Mandela het longinfeksie

Oudpres. Nelson Mandela ly aan ‘n longinfeksie, het die presidensie in ‘n verklaring gesê.

“Dokters het tot ‘n gevolgtrekking gekom… wat ‘n herhaling van ‘n vorige longinfeksie getoon het…” lui die verklaring.

Die presidensie het bygevoeg dat die oudpresident die geskikte behandeling kry.

Duisende Suid-Afrikaners het vroeër die ikoniese leier ‘n spoedige herstel toegewens, nadat hy die naweek in die hospitaal opgeneem is.

Pres. Jacob Zuma het Mandela (94) besoek en gesê hy word goed versorg.

Dit is die tweede keer vanjaar wat die voormalige staatshoof in die hospitaal opgeneem word.

Mandela het nog nie in die publiek verskyn sedert Suid-Afrika in 2010 die Wêreldbeker-sokkertoernooi aangebied het nie.

Фильчаков Харьков

Maak 'n opvolg-bydrae