‘n Graf by ‘n Anglo-Boereoorlog-begrafplaas in Ladysmith is deur rowers geplunder, het Amafa Heritage KwaZulu-Natal Sondag gesê. James van Vuuren van Amafa het gesê kontrakteurs was verlede week besig met instandhoudingswerk by die Intombi Camp Military Cemetery, toe hulle afgekom het op ‘n gebreekte grafsteen en ‘n gat van twee meter diep in een van
SA sal Israeli-produkte boikot
Suid-Afrika is van voorneme om produkte van Wesoewernedersettings waarop staan “Made in Israel” te verbied, het die Minister van Handel en Nywerheid Rob Davies aangekondig. Die stap kom nadat twee Suid-Afrikaanse NRO’s saamgewerk het met die gewilde Palestynse Struggle-Koördineringskomitee. Davies, van Joodse afkoms, het in sy amptelike aankondiging gesê dat verbruikers in Suid-Afrika nie mislei
Obama weer voor
Enkele dae nadat die Rasmussenopnames met ‘n peiling gekom het wat aangedui het dat Romney in hierdie stadium van die komende resies voorloop met iets soos 50% teen 43%, toon ‘n nuwe peiling dat dit dalk nie die geval is nie. In ‘n peiling wat Sondag vrygestel is, het Rasmussen bevind dat 46% van die
Ons donker planeet, deel 1
Proloog Ek is gebore in millennium 1132, jaar 17, maand 2, dag 11; ons kalender gaan nie verder terug as ongeveer 11 miljoen jaar gelede nie. Ek veronderstel elke beskawing beskik oor sy jaar nul, sy ontstaansoomblik. Ons planeet is baie oud, amper so oud soos die sterrestelsel en ons son, die naaste ster waaromheen
Google stoot tariewe sesvoudig op
Google, wie se gewilde gmail-diens allerweë deur individue gebruik word, het so pas met ‘n slenterslag hul aanlynbergingsdiens se prys sesvoudig verhoog. Voorheen kon persoonlike gebruikers wie se gmail vol geraak het, vir slegs $5 per jaar ‘n ekstra 20 Gigagrepe se bergingskapasiteit per jaar bygekoop het. Nou vra Google skielik $30 vir dieselfde diens.
In 1991 was Obama nog ‘n Keniaan
“Barack Obama, die eerste Afro-Amerikaanse president van die Harvard Law Review, is in Kenia gebore en getoë in Indonesië en Hawaii. Die seun van ‘n Amerikaanse antropoloog, en ‘n Keniaanse minister van finansies, het hy die Columbia Universiteit bygewoon en gewerk as ‘n finansiële joernalis en redakteur van die Business International Corporation. Hy het gedien
‘Vat die myne en die banke, sonder vergoeding’
Die National Union of Metalworkers van Suid-Afrika, Numsa, wil hê die regering moet myne en banke sonder vergoeding nasionaliseer. Irvin Jim, die vakbond se sekretaris-generaal, het by die Universiteit van Johannesburg gister die bevindinge van die navorsing wat in opdrag van die ANC gedoen is, en wat bevind het dat die nasionalisering nie lewensvatbaar is
VF+: Begrotingsdebattoespraak oor Basiese Onderrig
Minister, u het beheer oor die belangrikste department in die land. Sonder ‘n goed funksionerende onderwysstelsel het ons land geen sinvolle toekoms nie. Sonder ‘n onderwysstelsel wat goed belê in ons jongmense begroot ons land vir ‘n skrikwekkende toekoms. Futurists tell us another truism: the best way to predict the future is to create it.
Lees verder: VF+: Begrotingsdebattoespraak oor Basiese Onderrig
Zuma ontstig die Angelsaksers
President Zuma het ‘n goeie skop na die Angelsaksiese maermerrie gemik met die jongste naamsverandering in Durban. Suid-Afrika se proses van naamveranderings vir geboue en strate is nie bedoel om enige deel van die land se geskiedenis uit te wis nie, het die president Donderdag gesê. Dit is eerder ‘n “vorm van simboliese reparasie” om
ANC vies oor die spies
Die ANC het Donderdag gesê hy is woedend oor ‘n kunstenaar se voorstelling van President Jacob Zuma en het gesê dié voorstelling van sy leier is kru en aanstootlik. Die kunstenaar Brett Murray se omstrede skildery toon Zuma met sy gulp oop en sy penis blootgestel. Dit is vir R136 000 verkoop by die Goodman
