Die publikasie van KwaZulu-Natal se oudste Nguni-koerant, Ilanga, is uitgestel as gevolg van ‘n protes deur die koerant se joernaliste, het SABC-radionuus Sondag berig.
Joernaliste, wat aan die Mediawerkersvereniging van Suid-Afrika (Mwasa) behoort, het Donderdag met ‘n protesaksie teen lae salarisse en ontstellende werksomstandighede begin.
Die besturende direkteur van die koerant, Arthur Koningkramer, het bevestig dat geen Ilanga-uitgawe Maandag sal verskyn nie, maar het gesê die daaropvolgende uitgawes van die koerant sal beskikbaar wees, het die SABC berig.
Die koerant word beskou as die mondstuk van die IVP.
