Die organisasie, Earthlife Africa, ‘n versameling ekstremiste wat omgewingskwessies vir politiek aanwend, het die regering se planne om nuwe kernkragaanlegte te bou skerp veroordeel.
Dié organisasie is direk verantwoordelik vir die huidige kragkrisis in Suid-Afrika nadat hulle gesorg het dat die korrelbedkernreaktor vir Eskom gesink word in 2003.
Alhoewel byna niks oor ELA se eie struktuur en befondsing bekend is nie, sê hulle planne vir die nuwe kernaanlegte is nie deursigtig nie.
Earthlife Africa sê voorts dat groter infrastruktuur nie die oplossing vir die energiekrisis in die land is nie.
Die organisasie se woordvoerder oor energie-beleid, Dominique Doyle sê die inhoud van die ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Amerika, Suid-Korea, Rusland, Frankryk en China bly steeds ‘n raaisel.
Doyle sê dit is wensdenkery dat die land se energiekrisis opgelos gaan word deur kernkrag.
Die presidensie het vroeër gesê die voorbereidende fase vir die nuwe kernkragaanlegte kan begin.
Die regering beplan om 9600 megawatt deur middel van kernkrag tot die kragnetwerk te voeg.
ELA het voorheen ook ‘n veldtog teen Sasol gevoer as ‘n besoedelende “apartheidsmonster”.
