Israelse tenks versamel terwyl vliegtuie Hamas bombardeer

Image

Hamasvegter met vuurpyl

Israelse tenks het Maandag begin versamel op die grens met Gaza terwyl oorlogsvliegtuie Hamas teikens gebombardeer het in die digbevolkte enklawe waar aanvalle in die laaste twee dae meer as 300 mense gedood het .

Dosyne tenks en personeeldraers het by verskeie punte naby die grens gestaan en luier nadat Israel gewaarsku het dat hulle 'n grondaanval kan loods om met hulle lugaanvalle saam te val.

Hamas het op die aanhoudende bombardement gereageer deur vuurpyle dieper in Israel in te vuur, met een wat nie ver van Ashdod, Israel se tweede grootste lughawe, getref het nie. Dit was so 30 kilometer noord van Gaza en het geen ongevalle veroorsaak nie.

Die Islamitiese beweging het Israel daarvan beskuldig dat hulle 'n volkslagting uitvoer en dat die wêreld toekyk sonder om 'n vinger te verroer om dit te keer. Hamas-woordvoerder Fawzi Barhum het gesê "die organisasie behou die reg voor om te kan reageer op die aggressie met martelaaroperasies," bedoelende selfmoordbomaanvalle, van die aard wat Hamas nie in Israel sedert Januarie 2005 uitgevoer het nie.

VN-sekretarisgeneraal Ban ki-Moen het sy stem gevoeg by die VN-veiligheidsraad se versoeke vir 'n onmiddellike einde aan die vyandelikhede. Sy woordvoerder het gesê: "Hy beveel sterk aan dat alle gewelddade onmiddellik gestaak moet word."

Sjina en Japan het ook aangesluit by die internasionale koor van oproepe vir 'n einde aan die geweld, wat die stemme van Brittanje, Frankryk en Rusland insluit.

Beijing het gesê hulle is geskok en ernstig bekommerd oor die geweld, terwyl Japan 'n beroep gedoen het op Israel om selfbeheersing toe te pas en ook op die Palestyne om die vuurpylaanvalle te staak.

Pous Benediktus XVI het die internasionale gemeenskap gevra om alles moontlik te doen om die Israeli's en Palestyne te help met die doodloopstraat en nie toe te gee aan die perverse logika van konfrontasie en geweld nie.

Die Israelse minister van verdediging het beloof om die lugaanvalle te verskerp en uit te brei. Die aanvalle is geloods uit vergelding ná aanhoudende vuurpylaanvalle deur militante groepe.

"Indien dit nodig is om voetsoldate te ontplooi om ons burgers te beskerm, sal ons dit doen," het sy woordvoerder hom klaarblyklik aangehaal.

Die kabinet het reeds toestemming gegee dat 6 500 reserwesoldate opgeroep word, het 'n senior offisier aan verslaggewers ná die vergadering gesê.

Oorlogsvliegtuie gaan steeds voort om die verarmde en oorbevolkte gebied van 1,5 miljoen mense te bestook, waar meeste strate verlate is en baie skole en winkels gesluit is terwyl honderde begrafnisse gehou word.

Vegvliegtuie het die tonnels op Gaza se grens met Egipte bestook –  die tonnels was 'n naelstring waardeur Hamas goedere en wapens in die enklawe ingesmokkel het. Die enklawe is so te sê deur Israel van die buitewêreld afgesny sedert Islamiete daar in Junie 2007 beheer oorgeneem het.

Laat Sondag het die vegvliegtuie verskeie metaalwerkswinkels aangeval, wat volgens Israel gebruik word om die vuurpyle saam te flans.

стенды развал-схождениялобановский класс

Kongolese rebelle dreig om vredesamesprekings te verlaat

Image

Kongolese rebelletroepe naby Goma

'n Rebellegroep wat die Kongo tot op die randjie van oorlog gebring het, het gesê hulle sal wegstap van vredesamesprekinge indien onderhandelaars nie die beweerde verbreking van die skietstilstand deur die weermag gaan aanspreek nie.

Bertrand Bisimwa, woordvoerder vir die rebelle-Nasionale raad vir die verdediging van die Mense (NRVM) het gesê die groep sal nie die samesprekinge bywoon nie, tensy die onderhandelaars na die werklikheid op voetsoolvlak gaan kyk nie.

"Indien hulle dit nie doen nie, moet hulle nie reken daarop dat die NRVM-afvaardiging by die volgende rondte onderhandelings gaan wees nie," het hy gesê.

Die rebelle en verteenwoordigers van die Kongolese regering het in Nairobi, Kenia ontmoet om te probeer om 'n oplossing vir die nuwe vlaag geweld in die oostelike Kongo te vind. In die nuwe geweld het die rebelle tot teenaan Goma, die hoofstad van die provinsie, beweeg. Die eerste rondte gesprekke het vandeesweek geëindig en die gesprek sal weer op 7 Januarie in Nairobi hervat word.

Die twee kante het saamgestem dat 'n buffersone, wat deur die VN beheer behoort te word,  geskep moet word tussen die gebiede onder die beheer van die rebelle en die regeringsmagte.

Die rebelle beskuldig die regeringsoldate dat hulle gebied beset wat die rebelle onlangs verlaat het.

"Regeringsoldate beset Kibati en Kiwanja, gebiede waaruit ons onlangs teruggetrek het," het Bisimwa gesê.

"Hulle is maar 100 meter van ons posisies af en lok ons uit deur elke oggend op ons te skiet. Tot nou toe het ons nie teruggeskiet nie omdat ons probeer om die skietstilstand te eerbiedig," het hy bygevoeg.

Menseregtegroepe hou die rebelle verantwoordelik vir 'n onlangse slagting by Kiwandja, waar soveel as 150 mense dood is. Maar die groepe het ook gedokumenteerde gevalle van oortredings deur regeringsmagte, soos stelselmatige verkragtings, op rekord.

european rouletteФильчаков прокурор отзывы

Belgi? se regering kom weereens tot ‘n val

Image

Yves Leterme

Agtien maande lank het die Belgiese politikus Yves Leterme van die een politieke krisis tot die volgende gestrompel. Die rede was die teenstellings tussen die Nederlandstalige Vlaminge en die Franstalige Wale oor ’n staatshervorming. Vrydag het Leterme tot ’n val gekom – nie hieroor nie, maar oor sy lomp hantering van een van die bankkrisisse wat verskeie lande die afgelope paar maande teister.

Leterme het Vrydagaand die bedanking van sy regering aan koning Albert II aangebied. Die afgelope naweek het die koning verskeie politieke leiers geraadpleeg oor hoe die land verder moet gaan. Die regeringspolitici wil hê dat die bestaande koalisie van Vlaamse en Waalse Christen-demokrate en liberale plus Waalse sosialiste moet voortgaan, maar dan sonder Leterme.

Politici uit die opposisie wil ’n nuwe verkiesing hê, maar die regeringspartye voel niks daarvoor nie, omdat dit die land ’n lang tyd sonder regering sal laat in hierdie tyd van finansiële krisisse. Gelukkig vir België gaan die streeksregerings, wat heelparty bevoegdhede het, met hul werksaamhede voort.

Die huidige kredietkrisis het tot Leterme se probleme gelei. Die groot Belgies-Nederlandse bank en versekeraar Fortis het aan die einde van September in ’n krisis beland. Op 28 September het die Belgiese, Nederlandse en Luxemburgse owerhede bekend gemaak dat hulle Fortis byna in sy geheel nasionaliseer.

Die Belgiese regering het die Belgiese deel van Fortis aan die Franse bank BNP Paribas verkoop. Daarteen het ’n meerderheid van die aandeelhouers beswaar gemaak, en die Belgiese hof van beroep het op 12 Desember die oorname voorlopig geblokkeer. Dit het vir die regering groot politieke probleme geskep.

Einde verlede week het dit bekend geraak dat die regering blykbaar druk op die regters probeer uitoefen het om ’n uitspraak te lewer wat gunstig vir die regering sou wees. Die hoogste regter het verklaar dat daar weliswaar geen juridiese bewys is dat die regering die regbank belemmer het nie, maar dat daar ongetwyfeld belangrike aanwysings in dié rigting is. In enige demokrasie is politieke inmenging in die regterlike gesag ’n doodsonde.

Intussen het Paribas op 18 Desember die oorname van Fortis voorlopig opgeskort.

Leterme, leier van die Vlaamse christen-demokrate, was die groot wenner in die verkiesing van 10 Junie verlede jaar. Die vorming van ’n regering het egter nege maande geduur omdat hy nie die samewerking van die Franstalige politici oor ’n staatshervorming kon verkry nie. Hy kon trouens eers as premier aan die gang kom nadat sy voorganger, Guy Verhofstadt, ’n paar maande lank ’n oorgangsregering gelei het.

Eers op 20 Maart vanjaar is eenstemmigheid oor die ministersposte bereik. Op 14 Julie het die onderhandelinge oor ’n staatshervorming misluk, en het Leterme sy ontslag aangebied. Die koning het dit geweier en ’n bemiddelaar aangewys om die staatshervorming voor te berei.

In September was die voortbestaan van die regering weer in gevaar toe een van die kleiner lede van die koalisie, die Nieuw-Vlaamse Alliantie, sy steun aan die federale regering opgesê het.

Die onderhandelinge oor ’n staatshervorming het die afgelope tyd op die agtergrond geraak vanweë die ekonomiese krisis.

Een van die besware teen ’n nuwe verkiesing is juis dat ’n verwante kwessie nog onopgelos is. Dit is die probleem van die kiesdistrik Brussel-Halle-Vilvoorde (BHV). Dit bestaan uit die tweetalige Brussel en 35 omliggende munisipaliteite wat by Vlaandere behoort. Vlaamse politici wil hê dat die kiesdistrik gesplits word sodat die Franstalige inwoners van hierdie Vlaamse munisipale gebiede nie meer in Brussel op die Franstalige kandidate moet kan stem nie. Die Franstaligtes is teen so ’n splitsing.

Die voorsitter van die Grondwethof het verlede jaar gesê dat daar geen parlementêre  verkiesings gehou moet word voordat die BHV-kwessie opgelos is nie.

Die opposisiepartye wil ’n nuwe verkiesing hê, maar sommige waarnemers beskou dit as ’n waagstuk omdat dit dalk onmoontlik sou wees om daarna ’n nuwe regering te vorm. In Junie is daar verkiesings vir die streeksparlemente van Vlaandere, Wallonië en Brussel. Die partye wat verteenwoordig is in die federale parlement, gaan daaraan deelneem, en tot dan sal hulle ongeneë wees om toegewings te doen wat nodig is vir ’n koalisieregering.

Dit lyk of alle regeringspartye – Vlaamse en Franstalige christen-demokrate en liberale plus Waalse sosialiste – hulle neerlê by die gedagte aan ’n oorgangsregering tot in Junie.  Dan sal die verkiesings vir die streeksparlemente en die federale parlement op dieselfde tyd gehou kan word. Die liberale is ongelukkig omdat hulle heeltemal oor die hoof gesien word in die huidige konsultasies.

 

справка 27 уФильчаков прокурор

Beseerde Franse seiljagvaarder kom in Australi? aan

Image

Yann ?lies

'n Beseerde Franse om-die-wêreld-seiljagvaarder is gered deur die Australiese vloot en is weer terug op die land nadat hy tydens sy solovaart afgehaal is in die afgeleë Suidelike oseaan.

Yann Elies is van die vloot se fregat HMAS Arunta afgedra op 'n draagbaar kort nadat die fregat by Fremantle-hawe naby die wes-Australiese hoofstad Perth aangekom het.

Die 34-jarige Fransman wat twee dae in die kajuit van sy seiljag in erge pyn deurgebring het nadat hy reeds Donderdag sy been gebreek het, was onder verdowing en het nie met die wagtende media gepraat nie.

Hy het net gewaai en die duim-in-die-lugteken gegee voordat hy in die ambulans gelaai is en geneem is vir dringende mediese behandeling.

Die bevelvoerder van die HMAS Arunta, Steven Bowater, het gesê dat Elies sou sterf indien die vlootvaartuig nie sy posisie sowat 800 seemyl suid van die Australiese vasteland bereik het nie.

"Ek kan bevestig dat die dokter 'n ondersoek gedoen het, en dat hy sou sterf indien ons nie daar aangekom het nie," het kommandeur Bowater aan verslaggewers gesê.

как сшить рубашку для девочкитопкарго отзывы

Drie sterf in Afghaanse selfmoordbom

Image

‘n Vorige bom in Afghanistan

'n Selfmoordontploffing in die middel van die suidelike Afghaanse stad Ghazni het Maandag drie mense dood gelaat en vyf gewond, het polisie gesê.

Die plofstof wat aan die aanvaller se liggaam vasgemaak was, het ontplof toe hy in 'n besige straat in Ghazni, omtrent100 kilometer suid van die hoofstad Kaboel gery het, het Ghazni se provinsiale adjunkpolisiehoof Mohammad Zaman gesê.

"Drie burgerlikes, die selfmoordbomaanvaller, en sy bestuurder is dood en vyf burgerlikes is gewond," het Zaman gesê, en bygevoeg dat dit voorkom asof die bom te vroeg afgegaan het.

Zaman het gesê dit is nie duidelik wat die aanvaller se teiken was nie. Die pad waar die ontploffing plaasgevind het ,lei na die provinsiale goewerneur se woning en ook na verskeie regeringsgeboue.

Die vyf beseerdes is buite gevaar, het die  direkteur van die plaaslike hospitaal, Ismael Ibrahimzai, gesê.

Niemand het onmiddellik verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

Zaman het die ontploffing op "vyande van Afghanistan" geblameer, 'n uitdrukking wat deur Afghaanse beamptes gebruik word om te verwys na lede van die uitgeweke Talibanmilisie wat in die regering tussen 1996 en 2001 gedien het.

Die Taliban het 'n bloedige opstand teen die Amerikaans geondersteunde regering van president Hamid Karzai gevoer sedert hulle uit die kussings gelig is in 'n Amerikaans geleide inval laat in 2001. 

casino slotДанильченко

Swarte in hegtenis vir dubbele moord in Dutywa

'n 27-jarige swartman is gearresteer nadat hy twee mense doodgesteek het in Dutywa, het Oos-Kaapse polisie Sondag gesê.

Kaptein Lingisile Magama het gesê die man het 'n 37-jarige man doodgesteek in 'n sjebien in die dorpie Lota omstreeks 20:00 Saterdagaand.

"Hy het met die man geargumenteer voordat hy hom verskeie kere in die bors gesteek het," het Magama gesê.

Nadat hy die man gedood het, is die polisie na die toneel geroep en het hy te voet gevlug. Hy het by 'n nabygeleë huis geskuil waar hy 'n 83-jarige vrou doodgesteek het," het hy gesê.

"By die huis het hy die ou vrou en 'n jong meisie gevind, wat hom probeer wegjaag het, waarna hy die ou vrou doodgesteek het."

Hy is minute later by die huis gearresteer.

Die man staar klagte van moord in die gesig en sal na verwagting binnekort voor die landdroshof in Dutywa verskyn. 

блузки девочки 8 летданильченко юрій броніславович компромат

Somali?, Kongo onder humanit?re toptien

ImageStygende geweld in Somalië, burgerlikes wat ontwortel word in die oostelike Kongo en gebrekkige mediese voorrade in Mianmar en Zimbabwe is onder die toptien humanitêre krisisse van 2008, volgens 'n jaarlikse lys wat deur Dokters sonder grense vrygestel word.

Ander krisisse op die groep se lys sluit in ondervoeding, wat 5 miljoen jong lewens regoor die kontinent elke jaar neem; MIV-tuberkulose en verwante infeksies wat 1,7 miljoen mense elke jaar dood laat; gevegte in Pakistan se stamgebiede; die politisering van hulpverspreiding in Irak; geweld en moeilike klimaatstoestande in suidoostelike Ethiopië se Somalië-streek en die voortslepende Darfoerkrisis en burgeroorlog in Soedan.

"Met die vrystelling van hierdie lys hoop ons om die aandag te vestig op miljoene mense wat vasgekeer is in konflik en oorlog, op diegene wat geraak word deur mediese krisisse, wie se onmiddellike en gesondheidsbehoeftes geïgnoreer word en diegene wie se lot dikwels nie raakgesien word nie," het dr. Christopher Fournier, die groep se internasionale president, in 'n verklaring gesê.

Die internasionale humanitêre organisasie, Médecins Sans Frontières, wat ook op hulle Engelse naam, Doctors Without Borders, bekend is, het begin om die jaarlikse lys uit te reik in 1998 nadat 'n vernietigende hongersnood in suidelike Soedan grootliks deur die Amerikaanse media geïgnoreer is. Die lys, wat nie die krisisse in volgorde van belangrikheid plaas nie, probeer om groter bewustheid van die krisisse te kweek wat nie altyd genoeg aandag in die pers kry nie.   

купить игрушечный автоматФильчаков прокуратура харьков

Indi? kanselleer ho?profielkriekettoer na Pakistan

Krieket is een van die min dinge waaroor Indië en Pakistan saamstem. Maar met Nieu- Delhi wat Islamabad daarvan beskuldig dat hulle niks doen om Pakistan-gebaseerde terroriste, wat vir die onlangse bloedige aanval in Moembaai beskuldig word, te stuit nie, het Indië 'n krieket toer na Pakistan gekanselleer, 'n duidelike teken van 'n afkoeling in die verhouding tussen die twee lande.

In die dekades sedert Pakistan onafhanklikheid van Brittanje gekry het in 1947, het Pakistan en Indië drie oorloë gehad en verskeie kere op die randjie van nog 'n paar verkeer. Tog is krieket 'n nasionale obsessie vir beide lande en het dit gehelp om spanning te verminder.

Indië se nasionale span het in 2004 na Pakistan gegaan vir die nasionale span se eerste volle reeks wedstryde in 14 jaar, 'n gebeurtenis wat beskou word as 'n optimistiese teken vir die twee kernbewapende lande wat 'n poging aangewend het om 'n vredesproses te begin.

Dit is verlede maand ongedaan gemaak met die aanvalle in Moembaai, wat 164 mense en 9 van die 10 aanvallers dood gelaat het. Verhoudinge is baie stram en die vredesproses is weer op die ys.

In nog 'n teken van die verhoogde spanning het Pakistan Indië se gesant Donderdag ingeroep en formeel 'n klagte gelê oor die skending van hulle lugruim oor die naweek. Dit is 'n skielike ommeswaai nadat hulle vroeër die insident afgemaak het deur te sê dat Indië nie opsetlik Pakistan se lugruim binnegedring het nie.

освещением лестницылобановский александр отзывы

VN- en AU-troepe voor “uitdagings” in Darfoer, s? VN-hoof

'n Gemeenskaplike VN en Afrika-unie mag in Darfoer staar steeds groot uitdagings in die gesig, amper 'n jaar nadat dit ontplooi is, het VN sekretarisgeneraal Ban ki-Moon Donderdag in 'n verslag gesê.

"Die AU-Verenigde Nasies operasies staan steeds voor baie groot uitdagings," het hy gesê.

"Geweld en ontworteling van mense gaan voort, humanitêre operasies word steeds bedreig, gevegte vind gereeld plaas en die partye het nog nie 'n vredesooreenkoms bereik nie."

Ban het gesê dat slegs 60% van die VN operasie in Darfoer (UNAMID) teen die einde van die jaar ontplooi sal wees, teenoor die 80% van die VN soldate waarvoor die VN gehoop het.

UNAMID is in Julie 2007 magtiging gegee deur die Sekuriteitsraad om die grootste vredesmag in die wêreld saam te stel, met 'n geskatte sterkte van 26 000 lede.

Ontplooiing was vertraag, grootliks deur gebrek aan sameweking van die Soedannese regering. Die mag was ook die teiken van dodelike aanvalle.

Die sending het 'n tekort aan belangrike toerusting, insluitende 24 helikopters, om die groot gebied te kan patrolleer.  

086 справкаtopcargo отзывы сотрудников

VSA deporteer 46 persent meer Meksikane en Sentraal-Amerikaners

Amerika het meer as 154 000 Meksikane en Sentraal-Amerikaners gedeporteer in die 2008 finansiële jaar, wat 'n 46% verhoging is teenoor die vorige jaar, het hulle Donderdag in 'n amptelike verklaring gesê.

Meer as 212 000 is altesaam gedeporteer, met byna driekwart wat van Meksiko en Sentraal-Amerika afkomstig is, volgens die verklaring deur die Amerikaanse Immigrasie en Doeane kantoor in die grensdorp McAllen in Taxas.

Die meeste, 82 000 is Meksikane wat die 3170 kilometer grens tussen Meksiko en Amerika oorsteek.

Al die lande het 'n verhoging gehad in deportasie, behalwe Nicaragua, waar deportasie verminder het tot net oor die 2000.

Amerika het immigrante gedeporteer na 190 lande en het meer as 4000 deportasievlugte gehad teenoor amper 3000 vlugte in die vorige jaar, wat van 1 Oktober tot 30September strek.

Die hoeveelheid onwettige immigrante het drasties gedaal vanweë maatreëls wat 'n heining langs die suidelike grens insluit, het Michael Chertoff, die sekretaris van binnelandse veiligheid Donderdag in Washington gesê.

"Ons het 'n daling gesien in die hoeveelheid mense wat die grens onwettig probeer oorsteek," het Chertoff gesê gedurende 'n oorsig van die departement se aksies sedert dit 7 jaar gelede gestig is.

Die heining, wat langs groot dele van die Rio Grande loop is meer as 5 meter hoog en het baie kontroversie ontlok. Daar was ook verskei hofsake daaroor, maar nie een was sover geslaag nie.

топка для банилобановский супермаркет класс