Jacob Zuma, herverkose president van die ANC, het ‘n beroep op afgevaardigdes gedoen om na eenheid in die regerende party te strewe.
“Sodra die ANC-verkiesing plaasvind word ons almal tot die uitslag verbind. Laat ons nie dinge sê wat ander kamerade ongemaklik maak nie. Kom ons behandel mekaar soos mede-kamerade.”
Zuma het afgevaardigdes toegespreek kort nadat die uitslae bekendgemaak is.
Zuma het met 2 983 stemme gewen terwyl Kgalema Motlanthe 991 stemme ontvang het.
