“President Zuma is genooi deur die biskop van die kerk as ‘n eregas,” sê Maharaj.
“Hy het aan die ZCC wat van regoor Suid-Afrika en buite Zimbabwe oor die 1.5 miljoen mense trek, sy respek gaan betoon.”
Zuma is vergesel deur die internasionale betrekkinge en samewerking se minister Maite Nkoana-Mashabane, die Gautengse premier Nomvula Mokonyane en die waarnemende premier van die Limpopoprovinsie Dickson Masemola.
Die geskorste ANC-jeugliga president, Julius Malema, het ook dieselfde diens by die St. Engenas kerk bygewoon, het die SAUK berig.
Die premier was opgewek en het aan die president gesê hy herstel met merkwaardige spoed en sal binnekort terugkeer na sy amp “om die provinsie in die stryd teen armoede na ekonomiese groei en voorspoed te lei”.
“Ek is baie tevrede met die vordering wat die premier maak. Hy het ons volle ondersteuning en ook dié van die Kabinet,” het president Zuma gesê.
Leave a Reply
You must be logged in to post a comment.