Organisasie wat kragkrisis help skep, vaar uit teen kernkrag

Die organisasie, Earthlife Africa, ‘n versameling ekstremiste wat omgewingskwessies vir politiek aanwend, het die regering se planne om nuwe kernkragaanlegte te bou skerp veroordeel.

Dié organisasie is direk verantwoordelik vir die huidige kragkrisis in Suid-Afrika nadat hulle gesorg het dat die korrelbedkernreaktor vir Eskom gesink word in 2003.

Alhoewel byna niks oor ELA se eie struktuur en befondsing bekend is nie, sê hulle planne vir die nuwe kernaanlegte is nie deursigtig nie.

Earthlife Africa sê voorts dat groter infrastruktuur nie die oplossing vir die energiekrisis in die land is nie.

Die organisasie se woordvoerder oor energie-beleid, Dominique Doyle sê die inhoud van die ooreenkoms tussen Suid-Afrika, Amerika, Suid-Korea, Rusland, Frankryk en China bly steeds ‘n raaisel.

Doyle sê dit is wensdenkery dat die land se energiekrisis opgelos gaan word deur kernkrag.

Die presidensie het vroeër gesê die voorbereidende fase vir die nuwe kernkragaanlegte kan begin.

Die regering beplan om 9600 megawatt deur middel van kernkrag tot die kragnetwerk te voeg.

ELA het voorheen ook ‘n veldtog teen Sasol gevoer as ‘n besoedelende “apartheidsmonster”.

6 thoughts on “Organisasie wat kragkrisis help skep, vaar uit teen kernkrag”

  1. SASOL is ‘n verskriklike arrogante maatskappy wat ek niks van hou nie. Een ding is seker – SASOL is ‘n besoedelingsmonster – maar nie meer as enige van die ander oliemaatskappye nie. As ek sien hoeveel gas in Angola se velde verbrand is dan is Chevrons, PETRONAS ens net so skuldig, dan praat ek nie eers van die olievelde in die midde-ooste nie.

    Waarmee ek egter saamstem is dat kernkrag in Afrika nie die regte ding is nie – en dit bloot oor die manier wat goed hier bedryf word.

  2. Hoe skoon is ELA?
    Die tender prosedure is nog nie eers heeltemaal gekook en bedrieg nie dan kerm iemand anders. My vraag is of ELA dalk deur middel van finansiele borge stil gemaak kan word.
    Moet ek byvoeg, Rooikop, jy is heeltmaal reg. Kernkrag nie vir Afrikane nie, onderhoud is n probleem wat met n groot “Bang” tot stilstand kan kom, dan is Afrika heeltemaal donker.

  3. Sasol was gestig om SA in ‘n groot mate onafhanklik te maak wat energie betref. Vir hierdie doel het ons blykbaar ook ‘n klomp olie in ou uitgewerkte myne ogegaar (en die is tot niet nie te lank na sogenaamde vryheid nie). Ek weet nie of SASOL nog vir die heil van die SA bevolking is nie; dalk maak buitelanders meer geld as wat ons voordeel kry. Een snaakse ding van SASOL, as die petrolprys styg, styg die prys van SASOL-brandstof daarmee saam. Hoe werk dit? Die petrolprys is afhanklik van die olieprys maar SASOL maak petrol uit steenkool. Amper soos sodawater; as die suikerprys styg, styg die prys van sodawater, wat nie ‘n druppel suiker in het nie, saam met die van ander koeldranke. SASOL, en die sodawatermense, moet teen hierdie tyd MOERSE geldreserwes hê.

    Wat kernkrag betref, die mens is nie ryp vir kernkrag nie; hoe kan enigiets regverdig word wat afval produseer wat vir honderduidesende jare radioaktief is? ‘n Manier om risiko te kwantifiseer (in rand) is die produk van die waarskynlikheid en die ekonomiese impak. Die waarskynlikheid dat ‘n kernstasie gaan faal as gevolg van ‘n ontwerpfout, of ‘n natuurfrats soos ‘n skudding of ‘n meteoriet, of sabotasie is seker baie klein maar die ekonomiese skade vir die volgende duisend (of twee- of tienduidend) jaar is onberekenbaar.

    En wat maak ons met die krag? Gee dit verniet, of so te sê verniet vir buitelandsbeheerde nywerhede en buurlande? Dis eenvoudig nie die moeite werd nie.

    1. Jan, die strategiese oliereserwes wat in myne en ander plekke opgegaar was en waarna jy verwys, was reeds begin 1990 stelselmatig verkoop. Ek kan ongelukkig nie vir jou sê wanneer die reserwes tot die minimum beperk was nie – het na 93 nie meer toegang tot die soort van inligting gehad nie.

Maak 'n opvolg-bydrae