Ceppwawu is voorheen deur ondersteuners van president Thabo Mbeki oorheers.
Die feit dat Zuma-ondersteunders skoonskip gemaak het, word gesien as 'n belangrike mylpaal in hul veldtog om van onbetroubare element ontslae te raak in die aanloop tot aanstaande jaar se verkiesing.
Een van die uitdagings wat Ceppwawu se nuwe sekretaris-generaal in die gesig staar, is hoe om die vakbond se kwynende lidmaatskap om te keer.
Die ledetal het van 73 720 in 2000 gedaal tot 62 000 vanjaar.
In 'n toespraak aan afgevaardigdes by die Ceppwawu-kongres verlede week, het Vavi gewaarsku dat die vakbond konstant lede verloor en veral by Sasol deur ander vakunies bedreig word soos Solidariteit en die United People's Union of South Africa.
