Vreemde stilte heers daar by die Afrikaanse mediamonopolie oor Suid-Afrika se staking wat in volle swang is. Die munisipale werkers in Limpopo loop vandag in hul duisende om aan te sluit by die stakers in mynbou en vervoer. Die geweld, chaos en onsekerheid, verhoog deur die R12 500-belofte, is besig om reeds ‘n sinkende ekonomie
Boer oorleef plaasaanval
Vier swart aanvallers het Dinsdag in die vroeë oggendure ‘n bejaarde boer verras, aangerand en vasgebind terwyl hy in sy huis geslaap het. HK “Boere” Grobler (79), is in die hoofslaapkamer op sy plaas, Doringbult, in die Lichtenburg-distrik oorrompel. Die swartes het glo die huis se voordeur, middeldeur en slaapkamerdeur met koevoete oopgebreek. Hulle is
Cwele nog nie agter tralies nie
Die veroordeelde dwelmhandelaar Sheryl Cwele het nog nie by ‘n korrektiewe diensfasiliteit aangemeld nie, het die departement gesê. Dit volg nadat haar appèl teen haar skuldbevinding misluk het. Nokuthula Zikhali, ‘n woordvoerder vir korrektiewe dienste, sê die departement wag steeds vir haar aankoms. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, se eksvrou en haar medebeskuldigde, Frank Nabolisa,
Vragmotors in ligte laaie gelaat tydens staking
Die polisie in die Oos-Kaap ondersoek twee gevalle van brandstigting nadat vragmotors beskadig en aan die brand gesteek is, het die polisie Dinsdag gesê. Ao. Dumile Gwavu sê ‘n afleweringsvragmotor is Maandag in Wells Estate, Port Elizabeth aan die brand gesteek. “‘n Groep betogers het na bewering met klippe van die huise in Wells Estate
Lees verder: Vragmotors in ligte laaie gelaat tydens staking
Nog ‘n restaurant in Brits aangeval
Restaurante in Brits het nou die teiken van rowers geword nadat ‘n tweede eetplek binne agt dae deur gewapende rowers binne geval is. Volgens mnr Floris Smith, eienaar van die Spur in Brits, het daar vanoggend omstreeks 8h00 drie mans binnegestap en gevra of hulle al oop is. Die mans het vuurwapens te voorskyn gebring,
Tyd: Die Marikana-ondersoek se kopseer
Die Marikanakommissie het Maandag in die afwesigheid van die gestorwe mynwerkers se familielede, die verkeerde perd opgesaal: Hulle het elke les uit hul eie WVK vergeet. Adv. George Bizos wat die Legal Resources Centre en die Bench Marks-stigting in dié ondersoek na die dood van 34 mynwerkers by die Lonmin-myn op 16 Augustus, verteenwoordig, sê
Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma
Sheryl Cwele en haar medebeskuldigde se tronkstraf is tot 20 jaar verleng, danksy die voorgesette ywer van ‘n wit ma. Cwele, die voormalige vrou van die minister van Staatsveiligheid, Siyabonga Cwele, en Frank Nabolisa, ‘n Nigeriese burger, het saamgesweer om dwelms te verhandel en is ook skuldig aan aanhitsing tot die handel in gevaarlike middels.
Lees verder: Cwele sit 20 jaar langer na die ywer van ‘n wit ma
Emosionele begrafnis vir Corrie Sanders
Honderde vriende en familielede van Corrie Sanders het in die Wonderpark NG-kerk in die noorde van Pretoria vir die bokslegende se begrafnis byeengekom. Skyfies van die boksheld is op ‘n muur vertoon terwyl Josh Groban se liedjie “You raise me up” in die agtergrond gespeel het. Sy ma, Alida, en broer, Mike, het saam met
Jeugliga sal Woensdag top posisies bekendmaak
Die ANC-jeugliga sal Woensdag hulle benoemings vir die ANC-leierskap bekendmaak, het Thabo Kupa, woordvoerder, gesê. “Ons gaan Woensdag ‘n groot aankondiging maak in terme van die leierskap vir die land,” het hy Maandag gesê. Hy het bewerings ontken dat die liga se nasionale uitvoerende komitee (NUK) reeds besluit het oor hulle benoemingslys vir die ses
Dis soms wys om te vrees
Met die publikasie van Gustav Venter se debuutroman van 91 000 woorde, Die amigdala van Alrina Smal, het praag.co.za ‘n onderhoud met hom gevoer. Ten eerste, wat het u besiel om so ‘n omstrede tema te kies (seksuele aanranding van ‘n swartman op ‘n blanke vrou, gevolg deur haar abnormale rassehaat jeens alle swartes)? Ek
