Zim gaan bloeddiamante smous

Die hooggeregshof in Zimbabwe het die verkoop van diamante afkomstig uit ’n gebied bekend vir menseregtevergrype goedgekeur, ’n stap wat teenstrydig is met die Kimberley-proses, het die staatsbeheerde media gister berig. Die verkoop van 300 000 karaat diamante uit die oostelike Marange-velde is verlede jaar deur die internasionale reguleerder gestop nadat daar bevind is dat

Lees verder: Zim gaan bloeddiamante smous

SA rykste land in die wêreld

Suid-Afrika is die wêreld se rykste land in terme van sy minerale hulpbronne, ter waarde van $2 500 miljard, volgens navorsing deur die Amerikaanse bank Citigroup, berig Bloomberg. Die Citigroup-verslag, wat deur die mynbou-ontleder, Craig Sainsbury, saamgestel is, sê Rusland kom tweede ná Suid-Afrika en Australië derde. Die navorsing dui daarop dat Suid-Afrika, Guinee, die

Lees verder: SA rykste land in die wêreld

Zille-ondersteuners tart ANC

Terwyl Helen Zille Dinsdag met Vryheidsdag toeskouers buite die konstitusionele hof toegespreek het, het betogers met ANC-vlae en T-hemde opgedaag by die byeenkoms. Zille het in haar rede gesê Suid-Afrika se huidige staatshoof bedreig die Grondwet. Sy het egter nagelaat om te verwys na die DA se ondersteuning vir ongrondwetlike naamsveranderinge of ewe ongrondwetlike beleid

Lees verder: Zille-ondersteuners tart ANC

Groepsgebiedewet leef steeds sê Zuma

Suid-Afrika vier tans16 jaar van demokrasie, maar Dinsdag het President Jacob Zuma gesê die gevolge van onregverdige apartheidswette is steeds duidelik sigbaar. “Ons mense moet nog daagliks gekonfronteer word met die impak van die wet,” het Zuma in Pretoria gesê, verwysende na die eertydse Groepsgebiedewet. Hy het ‘n klein opkoms by die Uniegebou met Vryheidsdagvieringe

Lees verder: Groepsgebiedewet leef steeds sê Zuma

Malcolm X se moordenaar vry

Die moordenaar van die omstrede  menseregte-aktivis, Malcolm X, is na meer as vier dekades uit die tronk vrygelaat.  “Sy vrylating is goedgekeur en hy is vandag laat gaan,” het Linde Foglia, woordvoerder van die New Yorkse departement van korrektiewe dienste, Dinsdag gesê.  Thomas Hagan (69), was die leier van die militante Nation of Islam beweging

Lees verder: Malcolm X se moordenaar vry

Afrikaanse nuus dalk eersdaags op kykNET

’n Afrikaanse nuusbulletin kom dalk eersdaags op kykNET in ‘n poging om advertensie-inkomste te verhoog.   Afrikaanse tydgleuwe op TV blyk uiters winsgewend vir SABC2, die openbare uitsaaier, te wees in teenstelling met ander tale en dié feit is waarskynlik wat kykNET sal oorreed om ‘n Afrikaanse nuusbulletin te oorweeg. Die nuuskanaal eNews is tans

Lees verder: Afrikaanse nuus dalk eersdaags op kykNET