Tragiese moord tref OP-landdros

Die landdros wat borgtog aan die gestremde atleet Oscar Pistorius toegestaan het, is familie van die vrou wat haar twee kinders vergiftig het en daarna selfmoord gepleeg het.

Hooflanddros Desmond Nair het Dinsdag bevestig dat die vrou, wie se lyk Sondagaand saam met dié van haar seuns in hul huis gevind is, sy niggie is.

Die vrou se broer, Vishal Maharaj, het haar as Anusha Maharaj geïdentifiseer. Die polisie vermoed sy het haar twee kinders vergiftig en daarna het sy op dieselfde manier selfmoord gepleeg.

Volgens die polisie is selfmoordbriewe op die toneel gevind.

Nair het verlede week Pistorius se saak, wat regoor die wêreld opspraak gemaak het, hanteer.

Pistorius word daarvan beskuldig dat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag in sy huis doodgeskiet het.

Maak 'n opvolg-bydrae