BBP-soldaat dood in motorfietsongeluk

Blouligkonvooi
Blouligkonvooi

’n Lid van die weermag is in ’n motorfietsongeluk dood toe hy ’n BBP in Kempton Park in Gauteng vergesel het, het die Suid-Afrikaanse weermag gesê.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder, sê die soldaat het beheer oor sy motorfiets verloor terwyl hy die BBP vanaf OR Tambo- internasionale lughawe vergesel het.

“Die oorledene was ’n lid van die militêre polisie se begeleiding wat aangewys word om BBP’s vanaf die lughawe te vergesel. Hy was amptelik aan diens.”

Mabanga sê die soldaat se naam sal verskaf word nadat sy familie van sy dood in kennis gestel is.

Die woordvoerder wou nie die BBP se naam bekend maak nie. – Sapa

Ligte vliegtuig stort neer in Mpumalanga

er24Twee middeljarige mans is dood nadat ‘n ligte vliegtuig in Matibidi, Mpumalanga, neergestort het, het paramedici gesê.

“Die mans het reeds gesterf voor die helikopter van die provinsiale nooddienste op die toneel aangekom het,” het Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, gesê.

‘n Mediese helikopter in Nelspruit is na die toneel ontbied om te help, maar by hul aankoms is ontdek dat die twee mans reeds aan hul beserings omgekom het.

Die ligte vliegtuig het neergestort in ‘n gebied van modder en digte bosse naby Potholes in Matibidi. Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

Kol. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, het gesê die ongeluk word ondersoek. – Sapa

Polisievoertuig land op sy dak

sapd2Ses verdagtes in polisieaanhouding is beseer toe hulle na hulle hofverskyning na die Kagiso-polisiestasie onderweg was.

Ses verdagtes in polisieaanhouding en twee polisiebeamptes dié week beseer toe die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie gebots het en op sy dak beland het.

Dié ongeluk het omstreeks 3.30nm op die hoek van Hoofrif- en Paardekraalweg, Krugersdorp plaasgevind toe die polisiebeamptes na Kagiso Polisiestasie onderweg was nadat die verdagtes in die Krugersdorp Landdroshof verskyn het.

Brigadier Sipho Ngubane van die Kagiso Polisiestasie sê dat al die insittendes van die polisievoertuig vir behandeling na Leratong Hospitaal geneem is.

“Niemand het ernstige beserings opgedoen nie. Die passasiers is vir skok en geringe beserings soos krapmerke en kneusplekke behandel.”

Hy sê dit lyk nie of die passasiers van die bakkie waarteen die polisievoertuig gebots het, ernstig beseer is nie.

Dit wil voorkom of albei voertuie moontlik afgeskryf gaan word.

‘n Omstander op die toneel sê ‘n polisievoertuig en die nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die nooddienste se ambulans het baie naby die polisievoertuig gestop en die polisiebeamptes van die ander voertuig het bystand verleen om seker te maak dat die verdagtes nie ontsnap nie.”

Ngubane sê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. – looklocal.co.za

Vrou met MIV besmet

‘n Vrou van Bedfordview is met die MIV-virus besmet nadat ‘n nooddienswerker haar op die toneel van ‘n ongeluk behandel het, het die hof Woensdag beslis.

Die ongeluk, waarin die vrou kopbeserings opgedoen het, het in Augustus 2000 naby die Mooi Rivier-tolhek in KwaZulu-Natal plaasgevind. Drie doktors en twee spesialiste het bevestig dat sy min of meer in die tyd van die ongeluk met MIV besmet is.

Sy is in die Pietermaritzburg Mediclinic behandel.

Die nooddienswerker het glo die vrou behandel nadat hy ‘n voetganger, wat tydens die ongeluk dood is, behandel het. Regter Shimon Patel het beslis dat die nooddienswerker nie die nodige maatreëls toegepas het om te verseker dat die MIV-virus nie van een pasiënt na die ander versprei nie.

 

скважинные насосы pedrolloДанильченко Юрий отзывы