry teen die hou van die konferensie, en beskuldigings dat
Tenders is ‘n teer saak, sê Zuma
Die tenderstelsel is teer saak in die regering, het pres. Jacob Zuma Sondag tydens die opening van die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, Bloemfontein, gesê. “Selfs ‘n ouma in ‘n landelike gebied weet van ‘n tender,” het hy in Zoeloe tydens sy politieke verslag gesê. Zuma het gesê die stryd teen korrupsie duur voort
Regses vas oor Mangaung bomplan
Die Vrystaatse polisie het sewe vermeende regses in hegtenis geneem wat na bewering ’n tent op die ANC se nasionale konferensie, wat tans in Mangaung plaasvind, met plofstof wou opblaas, het RSG Maandag berig. Die verdagtes is Sondag in Bloemfontein, Douglas en Naboomspruit (Mookgophong) vasgetrek. Die polisie se provinsiale woordvoerder, Brigadier Billy Jones, het gesê
