VSA se ambassadeur na SA: ‘n Hollywood-hanswors

Die volgende Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika sal glo Patrick Gaspard wees. Hy is die uitvoerende direkteur van die Demokratiese Nasionale Komitee, asook voorheen die Direkteur van die Kantoor van Politieke sake in die Withuis (Karl Rove, die berugte ideoloog, se pos gedurende George W. Bush se presidentskap), nasionale politieke direkteur van Barack Obama se 2008 presidensiële veldtog en assistent-personeel direkteur van President Obama se verkiesingsoorgangspan.

Dis ‘n mondvol, maar al die kêrel se postitels help nie met begrip oor wie die man werklik is wat die VSA hierheen gaan stuur nie.

Sy onlangse twiet egter, sal die mens ontbloot. Verlede jaar toe die Amerikaanse Hooggeregshof “Obamacare” in sy waterskeidingbeslissing gered het, het Gaspard self berugtheid verwerf toe hy triomfantelik oor die besluit getwiet het: “Dit is grondwetlik, Tewe!” [“It’s constitutional, Bitches.”] Nie juis gepaste taalgebruik vir sy amp nie.

Gaspard se keuse verteenwoordig die voortsetting van die neiging in die Obama-administrasie om Hollywood-agtige hansworse bó politieke figure en gesoute diplomate vir hierdie soort pos uit te sonder.

Michelle O. het seker nie verniet geskiedenis gemaak om die eerste Amerikaanse presidentsvrou te wees om by die pasafgelope Oscars haar bakkies te wys nie

Gaspard was ook New York se burgemeester, David Dinkins se assistent. Dinkins, natuurlik, was die eerste en enigste swart burgemeester in die laat 1980’s en vroeë 1990’s.

Dinkins se termyn is gekenmerk deur die polariserende rasseboikot van Koreaanse kruideniers in Flatbush en die Crown Heights oproer in 1991. Toe die swart krimineel Lemrick Nelson vrygespreek is weens die moord op Yankel Rosenbaum tydens die oproer het Dinkins die volgende gesê: “Ek het geen twyfel dat die strafregstelsel in hierdie geval regverdig en openlik gehandel het nie.” Hy het waarskynlik nog ‘n bloedige rasse-opstand met sy steun vir die onregverdige beslissing daardeur gesystap.

Gaspard het ook gewerk vir Vermont se goewerneur Howard Dean se onsuksesvolle veldtog vir die Demokratiese presidensiële veldtog in 2004. Daarna het hy Jesse Jackson se 1988 presidensiële bod gesteun wat tot niks gelei het nie.

Gaspard was ook ‘n gemeenskapsorganiseerder vir skoolhervorming in die VSA. Volgens The Washington Post, was Gaspard insgelyks betrokke in die unie-gebaseerde anti-apartheid pogings gedurende die 1980’s.

Gaspard is Haities-Amerikaans en is in 1967 in Zaïre gebore  – nou die Demokratiese Republiek van die Kongo. Sy ouers het daar gewerk en hy het saam met hulle na die VSA as ‘n klein kind gekom. Hy is getroud met twee kinders.

Gaspard was ook ‘n sleutelfiguur in die koördinering van Amerikaanse ramphulpverlening in Haiti wat intussen tot bitter min hulp nòg vooruitgang ná die aardbewing op die eiland gelei het.

Nigerië se president Goodluck Jonathan het ook ervaring van die Amerikaanse model wat Gaspard verteenwoordig.

Swart Amerikaanse sterre soos Jay-Z en Beyoncé het ‘n aantal jare gelede hul voorouers van die vasteland kom ontmoet ter verligting van armoede in Nigerië. Dit blyk dat vermaak die beste medisyne daarvoor is, eerder as iets blywends.

Goodluck Jonathan het glo miljoene uit ‘n armoedefonds betaal om ‘n baie duur hip-hop konsert in Lagos, 600 km ver van die provinsie waaruit die geld kom, te borg.

Miskien het hy gedink dat die publisiteit wat ‘n superster se verskyning in Nigerië sal oplewer, sal ook buitelandse beleggings aanmoedig waar Bono en Madonna so klaaglik misluk het.

Maak 'n opvolg-bydrae