Die Onhafhanklike Belastingbetalersvereniging, OBV, wil dalk die Ekurhuleni-munisipaliteit aan die Oosrand begin boikot sover dit die betaling van erfbelasting betref.
Hulle is ongelukkig oor die aanhoudende befondsing van Robert McBride se hofstryde. McBride is geskors ná bewerings van intimidasie.
Ekurhuleni het reeds R1,4 miljoen bestee om 'n tydelike beskermingsbevel teen McBride te beveg wat aan sy voormalige kollegas toegestaan is.
Die voorsittter van die OBV, Izak Berg, het Eurhuleni se konstante finansiële ondersteuning om sake te beveg waarin die metro self absoluut geen belang het nie as kommerwekkend beskryf.
Nege sake waarby die polisiehoof betrokke is, het die metro tot dusver ongeveer R6,9 miljoen gekos.
Die nege sake verteenwoordig iets van 'n geheim, aangesien die stadbestuurder Patrick Flusk weier om enige besonderhede te verskaf.высота уличного фонарялобановский александр компромат