W?reldmarkte styg n? regeringstimulus

Wêreldmarkte het Maandag herstel ná Sjinese beamptes nuwe maatreëls ingestel het om groei aan te moedig en verkose president Barack Obama gesê het dat die wêreld se grootste ekonomie homself uit die resessie gaan bestee.

Hong Kong se Hang Seng-indeks het met 1 198,17 punte, of 8,7% gestyg tot 15,044.87 : die hoogste sluitingsvlak in sewe weke en Japan se Nikkei 225 het met 411,54 punte, 5,2% gestyf tot 8 329,05.

Groot Europese markte het gestyg tydens die opening met Brittanje se FTSE-100 wat 5,5% geklim het tot 4 272,42, Duitsland se DAX  het 6,4% gestyf tot 4 661,19 en Frankryk se CAC-40 wat 6,8% toegeneem het in waarde tot op 3 191,34.

Soos hulle kollegas in Amerika Vrydag gemaak het, het Asiese en Europese beleggers nuus dat Amerikaanse werkgewers  533 000 poste gaan verminder in November, die meeste in 34 jaar, geïgnoreer. In plaas daarvan het beleggers moed geskep uit tekens dat die wêreld se grootste ekonomieë meer moeite doen om ekonomiese groei aan te help.

лестницу вФільчаков прокурор

Die eerste re?l van oorlewing: Doen jou deel

ImageOns leef in 'n weergawe van die ou Amerikaanse Wilde Weste – en die sheriff is lamlendig, onbelangstellend of hy is die een wat sy gesig agter 'n nekdoek wegsteek.

Net soos in die Ongetemdheid (die "Frontier") is wetstoepassing by ons ook yl teenwoordig. En ons word net so geteister deur menssoortige aasdiere wat gedy in die kompos van wetteloosheid.

Die groot verskil is natuurlik dat die Amerikaanse Ongetemdheidsburgers aanvaar het dat die staat nie by hulle misdaadkrisis gaan ingryp nie. Hoewel die beeld van die skrefiesoogcowboy, met die langlooppistole laag teen sy been vasgegespe, natuurlik gruwelik verromantiseer is, wás die gewone burger goed bewapen en – belangriker – die skietgoed was altyd byderhand. En – ook anders as in die Hollywood-weergawe – was die gemiddelde dorpenaar nie maar net 'n hardwerkende dog verbeeldinglose, ontruggrate lam ter slagting nie. Wanneer hulle deur rampokkers bedreig is, en niemand anders kon help  nie… het hulle nie 'n telegram vir die A-Team gestuur nie – nee! – hulle het self die probleem laat weggaan.

Hulle het, byvoorbeeld, die gewelddadige James Younger-bende laat weggaan. Nadat die moorddadige Jesse James sonder noemenswaardige sukses deur die Amerikaanse regering, 'n kohort wetstoepassers en selfs die befaamde Pinkertonspeuragentskap van bakboord na stuurboord gejaag is, het die bende hulleself te pletter geloop teen die gemeenskap van die dorpie Northfield in Minnesota. Hulle het een bank te veel probeer roof. Die inwoners het hulleself vir die spul vererg, diverse pistole, Winchesters en haelgewere uitgeryg en die bende sat geskiet.

 As jy getrou jou Louis L'Amour gelees het, sal jy weet dat 'n ordentlike, wetsgehoorsame man met 'n pistool 'n indrukwekkende mag van geregtigheid is. In ons land is dit al deeglik gedemonstreer. Toe die APLA-moordenaars die St. James-kerkdiens onderbreek het, AK en granaat in die hand, het 'n enkele moedige en wyse jongman, Charl van Wyk, vuur beantwoord met sy handwapen. Die rowers se veglus is deur hulle vlugdrang verplaas en hulle het hakke gekap om weg te kom.

Daar is niks wat 'n geweldenaar se moed so uit sy lyf pluk soos 'n ontstelde landsburger met donkerbek in die hand nie. Israel is 'n tyd lank gestriem deur aanvalle van terroriste wat verwoed tussen hulpelose skares ongewapende mense ingevuur het. Dié terroristestyl het skielik einde gekry – toe die Israeliregering gewone burgers nie net gemagtig het om wapens by hulle te dra nie, maar hulle inderdaad aangemoedig het om dit te doen. 'n Terroris se korttermyntoekoms is maar aan die grys kant as verwoede burgers uit alle oorde begin terug losbrand. Moslemterroriste het nie vir aanvalle waartydens slagoffers terugveg ingeskryf nie, so nou wend hulle hulle maar tot bomaanvalle.

Indië, daarenteen, het in 'n politieke slappolsoomblik burgerlikes net omtrent verbied om vuurwapens te besit of nog erger – o die afgryslikheid – by hulle te dra. In die pas afgelope Moembaai-slagting het die terroriste doodluiters rondgestap en magasyn na magasyn in die samedrommende burgers leeggeskiet. As Charl van Wyk daar was met sy getroue handwapen, sou die koerantopskrifte anders gelyk het.

'n Fotograaf, Sebastian D'Souza, het 'n opspraakwekkende foto van een van die terroriste geneem wat ronddrentel op die uitkyk vir net nog slagoffers. "Ek wens ek het 'n geweer in plaas van 'n kamera gehad!" skryf D'Souza agterna. As hy 'n geweer gehad het, kon hy 'n erekerfie in die kolf gemaak het want daar sou een terrie goed foersies gewees het. Die terroris was so houtgerus dat hy nie eers 'n magasyn in sy Kalasjnikof gehad het nie! (Die Indiese polisie het nie dié geleentheid aangegryp nie maar het in patetiese hopies agter skuilings gelê en probeer maak of hulle nie daar is nie, selfs nádat D'Souza by hulle gepleit het om tog net te begin skiet.)

Ons het nie (op die oomblik) ('n georganiseerde) terreurprobleem in Suid-Afrika nie. Maar ons het 'n geweldsmisdaadprobleem wat meer lewens op afgrysliker wyse stroop as die normale terrorismevlaag. Ons polisie is te min, te swak betaal, te beteuterd opgelei en te korrup om ons te beskerm. (Nie ál die polisielede is korrup nie maar die helfte wat eerbaar is, moet te veel tyd afstaan om die ander dop te hou en kan sodoende nie hulle volle aandag aan misdaadbekamping wy nie.)

So, dis die Wilde Weste hier – met een deurslaggewende verskil: Die gewone burger in die Ongetemdheid het sy Colt .45 "Vredemaker" aan hom gedra waar almal dit kan sien. En in die saalskede was daar 'n Winchester .45-70 wat kragtig genoeg is om enige misdadiger in sy spore om te dop.

Daar kan nou gevra word of ek bepleit dat elke wetsgehoorsame burger tot die tande toe gewapen Pick 'n Pay toe sal gaan? Hmm. Wel. Dis 'n goeie begin, is dit nie? Maar dis bietjie min, bietjie onduidelik vir my. Ek wil hê die regering moet erns maak met misdaad, en hier is hoe:

Rus elke wetsgehoorsame burger met 'n R4-stormgeweer toe en dwing hulle wetgewend om nooit op straat sonder dit te verskyn nie. As 'n persoon nie vir 'n wapen kwalifiseer nie, moet hy te alle tye 'n amptelike vryskelding by hom dra. En dan wys jy vir my die rower wat doodluiters in die Kolonnade sal instap om dit te roof terwyl daar driehonderd keelvol manne en vroue hulle inkopies met R4 oor die skouer of in die winkeltrollie doen.

Voorts moet die regering 'n nuwe "skiet-eers-en-vra-dan"-wet deurvoer. Daarvolgens moet enige huiseienaar die reg – nee, die plig! – hê om enige ongenooide besoeker of oortreder in die gesig te skiet. Ek was op die grens en glo my, enige iemand wat 'n R4-koeël gesluk het, se moorddadige entoesiasme word net daar en dan gedemp.

By Praag spook ons jare lank al om 'n vreedsame, werkbare politieke uitweg vir die Afrikaner se toekoms te bewerkstellig. Ons sou graag die vrede en veiligheid van elke mens in hierdie land – wit, swart of tussenin – wou waarborg. Dít kan ons nie. Maar as ons Afrikaners saamstaan sal ons nie te lank  van nou af veilig en voorspoedig in 'n land woon waar gewapende, wetsgehoorsame burgers die polisie en die weermag met woord, daad en 5,56mm-rondtes bystaan om misdaad uitgeroei te hou.

Nie soos in hierdie land, hierdie bloedbesmette Nuwe Suid-Afrika nie. Hier erken die regering hulle is nie opgewasse om misdaad hoegenaamd te bestry nie, al is hierdie belydenis net opsigtelik in 'n televisieadvertensie wat maan dat die stryd teen misdaad "by jou begin".

Nee, dit begin nie by my nie. Dit begin by die regering en sy veiligheidsmagte wat 'n heilige, Bybelse plig het om die "swaard teen die boosdoener te dra".

Maar goed. Dít gaan nie gebeur nie. Ek het 'n groot 9mm-pistool. Ek weet hoe om hom te gebruik. Ek het ook 'n span lawaaierige honde. En as 'n misdadiger my huis betree, gaan my honde alarm maak. Ek gaan my pistool opneem.

En dan gaan ek voortgaan om my deel te doen.

книга насосное оборудованиеАлександр Фильчаков Васильевич

PRAAG, Steve, TLU wil anti-misdaadplan uitbrei

Die tema van PRAAG se anti-misdaadvergadering Saterdag 10 Maart in Lynnwood, Pretoria, was Genoeg! Die publiek, en veral die Afrikanergemeenskap, is siek en sat vir misdaad en die moue moet nou opgerol word om iets daadwerkliks daaraan te doen.

Image

‘n Genoeg!-plakkaat by die vergadering

Volgens dr. Phillip Venter, voorsitter van die Louis Trichardtse buurtwag, het hulle daarin geslaag om misdaad op die dorp met 95% binne vier maande te verminder. Hoewel hy ‘n predikant is, ry hy self patrollie en is daar al op hom geskiet. Maar hy het die gehoor van ongeveer 300 mense daaraan herinner dat misdaadvoorkoming ons Christelike plig is. “Misdaad is sonde en indien ons as gelowiges dit toelaat, is ons ewe aandadig as die misdadigers self.”

Soos wat die vergadering gevorder het, was dit duidelik dat daar reeds ‘n plan teen misdaad bestaan wat in sommige dele van die land met sukses toegepas word. Mnr. Anton Barnard het ‘n omvattende aanbieding oor misdaadstatistiek gedoen en aangetoon dat Limpopo die laagste misdaad van al nege provinsies het. Die verklaring mag wees dat die TLU se veiligheidstelsel, asook buurtwagte soos dié op Louis Trichardt, reeds die nodige positiewe resultate toon.

Image

Anton Barnard oor die Burgerwagstelsel

Barnard het ook die mite dat misdaad deur armoede veroorsaak word, die nek ingeslaan. “Toevallig is Limpopo die armste provinsie in die land. Die Wes-Kaap wat die hoogste inkomste per kop in die land het, het die tweede hoogste misdaadsyfer na die Oos-Kaap. Daar is dus geen korrelasie tussen inkomste en misdaad nie,” het hy gesê.

Image

Dr. Dan Roodt: geskiedenis herhaal homself

Dr. Dan Roodt het in sy openingsrede verwys na die bekende spreekwoord, “’n Boer maak ‘n plan” en dat hy oortuig is dat die Afrikaner soos soveel kere in die verlede sal opstaan om die anargie wat tans in die land heers, te stuit. Die elektroniese kommunikasiestelsel wat mnr. Anton Barnard van PRAAG ontwikkel het, is immers vernoem na die “Burgerwag” van die 1790s toe besorgde burgers aan die Kaap saamgestaan het om die strate na donker saans met fakkels te patrolleer omdat voetgangers toe dikwels aangeval is. Ook die kommandostelsel wat die ANC-bewind onlangs afgeskaf het, het in die negentiende eeu onstaan om die veiligheid van die ou Boererepublieke te verseker. Die Afrikaner het dus ‘n lang geskiedenis van “kommando ry” en vandag is daardie geskiedenis bloot besig om homself te herhaal.

Image

Steve Hofmeyr in gesprek agterna

Steve Hofmeyr het verwys na die groot aantal betogings waaraan hy en dr. Dan Roodt van PRAAG reeds saam deelgeneem het, sowel teen misdaad as teen naamsveranderings en die miskenning van Afrikaans. Onlangs was hulle saam by die hof in Randfontein om te protesteer teen die koelbloedige moord op die vyfjarige Danielle Esterhuizen wat vir haar pa langs ‘n dam waar hy besig was om vis te vang, gaan kuier het. Hofmeyr het die doeltreffendheid van protes om die ANC-bewind tot ander insigte te bring, betwyfel. “Ons marsjeer, soms is ons ‘n handjievol, soms is ons vyfduisend, maar hulle steur hulle eenvoudig nie daaraan nie.” Volgens hom trek betogings egter tog die aandag van die media. “Dis omtrent die enigste positiewe element daaraan, dat die media daaroor rapporteer en sodoende groter bewustheid skep.”

Mnr. Gideon Meiring van TLU-Veiligheid het verduidelik watter welslae dié organisasie reeds behaal het om plaasaanvalle te bekamp. Meer as 2000 boere en hulle gesinne, maar ook stedelinge, is reeds in hul kursusse wat maandeliks aangebied word, opgelei. (Enigiemand wat meer oor dié kursusse wil uitvind, kan ‘n epos aan inlig@praag.org rig.) Vir mnr. Meiring gaan dit om weerbaarheid in die breedste sin, om mense met kennis van vuurwapens en ongewapende selfverdedigingstegnieke toe te rus, maar ook hulle geestelik en kultureel weerbaar te maak. Die behoud van ons Christelike en patriotiese etos is ewe belangrik as om fisies paraat te wees, meen hy. As mens se denke nie reg is nie, kan jy nie weerstand teen misdaad bied nie. Vandaar die spanbou-aktiwiteite en konserte wat deel vorm van die TLU se naweekkursusse teen misdaad.

Dr. Dan Roodt het bygevoeg dat die TLU-opleidingskursusse teen R350 met kos en verblyf ingesluit ‘n absolute winskoop is, juis omdat die instrukteurs waarvan tot 32 gebruik word om 40 mense op te lei, vrywillig werk. “Hierdie mense verrig ‘n volksdiens en behoort ondersteun te word,” het hy gesê.

Hoewel daar steeds hier en daar pligsgetroue en hardwerkende polisiemanne en –vroue bestaan, was die algemene gevoel by die vergadering dat die diens so deur regstellende aksie ondermyn is dat mens nie daarop kan staatmaak nie. Tot veertig pesent van polisiebeamptes is elke dag met siekverlof. Tien persent is ongeletterd. Die enigste hoop vir die land is daarom dat Afrikaners beheer oor hul woonbuurte en distrikte van die misdadigers moet terugneem deur self betrokke te raak. “Niemand kan sy veiligheid aan iemand anders delegeer nie”, het mnr. Gideon Meiring gesê.

‘n Vorige offisier in die Weermag, mnr. Jan Malan, het ‘n pleidooi gelewer dat alle groepe en organisasies met mekaar sal saamwerk om ‘n strategiese anti-misdaadplan op te stel en landwyd toe te pas. Dr. Dan Roodt van PRAAG het die versekering gegee dat so ‘n plan reeds in wording is en dat die kwessie verder met alle Afrikaanse organisasies wat tans besig is om in ‘n Afrikanerraad byeen te kom, opgeneem sal word.

Steve Hofmeyr het bygevoeg: “Daar is hoop. Die rol van ‘n leier is om mense hoop te gee.”

 

нужно оборудованиеданильченко юрій броніславович компромат

Praag, TLU-veiligheid, Steve hou vergadering teen misdaad

Praag, in samewerking met TLU-Veiligheid, hou op Saterdagoggend 10 Maart 2007 om 10.00 in die kerksaal van die Lynnwood-gemeente van die NG Kerk, Sussexlaan 439, Lynnwood, Pretoria ’n openbare vergadering om die misdaadkrisis te bespreek. Die sanger Steve Hofmeyr en ander bekende persoonlikhede sal ook daaraan deelneem en elkeen ’n kort spreekbeurt waarneem.

Help ons om so veel mense as moontlik by die vergadering te kry deur die volgende pamflet af te laai en hetsy elektronies, hetsy in gedrukte vorm te versprei:

Genoeg! in Word-formaat. Genoeg! in PDF-formaat.

Laai die pamflet hier af!

 

Tydens die vergadering sal ’n omvattende misdaadplan wat buurtwagte, plaaswagte en kommunikasiestelsels insluit aan die publiek voorgelê word. Veral lede van bestaande buurtwagte en gemeenskapsveiligheidstelsels word uitgenooi om aan die vergadering deel te neem.

Praag is reeds geruime tyd uiters bekommerd oor die verval in wet en orde in Suid-Afrika. Tydens sy toespraak op Randfontein by geleentheid van die anti-misdaadbetoging rondom die moord op die vyfjarige Danielle Esterhuizen, het dr. Dan Roodt gesê dat “daar geen verskil is tussen hierdie moord op ’n onskuldige kind en die tipe gruweldade wat elders in Afrika soos in die Ituri-provinsie van die Kongo of Darfoer in die Soedan gepleeg word nie”. Dr. Roodt het in sy rubriek op die herontwerpte Praagwebblad reeds op 16 Januarie vanjaar ’n oproep om ’n “volksaksie teen misdaad” gedoen.

Soos dr. Bertie du Plessis enkele dae gelede in Beeld geskryf het, gaan nóg die polisie, nóg die bestaande weermag enigiets doen om die veiligheid van gewone Afrikaners te verseker. Die vergadering op 10 Maart is bedoel om die begin van so ’n volksaksie teen misdaad in te lui wat moet uitloop op die gekoördineerde beveiliging van alle gebiede waar Afrikaners woon. Alle belanghebbende Afrikaanse organisasies word uitgenooi om ook die vergadering by te woon en met Praag in verbinding te tree by inlig@praag.org ten einde die sakelys vir die oggend te finaliseer.

Mnr. Anton Barnard van Praag is tans besig om ’n sms-kommunikasiestelsel te toets waarmee lede van die publiek in Gauteng ’n sms sal kan stuur om blitssnel tydens ’n aanval hulp te ontbied van ander lede van ’n burgerlike reaksiemag in die omgewing. Meer besonderhede sal binnekort op http://praag.org aangekondig word, asook op die nuwe webwerf http://www.burgerwag.co.za/. Die naam “burgerwag” is gekies weens die historiese gebruik daarvan toe Kaapse burgers aan die einde van die agtiende eeu so ’n wag moes vorm om hulle teen straataanvalle ná donker te beskerm.

Oor die volgende weke sal die vergadering deur middel van die internet, sms, pamflette en plakkate geadverteer word. Onderhoude en artikels sal op http://www.praag.org geplaas word in aanloop tot die vergadering om perspektief te verskaf. Die Praagwebwerf word reeds vanaf begin Januarie deurlopend met intydse nuusartikels, rubrieke en kommentaar bygewerk.

Eerskomende naweek hou die Praag-bestuur tesame met afgevaardigdes van TLU-Veiligheid ’n bosberaad om die vergadering van 10 Maart en verwante aksies te beplan. Die doelwit is om ’n landwye netwerk van buurtwagte en plaaswagte te organiseer wat ’n omvattende burgerlike veiligheidsnetwerk sal uitmaak.

“Hoewel Praag nie afwysend staan teenoor die groot aantal petisies en briefveldtogte wat gevoer word om die ANC-bewind voor sy verantwoordelikhede te plaas nie, beskou ons enige vertoë aan Mbeki of Nqakula as ’n futiele oefening. Laasgenoemde  het immers gesê dat as ons nie tevrede is nie, behoort ons te emigreer. Ons enigste hoop op oorlewing is om beheer oor ons eie veiligheid te verkry,” het dr. Roodt bygevoeg.

сайт игрушекФильчаков прокурор отзывы

Tsjad: Meer chaos in die vooruitsig

Dis met verwondering dat ‘n mens lees dat Tsjad, net soos Soedan, nie ‘n demokrasie is nie en daarom ‘n rebelle-inval nodig het uit die geweldgeteisterde Soedan waar die soveelste volksmoord van die kontinent tans plaasvind. In dié trant skryf Desmond Tompson onlangs in Beeld dat daar by monde van ‘n kenner skynbaar "legitieme weerstand" teen die regering van Tsjad aan die opbou is.

Die verkiesing wat in dié land voorsien is en wat binne die volgende week of twee plaasvind, gaan deur die opposisie geboikot word. Dus stel die "legitieme" kritici van President Idriss Déby nie veel in demokratiese prosesse belang om die veelbeprese demokrasie na te streef nie.

Indien "legitieme weerstand" volgens Desmond Thompson se definisie militêre ondersteuning uit ‘n buurland insluit, is daar seker hoop vir Jacob Zuma want met die nodige samewerking vanuit Zimbabwe mag hy dalk net SA se volgende president word…

‘n Ooggetuie van die VN se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge, Ana Liria-Franch, beweer volgens ‘n berig van AFP dat die FUC-rebelle die vlugtelingkampe in Tsjad terroriseer om volgelinge onder dwang en deur afpersing te rekruteer. Die rebelle wil die ongewilde president – wat die grondwet van sy land verander het om aan te bly – met vlugtelinghulp en omkoopgeld verwilder.

Dit is onder sulke omstandighede te begrype dat die internasionaal erkende President Déby nie juis te vinde is vir kampe wat die rebellebeweging se getalle bly aanvul nie. Desmond Thompson suggereer nietemin dat Déby se anti-demokratiese ingesteldheid hom daartoe noop, asof hy self die vlugtelingkampe ter wille van sy eie ondergang ontgin.

Indien die Wêreldbank nie intussen Déby se fondse afgesny het nie, sou hy waarskynlik ook nie so ongewild geraak het nie. Van Déby se hoë weermagoffisiere het in ruil vir soldy na die opposisie oorgeloop.

Dié belangrike verwikkelinge word nie in Thompson se artikel genoem nie. Die "internasionale gemeenskap" waarna hy verwys sou kon baat by ‘n paar feite ipv nog ‘n dosis manipulasie.

Die Franse bevind hulself tans in ‘n uiters delikate posisie in Tsjad omdat hulle agv ‘n verdedigingsooreenkoms (wat uit die sewentigerjare dateer), asook geostrategiese redes die toestand probeer stabiliseer. Alhoewel dit nie dieselfde as die ooreenkoms tussen die Ivoorkus en Frankryk is wat voorsiening vir militêre beskerming en dus outomatiese ingryping maak nie, is militêre bystand nogtans deel van wat ‘n politieke besluit deur Tsjad mag vereis.

‘n Gebrek aan leierskap in Frankryk verhoed die regering egter om die situasie behoorlik aan enige van die aantal belanghebbendes of die buitewêreld te kommunikeer. Die nuwe gegewe op ons kontinent het in sekere Franse politieke kringe in gebreke gebly om as belangrike kwessie te figureer en Afrikapolitiek word steeds in ‘n waas van geheimhouding bedryf.

Behalwe die skaduagtige wyse waarop Afrika benader is, was dit ook merendeels die werk van een man, Jacques Foccart. Sy afsterwe het blykbaar ‘n groter leemte gelaat as wat vermoed kon word. (Lees meer omtrent sy sukses in die Afrikalande waar Frankryk hul invloed voorheen kon laat geld het.)

‘n Groot vraagteken hang opnuut oor die idee van ‘n eie vredesmag vir Afrika. Selfs Le Monde [Hoofartikel 17.04.2006] neem die Franse Mirage wat waarskuwingsskote op die aankomende rebelle geskiet het, kwalik. Die Franse sou tot onlangs nog die voorbeeld vir Europese betrokkenheid op die vasteland stel deur die vestiging van ‘n militêre mag vir die AU.

Die rebelle se naderende invalsposisies is tewens uur vir uur aan Tsjad se weermag gekommunikeer. Die amptelike standpunt van die EU is dat verdediging en vredesintervensies deur die AU oorgeneem en bestuur behoort te word. Kennelik steur die Epervier-sending hulle nie veel aan allerlei amptelike standpunte oor militêre betrokkenheid in Afrika nie of hulle besef dalk dat dié mooi woorde nie met die werklikheid tred kan hou nie.

Die rebelle-segsman in Parys, Laona Gong, het sy spyt uitgespreek dat Frankryk die dorpe Adré en Moudina in Tsjad, naby die Soedanese grens, uit die lug "aangeval" het en dat daar "’n aansienlike getal burgerlikes omgekom het". Op die vraag hoeveel ongeveer het Gong egter geantwoord dat hy geen idee het nie. Dit maak dit natuurlik effens moeilik om te verwag dat Frankryk binnekort tot enige sinvolle gesprek met Déby se teenstanders sal toetree.

Die teenwoordigheid van 1 350 Franse soldate, ses Mirage-vegvliegtuie en 3 helikopters wat probeer vrede handhaaf terwyl die druk toeneem is ‘n ondankbare taak. Sonder die Franse teenwoordigheid gaan die land waarskynlik in twee verdeel word soos onlangs in die Ivoorkus gebeur het, tussen Moslems in die noorde en Christene in die suide. Dié ou etniese verdelingslyne sal dan sorg dat die spanning vererger.

Die grootste bedreiging kom weliswaar uit Soedan. Die rekening vir die splinternuwe Toyota’s waarmee die rebelle hul intog gemaak het is deur daardie land vereffen. Net soos in SA is die vele kritici waarskynlik nie soseer begaan oor al die tierlantyntjies van ‘n grondwet, demokrasie of wet en orde as met wie die staatskas mag plunder nie.

Wat seker is, is dat meer wanorde nie aan die broeiende chaos van 50 000 dooies en 200 000 vlugtelinge gaan remedieer nie. Veral nie op die kontinent wat ons onlangs weer ‘n renaissance belowe het nie.

often shouldлобановский александр досье