Italiaanse bewonderaar van Tolkien brand op swartes los

‘n Man het twee swart straatsmouse in Florence, Italië, doodgeskiet en drie ander gewond in ‘n wat as ‘n “rasse-aanval” beskryf word, voordat hy selfmoord gepleeg het.

Gianluca Casseri (50), wat deur Italiaanse amptenare as ‘n “ekstremis” beskryf is, het sy motor naby die Dalmazia-plein in Florence parkeer, waarna hy met ‘n handwapen begin skiet het, het ooggetuies gesê.

Twee Senegalese mans is dood en een is ernstig beseer.

Na dié skietery het hy in sy motor teruggeklim en weggery, waarna hy twee ure later in die sentrale San Lorenzo-mark begin skiet het. Twee straatverkopers is in dié voorval gewond.

Daarna het Casseri na ‘n parkeerarea gevlug en homself in die keel geskiet, het polisie gesê.

Casseri was die redakteur en uitgewer van ‘n tydskrif vir bewonderaars van JRR Tolkien, die skrywer van die Lord of the Rings-trilogie.

лобановский александр отзывы

Maak 'n opvolg-bydrae