Die groot anti-duikbootvaartuig, Admiraal Tsjabanenko, is geskeduleer om die waterweg tussen die Atlantiese- en Stille-oseaan deur te gaan êrens tussen Vrydagaand en Saterdagoggend, het die Russiese ambassade in Panama Donderdag gesê.
Die enigste keer wat so iets plaasgevind het, was in 1944 gedurende die 2d wêreldoorlog, toe vier Russiese duikbote deur die kanaal gevaar het, het die ambassade in 'n verklaring gesê.
Op daardie tydstip, toe die kanaal onder Amerikaanse beheer was, was Rusland en Amerika geallieerd in die teen-Nazikoalisie, het die ambassade bygevoeg.
Die geskeduleerde vaart deur die kanaal kom nadat die Russiese oorlogskepe Dinsdag twee dae se geskeduleerde oefeninge saam met die Venezualaanse vloot gedoen het.
Die aankoms van die Russiese skepe op uitnodiging van Venezuela word beskou as 'n uitdaging van Amerika se mag in Latyns-Amerika.
Rusland het ontken dat die oefening gemik is op enige "derde lande."
Moskou het die oefening aangekondig nadat president George W. Bush vlootvaartuie gestuur het na Georgië gedurende die Georgies-Russiese konflik in Augustus, wat die Kremlin kwaad gemaak het. Washington het gesê die oorlogskepe het humanitêre hulpvoorraad aan boord gehad.
Nadat die Russiese skip deur die kanaal gevaar het, sal die skip met sy 451 bemanningslede in Panama aanbly tot 11 Desember, by wat voorheen 'n Amerikaanse basis was.
Panama se minister van buitelandse sake, Samuel Lewis Navarro, het Donderdag gesê dat "soos ons almal weet is die Panamakanaal oop vir alle skepe ter wêreld," en so die kanaal se neutrale status weer bevestig.

Die Europese menseregtehof het Donderdag eenparig bevind dat Brittanje se beleid om vingerafdrukke en DNS van alle kriminele verdagtes in te samel en te stoor, selfs die van mense wat onskuldig bevind word, 'n skending van menseregte is.
Die genetiese handtekeninge van mense in Spanje en Portugal toon nuwe en eksplisiete bewyse van die massaomskakelings van Sefardiese Jode en Moslems na Katolieke in die 15de en 16de eeue nadat Christenweermagte Spanje weer teruggewen het van Moslembeheer, het 'n span genetici gesê.
Afrika se eerste kommunikasie satelliet het glo 'n kragprobleem ondervind net 18 maande nadat dit gelanseer is. Die NIGCOMSAT-1 satelliet is deur Sjina gelanseer in 2007 te midde van optimisme dat dit sal help om landelike gebiede te verbind en telemedisyne en afstandonderrig te bevorder.