Media geskok deur joernalis se arrestasie

Joernaliste en redakteurs het Woensdag ‘n aksiekomitee op die been gebring om te protesteer teen die Wet op die Beskerming van Inligting, asook die voorgestelde mediatribunaal, berig Beeld. Die Valke het Woensdag ‘n senior joernalis Mzilikazi wa Afrika van die Sunday Times, in hegtenis geneem. Die voorval het skokgolwe deur die mediagemeenskap gestuur. Die Valke

Lees verder: Media geskok deur joernalis se arrestasie

Ligaamsdele in swart plastieksak gevind

‘n Toordokter is in hegtenis geneem nadat hy Dinsdag in besit van verskeie liggaamsdele in ‘n swart plastieksak gevind is, sê die polisie. Die man is glo ‘n bekende toordokter in Cottonlands naby Verulam in KwaZulu-Natal. Polisie het die liggaamsdele agter die toilet in die man se badkamer gevind. Dit was glo in die plastieksakke

Lees verder: Ligaamsdele in swart plastieksak gevind

Vrou sterf by parlement

‘n Lid van die KwaZulu-Natalse reserwemag is dood nadat sy Woensdag in die parlement ineengestort het. Die voorval het gebeur toe sy besig was om ‘n voorlegging te lewer, het ‘n verklaring van die parlement gesê. Die vrou was deel van ‘n groep afgevaardigdes van Durban Light Infantry. Paramedici het probeer om haar by te

Lees verder: Vrou sterf by parlement

TLU SA se standpunt oor plaaswerkerspitsberaad

TLU SA het die plaaswerkerspitsberaad in Somerset-Wes bygewoon. Die amptelike afvaardiging is gelei deur TLU SA se Wes-Kaapse Streeksvoorsitter, mnr. Bennie Liebenberg. Van die aanvanklike reëling dat TLU SA ‘n spreekbeurt sou kry om ‘n voorlegging te maak, het niks gekom nie. Reeds op die eerste dag van die beraad het dit vir TLU SA

Lees verder: TLU SA se standpunt oor plaaswerkerspitsberaad

Wie se maatjie is jy?

Die 15 jaar gevangenisstraf wat oud-polisiekommissaris Jackie Selebi opgelê is word wyd verwelkom. Die afloop van die hofsaak laat egter ook vrae ontstaan: Sou Selebi ooit tereggestaan het as hy uit die Mbeki-kamp na die Zuma-kamp gedros het? Dit is reeds algemene kennis dat oud-pres. Thabo Mbeki besonder stram was om Selebi te laat vervolg,

Lees verder: Wie se maatjie is jy?

Studente kla oor rassisme van UV

Die Vryheidsfront Plus-jeugleier, Jan van Niekerk, het vandag in ‘n brief aan mnr. Rudi Buys, Studentedekaan aan die Universiteit van die Vrystaat (UV), die VF Plus se misnoeë met die UV se hantering van rassekwessies uitgespreek en sekere eise aan die UV gestel. In die brief spreek die VF Plus hul misnoeë met die hantering

Lees verder: Studente kla oor rassisme van UV

Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

Jackie Selebi is Dinsdag 15 jaar tronkstraf opgelê, nadat hy skuldig bevind is daaraan dat hy ‘n korrupte verhouding met die dwelmbaas Glenn Agliotti gehad het.   Selebi broer, Suleiman Selebi, het buite die hooggeregshof in Johannesburg gesê regter Meyer Joffe is ‘n “apartheidsregter” wat sy broer in ‘n “apartheidshof” skuldig bevind het volgens ‘n

Lees verder: Dis ‘n wit regstelsel sê Selebi se broer

BP-olielek grootste ooit

BP het Dinsdag toerusting getoets wat die beskadigde olieput in die Golf van Mexiko permanent kan verseël. Terwyl ingenieurs besig was om die laaste tegniese probleme voor die operasie op te los, het hersiene syfers van die Amerikaanse regering getoon dat sowat 5 miljoen vate olie uitgesek het voordat die olieput in die middel van

Lees verder: BP-olielek grootste ooit