Internasionale nuusagentskappe – danksy die gebruik van versteekte kameras – spioeneer al jare lank op voormalige president Nelson Mandela se huis. Hierdie week het ‘n spesiale polisietaakmag op Mandela se huis in Qunu toegesak om ondersoek na die sekuriteitsprobleem in te stel. Minstens drie CCTV-kameras is reeds ses jaar lank by die huis van stamkaptein
EU het bedenkinge oor miljoen ongetelde stemme in DRK
Verkiesingswaarnemers van die Europese Unie in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) het die onlangse verkiesingsproses in dié land skerp gekritiseer. “Die Europese Unie se verkiesingswaarnemingsending dink die gebrek aan deursigtigheid en die onreëlmatighede tydens die insameling, samestelling en publikasie van die verkiesing se uitslag is betreurenswaardig,” het die sending in ‘n verklaring oor
Lees verder: EU het bedenkinge oor miljoen ongetelde stemme in DRK
DA wil dwelmhandelaars se regte beskerm
Die DA het ‘n beroep op die minister van internasionale betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane, gedoen om te verseker dat Nolubabalo Nobanda se regte in die tronk in Thailand beskerm word, het RSG Woensdag berig. Nobanda is vroeër die week in hegtenis geneem nadat sy kokaïne in haar rastalokke die land ingesmokkel het. Die DA sê hy
Eugene de Kock vir parool oorweeg
Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde moordenaar Eugene de Kock gaan vir parool oorweeg word, het die departement van korrektiewe dienste gesê. “[Die verhoor] sou Woensdag plaasgevind het, maar dit is uitgestel,” het woordvoerder Phumlani Zimiya aan die nuusagentskap Sapa gesê. Ximiya kon nie dadelik verduidelik hoekom die verhoor uitgestel is nie en kon ook nie
Italiaanse bewonderaar van Tolkien brand op swartes los
‘n Man het twee swart straatsmouse in Florence, Italië, doodgeskiet en drie ander gewond in ‘n wat as ‘n “rasse-aanval” beskryf word, voordat hy selfmoord gepleeg het. Gianluca Casseri (50), wat deur Italiaanse amptenare as ‘n “ekstremis” beskryf is, het sy motor naby die Dalmazia-plein in Florence parkeer, waarna hy met ‘n handwapen begin skiet
Lees verder: Italiaanse bewonderaar van Tolkien brand op swartes los
Regse Israeli’s wil swartes uitjaag
Regse Joodse betogers, gelei deur Dr Michael Ben Ari, het in Tel Aviv Sondag ‘n oproep gedoen vir die uitsetting van Afrikane en asielsoekers. Die betogers het versamel naby Levinsky Park in die suide van Tel Aviv, ‘n gebied wat deur die swart immigrante bewoon word. Die betogers het gedreunsing “Die mense eis die uitsetting
Suid-Afrika se maatskaplike sadisme
In die negentigerjare is Suid-Afrika onder Nelson Mandela gesien as moontlik die eerste ware demokrasie in Afrika. Hoe naïef was dit nie om te dink dat ‘n land met elf amptelike tale en meer as dertien etniese groepe deur ‘n eenvoudige stelsel van een-mens-een-stem tot ware demokrasie verhef kon word nie! Oor die afgelope weke
Amsterdamse koerant berig oor plaasmoorde
Die grootste koerant in Amsterdam, “Het Parool”, het enkele dae gelede ‘n lang artikel oor plaasmoorde en aanvalle op Afrikaners geplaas. Dit is die jongste in ‘n reeks mediaberigte in Nederland waarin geweld en diskriminasie teen Afrikaners ter sprake kom. Hier volg die artikel. ‘Politie en justitie zijn een grote, corrupte, rotte bende’ Afrikaner boeren
‘Dit was nie terroriste-aanval nie’
‘n Gewapende Marokkaan het op kersmarkkopers by ‘n markplein in die Belgiese stad Luik losgebrand, waartydens vier mense gedood is. Die Vlaamse pers kon nog nie die dood van ‘n vyfde slagoffer, ‘n 18-maande-oue baba wat volgens The Telegraph later in die hospitaal oorlede is, bevestig nie. Die aanvaller het homself om die lewe gebring,
Eerlike DA-LP van wangedrag aangekla
Die DA-LP Masizole Mnqasela is deur die party se federale regsraad van verskeie voorvalle van wangedrag aangekla, het die SABC Dinsdag berig. Mnqasela het teenoor die uitsaaier bevestig dat hy deur die voorsitter van die party se regsliggaam, wat dissiplinêre sake hanteer, geskakel is. Hy is ingelig dat klagtes teen hom geformuleer is. Hy het
