Amerika se nuwe topdiplomaat is reeds verstrengel in probleme en verwarring vóór sy beplande reis waarvan die belangrikste fokus internasionale aksie in Sirië is.
John Kerry sou in Londen Maandag aankom op die eerste been van sy toer na nege lande in Europa en die Midde-Ooste, maar amptenare skarrel nog om ‘n beplande vergadering tussen die nuwe Amerikaanse staatsekretaris en die leiers van die Siriese opposisie vir Donderdag te red .
“Nou, laat ek dit duidelik maak, ons sal voortgaan om nou saam te werk met ons Britse bondgenote om die groeiende humanitêre krisis aan te spreek, en die Siriese opposisie te ondersteun. Ons koördineer met die Siriese opposisie, ons koördineer met die VN en met ander ten einde te help om verligting aan die slagoffers wat hulp nodig het te verleen,” het Kerry gesê.
Die leiers van die Siriese opposisie dreig om die vergadering in Rome te boikot, volgens die New York Times, “om protes aan te teken teen wat hulle sien as swak internasionale steun.” Die administrasie het Amerikaanse ambassadeur in Sirië Robert Ford na Kaïro gestuur om te probeer om die rebelleleiers te oorreed om in Rome gesig te wys om nie vir Kerry ‘n verleentheid te skep nie.
Die Europese Unie het besluit om hierdie week nie ‘n einde van sy embargo op die verskeping van wapens aan die Siriese opposisie toe te laat nie, maar die Verenigde Koninkryk het nogtans deur middel van ‘n slu maatreël toelaatbare nie-dodelike ondersteuning aan die gewapende opposisie ingesmokkel wat nagvisiebrille, gepantserde voertuie en koeëlvaste kleding insluit, het senoir Amerikaanse amptenare gesê.
Amerika se sogenaamde vyande, Al Kaida, vorm deel van die Siriese opposisie wat president Assad wil ontsetel.
Daar is dus geen verwagting dat die Obama-administrasie sy nuwe onwilligheid om wapens aan die Siriese rebelle te verskaf, sal laat vaar nie.
“Ek hoef niks verder by te voeg op ons benadering tot wapens in Sirië nie,” het die amptenaar gesê.
