Die DA – ‘n party vir Sjinese?

Die Volksrepubliek van Sjina, wat die Mugabe-bewind in Zimbabwe aktief steun en ook in Angola besig is om groot invloed uit te oefen, het so pas 'n nuwe bondgenoot in die vorm van die DA verkry.
Volgens DA-woordvoerder Anchen Dreyer "het Sjinese mense wat na dié land gekom het, vaardighede, ondernemerskap en 'n werketiek gebring". Die feit dat Sjina besig is met 'n geopolitieke spel in Suider-Afrika en dat Sjinese ook by allerlei onwettige bedrywighede in Suid-Afrika betrokke is, gaan blykbaar aan die party verby.

Oor hoeveel Sjinese kiesers beskik die DA? wil mens vra. Terwyl die DA uit sy pad gaan om Sjinese belange te verdedig, swyg die party gewoonlik soos die graf as Afrikanerbelange ter sprake is. Nietemin verteenwoordig Afrikaners ten minste vyftig persent van die DA se kiesers.

'n Ander aspek van die DA se uitsprake is dat die party die ANC die loef probeer afsteek as dit by politieke korrektheid kom. Ook in die huidige geval word die ANC daarvan beskuldig dat hy "rassisties" teenoor Sjinese optree. Dit wil voorkom asof die DA wil toon dat hy 'n beter ANC kan wees as die ANC self – weereens terwyl sy eie kiesers en ondersteuners se belange versaak word.

Die Afrikanerkieser is moeg vir sogenaamde opposisiepartye wat hard skree oor ideologiese kwessies soos rassisme, terwyl grondhervorming, misdaad en korrupsie nie aangespreek word nie of baie min aandag kry.

светодиодный линейный светильник geniledлобановский александр дети

Om revolusiegod te behaag sal Mbeki honger bring

Vandeesweek is daar ‘n internasionale spitsberaad oor voedselsekerheid in Rome gehou. Oor die afgelope vyf jaar het die wêreld naamlik meer voedsel verbruik as wat hy geproduseer het en sodoende opgehoopte oorskotte uit die verlede begin opgebruik.

Terwyl daar toenemende internasionale kommer heers oor stygende voedselpryse wat ook negatief deur die hemelhoë olieprys beïnvloed word, is die ANC-regering besig om die landbou as ‘n proefkonyn te sien vir kwasi-kommunistiese eksperimente in kollektiewe eienaarskap en “sosiale geregtigheid”.

Ongeag die mislukking van “grondhervorming” in Zimbabwe, gaan dié beleid in Suid-Afrika toegepas word met die summiere onteiening van landbougrond wat deur die nuwe onteieningswet moontlik gemaak word.

Suid-Afrikaanse voedselpryse styg reeds vinniger as die algemene inflasiekoers met vele boere wat bankrot speel vanweë stygende insetkoste. Die winsaandeel van supermarkte in die voedselketting is egter besig om te styg terwyl dié van die produsente daal.

In sy onverantwoordelike omgang met een van die mees basiese behoeftes van enige land en sy bevolking – voedselsekerheid – toon die ANC dat hy steeds vasklou aan sy Afro-revolusionêre beginsels en dat die gematigde politieke masker wat hy aan die media en aan die buiteland voorhou, net oëverblindery is. Mbeki is van dieselfde stoffasie as ‘n Mugabe, ‘n Mengistu of ‘n Machel gemaak en sal sy eie bevolking laat verhonger ten einde sy revolusiegod te behaag.

Soos ons reeds voorheen in dié ruimte geargumenteer het, sal die Afrikaner sy eie noodplan moet opstel om ons mense te kan kos gee indien regeringsbeleid tot sy onvermydelike resultaat van grootskaalse voedseltekorte en -inflasie lei.

Soveel Afrikaners is steeds besig om met gevoude hande die naderende krisis gade te slaan. Nou, meer as ooit, is dit die tyd vir besielende leierskap, om ons mense in dié krisisuur bymekaar te bring en te mobiliseer om die bedreiging van voedseltekorte die hoof te bied. Om nie te praat van die onstabiliteit wat gaan volg as die honger massas van Afrika wat oor die afgelope tien jaar rondom ons stede versamel is, ook ten alle koste gaan poog om ‘n volgende ete in die hande te kry nie.

воздушный компрессор безлобановский александр харьков

Sirkus rondom Hlope takel regstelsel af

Die huidige sirkus rondom John Hlope, die regterpresident van die Kaapse Hooggeregshof, is maar die jongste in 'n hele reeks sedert die ANC in 1994 aan bewind gekom het. Hlope was al herhaaldelik in die nuus omdat hy blanke advokate van rassisme beskuldig het.

Hy het hom ook al teen die gebruik van Afrikaans as hoftaal uitgespreek. Hlope is 'n nar wat nie bekwaam is om 'n regter – laat staan nog 'n hoofregter – te wees nie.

Blykbaar het Hlope onlangs gepoog om die Grondwethof te beïnvloed om 'n gunstige uitspraak in een van die Zuma-sake te lewer. Die feit dat die Grondwethof Hlope se poging verwerp het, sê minder oor die onpartydigheid van dié instelling as wat dit aandui dat daardie hof waarskynlik tot die Mbeki-kamp behoort.

Die Grondwethof self is gelaai met oorwegend linkse, anti-Afrikaanse regters wat blote marionette van die ANC-bewind is. Noudat daar 'n faksiegeveg binne die ANC heers, baklei die regters ook onder mekaar.

Die Suid-Afrikaanse regbank het 'n trotse geskiedenis van onafhanklikheid wat deur sowel die ou Boererepublieke as die Britse koloniale administrasies in Natal en die Kaapprovinsie gevestig is. Die manier waarop die regbank sedert 1994 die speelbal van politici geword het, verteenwoordig 'n aspek van Suid-Afrika se toenemende verval in misdaad en wanorde.

 

free pokerЛобановский

Immigrante: moet ons die wet verontagsaam?

Die aanvalle op vreemdelinge wat die afgelope weke op buitelanders binne Suid-Afrika se landsgrense plaasgevind het, word allerweë aan “xenofobie” of vreemdelingehaat toegeskryf. Maar onderliggend aan die probleem is die feit dat die ANC-regering sy eie wette oor grensbeheer verontagsaam.

Indien daar nie in die eerste plek miljoene onwettiges oor ons grense gestroom het nie, sou die huidige etniese konflik tussen buitelanders en die plaaslike swart bevolking nie ontstaan het nie.

Soos vele internasionale kenners al aangetoon het, lei bevolkingsverskuiwings met gepaardgaande chaotiese verstedeliking vanself tot wrywing en geweld. Soos gewoonlik probeer die linkse koerante en meningsvormers ons oortuig dat dit hier gaan om ‘n morele probleem rondom “xenofobie”.

Inteendeel, dit het niks met moraliteit te make nie, maar met die wetlike orde rondom grensbeheer wat in Suid-Afrika besig is om te verval. In Europa bestaan daar streng immigrasiebeheer. Daar is selfs ‘n organisasie gestig, Frontex, wat veronderstel is om onwettiges te keer nog voordat hulle hul lande van herkoms verlaat. Die kus van Senegal en ander Afrikalande word gepatrolleer om te sorg dat onwettiges nie sulke lande mag verlaat nie.

Onwettige immigrasie is die grootste enkele probleem wat Suid-Afrika in die gesig staar. In Afrika suid van die Sahara woon 600 miljoen van die armste mense ter wêreld op wie die helder liggies van Johannesburg en Pretoria ‘n magnetiese aantrekkingskrag uitoefen. Indien grensbeheer so laks plaasvind soos tans, gaan die menslike golf wat op ons toesak net groter word en gaan die huidige stamgevegte tussen buitelanders en plaaslike swartes net verhewig.

Afrikaners sal ook dringend moet besin oor hoe ons in die huidige omstandighede gaan oorleef. Ons sal móét konsolideer binne ‘n kleiner gebied waar wette gehandhaaf en grensbeheer behoorlik toegepas kan word.

bride to be necklaceДанильченео