Pres. Jacob Zuma het die groenlig gegee vir ‘n nuwe ondersoek na die vliegramp waarin pres. Samora Machel van Mosambiek gesterf het, berig Eyewitness News. Machel en 33 ander insittendes het in Oktober 1986 gesterf toe ‘n Russiese Toepolef 134-vliegtuig naby Komatipoort teen Mariepskop net binne Suid-Afrika gebots het. Kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die
Motlanthe gaan teen Zuma staan
Adj.pres. Kgalema Motlanthe sal te staan kom teen pres. Jacob Zuma by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, het drie radiostasies Woensdag berig. SAfm het ” vertroulik verneem” dat Motlanthe die benoemings vir die toppos in die regerende party gaan aanvaar. Mathews Phosa, huidige tesourier, het ook bevestig dat hy benoemings vir die pos
Vrae oor Dakota-vliegramp
Sasfu, die veiligheidsmagte se vakbond, sê daar is nog baie vrae oor die noodlottige ongeluk waarin ‘n militêre vliegtuig verlede naweek in die Drakensberge verongeluk het. Ses bemanningslede en vyf passasiers is in die ongeluk dood toe ‘n C47TP-Dakota neergestort het. Volgens die SABC het die vakbond versoek dat ‘n onafhanklike kommissie die ongeluk ondersoek,
Polisiehoofde in hegtenis geneem
Twee polisiemanne wat ondermeer teregstaan op aanklagte van bedrog van sowat R1,1 miljoen is elk borgtog van R10 000 in die Pretoriase landdroshof toegestaan, het die Valke gesê. Maj.genl. Solly Lazarus en kol. Hein Barnard, wat albei geskors is, is Dinsdag in hegtenis geneem, het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die Valke, gesê. Lazarus en
SA, Pakistan voer stryd teen seerowery
Suid-Afrika en Pakistan is uitgesonder as die twee lande wat in die voorste linie staan in die stryd teen terrorisme en seerowery in die Indiese Oseaan. Die bevelvoerder van die Pakistanse Vlootsending – Muhammad Ihsan Qadir – het die media aan boord van die besoekende vlootdekskip – PNS Tippu Sultan – in Simonstad toegespreek. Die
Mandela het longinfeksie
Oudpres. Nelson Mandela ly aan ‘n longinfeksie, het die presidensie in ‘n verklaring gesê. “Dokters het tot ‘n gevolgtrekking gekom… wat ‘n herhaling van ‘n vorige longinfeksie getoon het…” lui die verklaring. Die presidensie het bygevoeg dat die oudpresident die geskikte behandeling kry. Duisende Suid-Afrikaners het vroeër die ikoniese leier ‘n spoedige herstel toegewens, nadat
‘n Amerikaanse toekomsvisie
Met Justin Bieber se veertigste verjaarsdag gaan die wêreld al baie anders lyk volgens die National Intelligence Council (NIC), ‘n Amerikaanse koalisie van spioenasie-agentskappe wat pas sy voorspellings vir 2030 vrygestel het. Die NIC het Maandag “Global Trends 2030: Alternatief Worlds,” ‘n 140-bladsy verslag vrygestel. Die navorsing is gedoen deur die beste breine binne die
Swart akteur spog oor hy alle wittes in film doodmaak
Jamie Foxx, ‘n swart Amerikaanse filmster en ook te siene in ‘n Suid-Afrikaanse drankadvertensie, bemark sy nuwe film.лобановский александр отзывы
Lees verder: Swart akteur spog oor hy alle wittes in film doodmaak
Honderde polisievuurwapens weg
Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se kantoor sê 740 polisievuurwapens is vanjaar óf gesteel óf polisiebeamptes het hulle verloor. Phiyega se kantoor sê ses vuurwapens is in toilette verloor, terwyl ‘n totaal van 246 op ‘n nalatige wyse verlore gegaan het. Die verlies van 286 vuurwapens moet nog geklassifiseer word. In totaal is 350 polisiebeamptes vir
Skade na swaar reën en hael
Miljoene rande om mense te help word benodig ná ‘n erge haelstorm groot skade in KwaZulu-Natal aangerig het, het Nomusa Dube, LUR vir samewerkende regering, Maandag gesê. Die storm het Sondagaand oor Ladysmith en omliggende gebiede uitgesak. “Gebiede soos Acacia, Steadville, Tsakane en Modelkloof in Ladysmith word die ergste geraak. Honderde mense is dakloos gelaat,”
