Die VF Plus beskou dit as ‘n skande dat Afrikaanssprekende leerlinge nie by ‘n Xhosa-sprekende skool geakkommodeer kan word nie, terwyl Afrikaanse skole landwyd gedwing word om anderstalige leerlinge in te neem. Die party se reaksie kom na aanleiding van berigte dat Afrikaanse ouers in Du Noon duisende rande moet spandeer om hulle kinders by
Lulu Xingwana uitsprake veroorsaak woedende reaksie
Die Vryheidsfront Plus gaan minister Lulu Xingwana se haatspraak uitsprake oor Afrikaners en Calviniste in die Parlement opper en ‘n klagte by die Menseregtekommissie hieroor lê. Ek sal dit ook in die kabinet noem as ‘n voorbeeld van onverantwoordelike uitsprake wat geen bydrae tot beter verhoudinge in Suid-Afrika maak nie. Minister Xingwane het in Australië
Lees verder: Lulu Xingwana uitsprake veroorsaak woedende reaksie
VSA se ambassadeur na SA: ‘n Hollywood-hanswors
Die volgende Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika sal glo Patrick Gaspard wees. Hy is die uitvoerende direkteur van die Demokratiese Nasionale Komitee, asook voorheen die Direkteur van die Kantoor van Politieke sake in die Withuis (Karl Rove, die berugte ideoloog, se pos gedurende George W. Bush se presidentskap), nasionale politieke direkteur van Barack Obama se 2008
Lees verder: VSA se ambassadeur na SA: ‘n Hollywood-hanswors
Afwesige onderwysers bly miljoene dae weg
Onderwysers wat stokkiesdraai was sowat 7,5 miljoen dae verlede jaar afwesig, het Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, gesê. “Ons het die hoogste afwesigheidsyfer in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG). Ons staan op 19 dae per onderwyser per jaar. ‘n Gemiddeld van 10% nasionaal,” het sy Dinsdag aan joernaliste in die parlement gesê. Afwesigheid in ander
Moslem-moord: Borg geweier
‘n Man wat daarvan aangekla word dat hy ‘n Moslem verlede jaar doodgeslaan het, is in die Krugersdorp-streekhof borgtog geweier. “Die applikant kon nie aan die hof bewys dat dit in belang van geregtigheid sal wees om hom op borgtog vry te laat nie. Borgtog is dus geweier,” het landdros Reginald Dama tydens Roedolf Viviers
Tragiese moord tref OP-landdros
Die landdros wat borgtog aan die gestremde atleet Oscar Pistorius toegestaan het, is familie van die vrou wat haar twee kinders vergiftig het en daarna selfmoord gepleeg het. Hooflanddros Desmond Nair het Dinsdag bevestig dat die vrou, wie se lyk Sondagaand saam met dié van haar seuns in hul huis gevind is, sy niggie is.
‘Beesvleisprodukte’ in SA donkie, buffel, hoender
Voedselprodukte wat valslik as “beesvleis” gemerk is, word ook in Suid-Afrika verkoop. ‘n Ondersoek deur wetenskaplikes van die Universiteit van Stellenbosch het aangetoon dat donkie-, bok- en buffelvleis gebruik word ipv bees. “Die studie het getoon dat enigiets van soja, donkie-, bok- en waterbuffelvleis in 95 (68%) van die 139 maalvleise, hamburgers, deli-vleise, wors en
Lees verder: ‘Beesvleisprodukte’ in SA donkie, buffel, hoender
Kerkbode en Woordfees-debakel: Die groter prentjie
Die NG Kerk het veral die laaste vyf jaar baie “oop” begin raak teenoor mense wat anderse idees het oor die aard van die Goddelike, oor die Bybel as beweerde onfeilbare “Woord van God”; asook oor die lewe na die dood. Besorgde lidmate soos o.a. dr. Henriëtta Klaasing en dr. Hennie Mouton het onlangs hul
Lees verder: Kerkbode en Woordfees-debakel: Die groter prentjie
Duitse regering wil verregse party verbied
Duitsland se federale regering beplan om wettige pogings om die land se grootste ver-regse party te verbied, te steun. Die Duitse nuusagentskap DPA berig dat die Minister van Binnelandse Sake Hans-Peter Friedrich Maandag verklaar het dat die regering Duitsland se 16 deelstate sal volg om ‘n verbod op die Nasionaal-Demokratiese Party te vra. Die Ministerie
Hillary se opvolger Kerry doen ‘n eierdansie
Amerika se nuwe topdiplomaat is reeds verstrengel in probleme en verwarring vóór sy beplande reis waarvan die belangrikste fokus internasionale aksie in Sirië is. John Kerry sou in Londen Maandag aankom op die eerste been van sy toer na nege lande in Europa en die Midde-Ooste, maar amptenare skarrel nog om ‘n beplande vergadering tussen
