Adj.pres. Kgalema Motlanthe sal te staan kom teen pres. Jacob Zuma by die ANC se nasionale konferensie in Mangaung, het drie radiostasies Woensdag berig.
SAfm het ” vertroulik verneem” dat Motlanthe die benoemings vir die toppos in die regerende party gaan aanvaar.
Mathews Phosa, huidige tesourier, het ook bevestig dat hy benoemings vir die pos van adjunkpresident aanvaar het.
“Ek kan bevestig dat ek die benoeming aanvaar het om ‘n kandidaat vir adjunkpresident te wees,” het hy aan Eyewitness News gesê.
Phosa het gesê hy het die benoeming uit respek vir die ANC-takke aanvaar.
Jacaranda FM het op sy Twitter-blad gesê Fikile Mbalula, minister van sport, het ook ‘n benoeming aanvaar vir die pos van sekretaris-generaal.
