Suid-Afrika en Pakistan is uitgesonder as die twee lande wat in die voorste linie staan in die stryd teen terrorisme en seerowery in die Indiese Oseaan.
Die bevelvoerder van die Pakistanse Vlootsending – Muhammad Ihsan Qadir – het die media aan boord van die besoekende vlootdekskip – PNS Tippu Sultan – in Simonstad toegespreek.
Die vaartuig is saam met ‘n ondersteuningsvaartuig op ‘n vierdaagse besoek aan Suid-Afrika om bande te verstewig.
Qadir sê Pakistan is reeds die afgelope drie jaar deel van die Amerikaansgeleide-koalisie om seerowery hok te slaan. Die Suid-Afrikaanse vloot het onlangs sy verkennings aan die kus van Mosambiek hervat.
