Die verbod wat 12 maande gelede deur die Europese Unie (EU) opgelê is na ‘n uitbraak van voëlgriep, kan gesystap word. Suid-Afrika se beleërde volstruisbedryf kan die verlammende verbod op die uitvoer van sy produkte omseil deur die verkoop van hitte-verwerkte vleis in die buiteland. Die EU-verbod sluit vleis wat “gekook” is vir net drie
Nie ‘n enkele swart gesig nie
‘n Foto van Obama se “weermag” wat oorspronklik gepos is op die veldtog se Tumblr-werf openbaar ‘n verstommende gebrek aan diversiteit onder die president se personeel in Chicago. Die foto is intussen verwyder. Die Obama-veldtog se hoofkantoor in Chicago bevat ironies genoeg ook lessenaaraandenkings wat regse wit Amerikaners graag versamel. Maar die leër jong twintigjarige
Banda neem oor in Malawi
Die oorskot van die Malawiese president, Bingu wa Mutharika, sal Donderdag van Suid-Afrika na Malawi gevlieg word, het ‘n amptenaar van die ministerie van buitelandse sake aan AFP gesê. “‘n Amptelike aankondiging sal vandag [Maandag] gemaak word, maar die ontslape president sal deur ‘n Suid-Afrikaanse militêre vliegtuig vervoer word,” het die amptenaar Maandag gesê. Nadat
Die Afrikaner, vrede en doringdraad
Met al sy tegnologiese wondervernuf, sy millennia se repositorium van ervaring en wysheid, sy nuwe insigte in die werking van die brein en sy databasisse van sosiale gevallestudies, bly die mense onmagtig om die kosbaarste toestand op aarde te bewerkstellig: Vrede. Oorlogmaak, dit is maklik; vredemaak, blykbaar onmoontlik. Oorlog is gereeld so verloklik. Mense sien
Bibi en Mitt
Die twee mans het hopeloos min in gemeen: die een is ‘n ryk Mormoon van Michigan, die ander ‘n middelklas-Jood van Israel. Maar in 1976, het die lewenspaaie van Mitt Romney en Benjamin Netanyahu kortliks gekruis – onuitwisbaar – op die 16de vloer van Boston Consulting Group se kantore, waar beide as korporatiewe adviseurs gewerf
Joernaliste staak by Ilanga
Die publikasie van KwaZulu-Natal se oudste Nguni-koerant, Ilanga, is uitgestel as gevolg van ‘n protes deur die koerant se joernaliste, het SABC-radionuus Sondag berig. Joernaliste, wat aan die Mediawerkersvereniging van Suid-Afrika (Mwasa) behoort, het Donderdag met ‘n protesaksie teen lae salarisse en ontstellende werksomstandighede begin. Die besturende direkteur van die koerant, Arthur Koningkramer, het bevestig
Zuma, Malema woon dieselfde Paasdiens by
President Jacob Zuma het die ZCC-kerk se Paasdiens by Moria buite Polokwane in Limpopo Sondag bygewoon as ‘n eregas, maar hy wou nie by die geleentheid praat nie, het presidensiële woordvoerder, Mac Maharaj, gesê. “President Zuma is genooi deur die biskop van die kerk as ‘n eregas,” sê Maharaj. “Hy het aan die ZCC wat
Boervrou doodgesteek in jongste plaasaanval
‘n Vier-en-sestig-jarige vrou is Sondag deur ‘n jong seun doodgesteek tydens ‘n aanval op ‘n plaas buite George in die Suid-Kaap, het die polisie gesê. Die 16-jarige seun het omstreeks 02:00 vermoedelik toegang tot die huis op Dagbreek-plaas gekry deur ‘n kombuisvenster, het Malcolm Pojie, woordvoerder, gesê. Charlotte Sroneman, wat langs haar man geslaap het,
Oosthuyzen en die onoorbrugbare net-net
So hier is die plan: Vat ’n groot lap aarde, boor 18 gate, wyd van mekaar versprei, daarin, gee vir ’n paar jongmanne elkeen ’n paar stokke van verskillende groottes en laat hulle kyk wie kan ’n bal met die minste houe in al die gate kry. Dis gekkigheid. Dis gholf. Wat ek ook al
VSA-verkiesing dalk gelykopstryd
Die Amerikaanse presidentsverkiesing oor sowat sewe maande kan ‘n baie gelykopstryd wees as huidige tendense in meningspeilings enigsins ‘n aanduiding is. Volgens Rasmussen – een van die geloofwaardigste opnemers – loop Obama en Mitt Romney (wat waarskynlik die Repiublikeine se kandidaat sal wees) volgens huidige sienings kop aan kop met sowat 45% steun vir elk
