Wie se maatjie is jy?

Die 15 jaar gevangenisstraf wat oud-polisiekommissaris Jackie Selebi opgelê is word wyd verwelkom.

Die afloop van die hofsaak laat egter ook vrae ontstaan: Sou Selebi ooit tereggestaan het as hy uit die Mbeki-kamp na die Zuma-kamp gedros het?

Dit is reeds algemene kennis dat oud-pres. Thabo Mbeki besonder stram was om Selebi te laat vervolg, en trouens met bewyse in die hand steeds ontken het dat daar enige beduidende bewyse teen die destydse polisiehoof was.

Min of meer dieselfde taal word nou gebruik wanneer pres. Jacob Zuma sy gebrek aan optrede teen mense in die hoogste kringe verduidelik oor wie daar skynbaar verdoemende getuienis van tenderpreneurskap is.

Die afloop van hierdie saak bewys onomstootlik hoe belangrik die onafhanklikheid van nie net die regbank moet wees nie, maar ook die vervolgingsgesag.

Dit gaan egter verder, en demonstreer hoe belangrik dit is dat daar ‘n duidelike skeiding tussen die politieke ampsbekleërs en die amptenary moet wees. So ‘n siening frustreer uiteraard die beleid van kaderontplooiing. Met verloop van tyd het die praktyk om ‘n uitvoerende hoof, of te wel, rekenpligtige amptenaar na die keuse van die politieke hoof aan te stel ‘n baadjie van fatsoenlikheid verwerf. Hierna het ander top-amptenare gevolg, maar dit het die deur oopgelaat dat ook op ander vlakke kaderontplooiing kon plaasvind, met gevolge wat die land nie kan bekostig nie.

Selebi was nie die eerste kader wat in die gedrang gekom het nie. Hy is egter waarskynlik die mees prominente wat die verste en hardste geval het. Trouens, die regter het dit tydens vonnisoplossing duidelik gemaak dat Selebi ‘n verleentheid is vir die mense wat hom met daardie pos toevertrou het, en van waar hy ook tot hoof van Interpol verkies was.

Dié hoofstuk sal eers afgesluit wees wanneer die appèlsaak afgehandel is, maar ongelukkig laat dit die vraag ontstaan hoeveel hoofstukke nog wag, en meer kommerwekkend, hoeveel hoofstukke daar is waarvan die boeke nooit oopgemaak sal word nie.

Met nog ‘n wrede plaasmoord op dieselfde dag wat Selebi gevonnis is, het misdadigers die boodskap duidelik gemaak … hulle is nog nie oortuig daarvan dat misdaad gestraf sal word nie.

купить зимний комбинезон на мальчика леннелобановский александр харьков

Maak 'n opvolg-bydrae