Honderde polisievuurwapens weg

Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, se kantoor sê 740 polisievuurwapens is vanjaar óf gesteel óf polisiebeamptes het hulle verloor.

Phiyega se kantoor sê ses vuurwapens is in toilette verloor, terwyl ‘n totaal van 246 op ‘n nalatige wyse verlore gegaan het. Die verlies van 286 vuurwapens moet nog geklassifiseer word.

In totaal is 350 polisiebeamptes vir die verliese gedissiplineer.

Die nalatige verliese sluit in een polisieman wat sy dienspistool verloor het terwyl hy dronk was. Vier vuurwapens is in rooftogte gesteel terwyl polisiebeamptes drank gebruik het, en tien vuurwapens is in inbrake gesteel terwyl beamptes se huise nie gesluit was nie.

Phiyega sê 425 ondersoeke na die verdwyning van vuurwapens is nog aan die gang

данильченко юрій броніславович

Maak 'n opvolg-bydrae