Eugene de Kock vir parool oorweeg

Die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder en veroordeelde moordenaar Eugene de Kock gaan vir parool oorweeg word, het die departement van korrektiewe dienste gesê. 

“[Die verhoor] sou Woensdag plaasgevind het, maar dit is uitgestel,” het woordvoerder Phumlani Zimiya aan die nuusagentskap Sapa gesê.

Ximiya kon nie dadelik verduidelik hoekom die verhoor uitgestel is nie en kon ook nie ‘n nuwe datum vir die parool-verhoor bevestig nie.

De Kock is saam met Ferdi Barnard deel van ‘n groep gevangenes wat geraak word deur ‘n uitspraak in Julie vanjaar deur die Hoërhof in Pretoria.

Dié uitspraak bepaal dat enige persoon wat lewenslank tronkstraf voor 1 Oktober 2004 gekry het, outomaties vir parool oorweeg moet word sodra hulle 13 jaar en vier maande van hul tronkstraf uitgedien het.

Hy het gesê die standaardprosedure vir ‘n paroolaansoek begin met die bestuurskomitee wat ‘n profiel opstel oor die gevangene. Die komitee oorhandig dan die profielstudie aan die paroolraad en stel ‘n rigting vas waarin die aansoek moet gaan.

Die paroolraad kan dan ‘n besluit neem oor of die gevangene in aanmerking kom vir parool. Faktore soos die lengte van aanhouding, en of die gevangene rehabilitasieprogramme, soos woedebestuur of selfbeheersing bygewoon het, word ook oorweeg.

Die raad sal dan ‘n aanbeveling aan die Nasionale Raad maak. Die Minister het egter steeds die finale sê.

Ximiya het gesê die departement het voorheen ‘n oproep in die koerante gepubliseer vir die slagoffers of hul familie om voorleggings vir parool te maak in gevalle waar misdadigers gevonnis is tot lewenslange tronkstraf voor 1 Oktober 2004.

In Maart verlede jaar, het Rapport berig dat De Kock na sy ontmoeting met die president in 2009 aansoek gedoen het om presidensiële kwytskelding.

“Ek dink Jacob Zuma het meer begrip vir my posisie, want hy was self ‘n stryder. Miskien moes die Waarheid-en Versoeningskommissie se bestuur deur mede-soldate van beide kante saamgestel gewees het,” het die koerant hom destyds aangehaal .

De Kock was die bevelvoerder van die Vlakplaasveiligheidspolisie-eenheid, en is tans in die tronk waar hy twee keer lewenslank en 212 jaar in Pretoria se C-Max-gevangenis uitdien vir sy aandeel in die sluipmoorde op vermeende anti-apartheidsaktiviste.

Die Grondwetof, het in ‘n uitspraak aan die einde van Februarie verlede jaar, die president verbied van die toestaan ​​van kwytskeldings aan oortreders van politieke geweld sonder voorafgaande konsultasie van slagoffers.

De Kock het aan die koerant gesê dat hy uitsien om te werk in ‘n veranderde samelewing.

“Ek het geen idee hoe die wêreld daar buite lyk nie. Ek kan nie eens antwoord op ‘n selfoon nie,” het hy gesê.

Hy het ook nie voorsien dat hy probleme sal ondervind met die aanpassing in die nuwe Suid-Afrika nie.

“Ek was een van die paar polisiemanne, miskien die enigste een, wat nie ‘n rassis was nie.”

лобановский класс

Maak 'n opvolg-bydrae