Menseregtedag sinloos – Afrikanerbond

Volgens die Afrikanerbond het Menseregtedag sinloos geword omdat die regte van minderhede misken word.

Volgens die AB se besturende direkteur, Jan Bosman, “het Suid-Afrikaners niks om op 21 Maart te vier nie aangesien menseregte steeds ná 14 jaar van demokrasie vertrap word.

Hy het gesê dat minderhede aan die ontvangkant van rassisme verkeer wat deur die staat en regering gepleeg word. Dis veral in die ekonomie, sport en die werkplek waar diskriminasie teen minderheidsgroepe plaasvind.

Regeringsbeleid oor rasseaangeleenthede “dra nie konstruktief by tot versoening nie en veroorsaak eerder verdere verdeeldheid in ʼn samelewing wat reeds diep verdeeld is,” het Bosman gesê.

игр для мальчиков машинкиАлександр Фильчаков Васильевич

Motlanthe na kabinet

Die ANC-leierskap het ‘n langverwagte skuif gemaak deur te versoek dat een van Jacob Zuma se vertrouelinge in die kabinet ingesluit word.

Daar word gespekuleer dat Kgalema Motlanthe die vise-presidentskap by Phumzile Mlambo-Ngcuka sal oorneem.

Sy is as President Thabo Mbeki se adjunk aangestel toe Zuma in 2005 afgedank is nadat hy in die wapenskandaal geïmpliseer is.

Motlanthe word voorts gesien as ‘n kompromiskandidaat vir die presidentskap indien Zuma aan korrupsie skuldig bevind sou word.

купить недорого пальтоДанильченко Юрий Брониславович

Ontsteltenis in Nederland oor Islamitiese fundamentaliste

Image

Geert Wilders

Die wanhoop styg in Nederland oor die verskeidenheid daaglikse konflikte wat aan Islam verwant is. Onophoudelike debatte volg. Op 5 Desember het die parlement die Moslemsluier in die polisie verbied, ná jare van beleid wat min of meer verdraagsaam was na gelang van die bepaalde stad. Die munisipaliteit van Amsterdam het op sy beurt geëis dat maatskaplike werkers, selfs Moslems, elke vrou op straat met die hand moet groet. Die besluit is na vele onderonsies geneem: Job Cohen, die arbeiderburgemeester van Amsterdam het aanvanklik gevind dat dit nie “onontbeerlik” is om alle hande te skud nie. Toe het verskeie arbeiderverteenwoordigers in die Slotervaartbuurt – waar baie immigrante woon – in die weste van die stad hulself begin beywer vir respek teenoor “die norme van die gasheerland”.

En dan is daar Geert Wilders, die leier van populistiese Regs wat die verslegtende toestand meesterlik uitbuit. Selfs al word al die rusies nie deur dié politikus veroorsaak nie, belowe hy reeds vier maande lank ʼn film teen die Koran. Dié aankondiging het ʼn storm ontketen wat die wond van die moord op die filmmaker Theo van Gogh weer laat oopgaan het. Hy is op 2 November 2004 keelaf gesny deur ʼn jong Nederlands-Marokkaanse Moslem, drie maande ná die verspreiding van sy film, “Onderwerping”, wat die toestand van vroue onder Islam gekritiseer het. Sedertdien word Moslems in Nederland gesien as ʼn afsonderlike groep van 850 000 mense (5% van die Nederlandse bevolking). Die teenwoordigheid van 20 000 tot 30 000 radikales, volgens die geheime diens, word deur Geert Wilders aangedui as ʼn bedreiging weens die “Islamisering van die Nederlandse samelewing”.

Die boerkini, die nuwe tipe baaikostuum wat die hele liggaam van vroue bedek, verskaf ʼn aanduiding van die toename in fundamentalisme. Om die reaksie van die publiek te toets, het die TV-kanaal Netwerk ʼn joernalist uitgestuur om die waters van die land se swembaddens in ʼn boerkini te toets. Die ergste reaksie was van ʼn Moslem wat uitgevaar het teen “die toenemende invloed van ortodokse Islam in Nederland”. In totaal en tot op hede het ses munisipale swembaddens die Moslembaaikostuum verbied.

Die koninkryk van Nederland is duidelik vasgevang in ʼn dubbele konflik tussen godsdiensvryheid en meningsvryheid, enersyds, asook integrasie en verdraagsaamheid andersyds. In September het ʼn regeringsagentskap ʼn beroep op Nederlanders gedoen om “hulle by Islam aan te pas”. Die argument van die agentskap was die volgende: “Verdraagsaamheid is te min.” Die Islamkenner Hans Janssen van die universiteit van Utrecht meen inteendeel dat “Nederland te veel toegee aan die dreigemente wat deur die fundamentaliste rondgeslinger word”. Hy is gekant daarteen dat die regering aan Geert Wilders gevra het om nie sy film te vertoon nie, uit vrees vir weerwraak van Moslems. In ʼn ander toon, het die bank Fortis sy spaarbussie in die vorm van ʼn varkie wat aan elke kind uitgedeel is wat ʼn rekening open deur ʼn ensiklopedie vervang.

Op sy beurt het die Nederlandse Mediese Vereniging (KNMG) in Februarie besluit dat elke pasiënt voortaan mag vra of hy ʼn mans- of vrouedokter wil hê, maar besluit om nie rekening te hou met die godsdiens van die praktisyns nie. Dit was ʼn manier om te ontkom aan die debat teenoor die toenemende eise van Moslems wat die gesondheidstelsel betref. Uiteindelik, na drie jaar van oponthoud, is ʼn boupermit te Amsterdam uitgereik om ʼn groot moskee op te rig wat die hoogste gebou in die stad sal wees.

Ronald Plasterk, die minister van kultuur, onderwys en emansipasie, het gepoog om die atmosfeer te besweer deur aan die Moslems te vra om hul van die Koran “te distansieer. Indien mens alles letterlik sou opneem, is daar genoeg om jou mal te maak, vanuit ʼn moderne gesigspunt,” het hy verklaar. Sooreh Hera, ʼn kunstenares van Iranese oorsprong, het die minister terstond daarvan beskuldig dat hy “vryheid van spraak onderdruk”. Sy kritiseer hom weens sy gebrek aan steun nadat die munisipale museum van Den Haag geweier het om omstrede foto’s uit te stal. Dié beelde het homoseksuele Iranese paar getoon wat maskers dra in die vorm van die profeet Mohammed en sy skoonseun Ali. In Parys gaan die Pompidou-sentrum dit uitstal, maar in Nederland was niemand daartoe bereid nie. ʼn Enkele museum in Gouda het ʼn tentoonstelling belowe. Die direkteur daarvan het egter van mening verander, maar ontken dat hy onder druk geswig het.

wanted dead orОлександр Фільчаков прокурор

Naptosa steun aksie teen skolegeweld

Die onderwysorganisasie Naptosa ondersteun die pleidooi van die Mensregtekommissie dat die  geweld onder leerlinge wat al hoe erger word, aangespreek moet  word.

Die Kommissie het ‘n beroep op onderwysers, ouers, gemeenskapslede en die onderwysdepartement gedoen om die probleem te hanteer. Volgens ‘n verslag van die MRK verlaat onderwysers die beroep omdat leerlinge hulle sielkundig en fisies misbruik.

Naptosa president Dave Balt sê 5 000 onderwysers tree jaarliks tot die beroep toe , maar hulle verloor tussen 20- en 35 000.

Hy sê leerlinge wat ontwrig en nie bereid is om te leer nie,  beïnvloed almal negatief. 

Balt sê die klem moet nou gelê word op dié leerlinge wat bereid is om te leer.

купить футболку с длинным рукавом для девочкиДанильченко Юрий прокурор

Ferraro beskuldig van ‘rassisme’

Image

Geraldine Ferraro

Die veteraanpolitikus en Clinton-ondersteuner, Geraldine Ferraro, is so pas onthef van haar ereposisie in Hillary Rodham Clinton se presidentsveldtog as gevolg van beskuldigings van rassisme. Ferraro het onlangs tydens ʼn onderhoud gesê dat Barack Obama nie in die kragmeting om die presidentskap sou geslaag het indien hy nie swart was nie.

Onmiddellik na haar uitspraak is Ferraro deur die Obamakamp aangeval. Obama het gesê dat Ferraro se kommentaar “belaglik” is, en sy veldtogbeamptes het geëis dat Clinton haar bewerings verwerp.

Ferraro het agterna vir Clinton per brief laat weet dat sy nie langer op haar finansiële komitee as “Erevoorsitster van New York-leierskap” sal dien nie. Sy het geskryf dat die Obamaspan “my aanval om u seer te maak”.

Obama het by ʼn Chicago-nuuskonferensie gesê dat Ferraro se uitspraak “laakbaar is. Die gedagte dat dit vir my ʼn groot voordeel is om ʼn Afro-Amerikaner genaamd Barack Obama te wees en die presidentskap na te jaag is, na my mening, nie ʼn siening wat deur die breë publiek onderskryf word nie.”

In haar brief aan Clinton, waaroor CNN eerste berig het, sê Ferraro: “Beste Hillary, ek bedank vanuit u finansiële komitee sodat ek vir myself kan praat en u kan aanhou om vir uself te praat oor dit wat tydens dié veldtog saak maak. Die Obama-span is besig om my aan te val om u seer te maak. Ek sal dit nie toelaat nie. Dankie vir alles wat u gedoen het en aanhou doen om hierdie ʼn beter wêreld te maak vir my kinders en kleinkinders. U geniet my diepe bewondering en agting, Gerry.”

Clinton se woordvoerder, Howard Wolfson, het gesê dat Ferraro haar pos op eie inisiatief ontruim het.

Die woordewisseling tussen twee Demokratiese leiers – Obama, wat poog om die eerste swart president van Amerika te word, asook Ferraro, wat in 1984 die eerste vroulike visepresidentskandidaat vir ʼn hoofstroomparty was – het vir die tweede dag aangehou soos wat hulle op oggendnuusprogramme van TV-netwerke en kabeltelevisiekanale verskyn het.

Die omstredenheid het begin to die nasionale media kennis geneem het van opmerkings wat Ferraro verlede week teen die Daily Breeze-koerant in Torrance, Kalifornië, gemaak het: “Indien Obama ʼn blanke man was, sou hy nie in dié posisie gewees het nie. En as hy ʼn vrou was (van enige kleur) sou hy nie in dié posisie gewees het nie. Hy is bloot baie gelukkig om te wees wie hy is. En die hele land is vasgevang in die idee.”

Ferraro het gesê dat sy staan by haar bewering dat Obama se sukses in die Demokratiese veldtog “gedeeltelik” aan sy ras te wyte is.

Obama het egter gesê dat indien iemand in sy span sou suggereer dat Hillary Clinton “is waar sy is slegs omdat sy ʼn vrou is” sou hy aanstoot neem.

Clinton het gesê dat sy verskil van Ferraro se opmerkings. In ʼn onderhoud met Associated Press het sy gesê: “Dis jammer dat enige van ons ondersteuners – aan albei kante, omdat ons al twee hierdie ervaring het – dinge sê wat na die persoonlike oorhel.”

Ferraro is die jongste in ʼn reeks surrogaatkandidate wie se kommentaar albei presidensiële veldtogte onstel het. Verlede week het Obama se raadgewer Samantha Power bedank nadat sy Clinton as ʼn “monster” getipeer het.

Ferraro, wat Walter Mondale se visepresidentskandidaat was, het Woensdag gesê dat haar opmerkings nie rassisties was nie en buite konteks aangehaal is.

“Ek het gepraat oor die historiese kandidature en ek het begin deur te sê dat indien mens teruggaan na 1984 en na my historiese kandidatuur waarna ek voorheen verwys het, indien my naam in 1984 Gerard Ferraro was pleks van Geraldine Ferraro, sou ek nooit as visepresidentskandidaat gekies gewees het nie,” het Ferraro op ABC se “Good Morning America” gesê. “Dit het niks met my kwalifikasie te doen gehad nie.”

Ferraro het gesê dat sy ʼn veertigjaarlange geskiedenis van opposisie teen diskriminasie van allerlei tipes het, ras inkluis, en dat sy woedend was oor die aanmerkings van David Axelrod, Obama se hoofmediastrateeg, want hy ken haar  en haar rekord.

“David Axelrod, sy veldtogbestuurder, het verkies om dit as ʼn rassistiese uitspraak in te klee want telkens as enigiemand wat blank is kommentaar oor ras lewer – hy het dit met Bill Clinton gedoen en daarin geslaag; hy het dit met Ed Rendell (goewerneur van Pensilwanië en ʼn Clinton-ondersteuner) gedoen en minder geslaag; en hy gaan beslis nie slaag teen my nie,” het Ferraro aan CBS se “Early Show” gesê. “Hy moes my gebel het… Hy weet ek is geen rassis nie.”мультик про роботов трансформеровДанильченко Юрий прокурор

Andr? Nel slagoffer van rassekwotas

Die Proteas se steunpilaar, André Nel, kan die jongste krieketster word om sy rug op Suid-Afrika te keer nadat hy ‘n slagoffer van rassekwotas geword het.

Spanbestuurder Logan Naidoo het erken dat transformasieteikens Nel uit die groep om na Indië te toer, gedwing het.

Spankaptein Graeme Smith het gesê hy het dit op homself geneem om Nel van die besluit te verwittig.

Hy sê die bonkige snelbouler het woedend gereageer maar het tog besluit om in gister se eendagwedstryd teen Bangladesj te speel.

Hy het vier paaltjies vir nege-en-twintig lopies geneem en is as die man van die wedstryd aangewys.

Hy het nie die nawedstrydse prysuitdeling bygewoon nie en was ook nie by die perskonferensie daarna nie.

online pokerлобановский харьков

BHP Billiton verloor aliminiumproduksie

Die mynreus BHP Billiton verwag om meer as ‘n honderd-en-twintigduisend ton aluminiumproduksie te verloor nadat die maatskappy besluit het om drie smelters in Suid-Afrika en Mosambiek net teen halwe kapasiteit te benut om elektrisiteit te spaar.

Die maatskappy sê die besluit is geneem om Suid-Afrika te help om van die kragkrisis te herstel.

Die mynmaatskappy sal hierdie jaar twee-en-negentigduisend ton minder in sy Bayside-smelter produseer as wat beplan is.

Suid-Afrika is die wêreld se voorste leweransier van aluminium as gevolg van die goedkoopste elektrisiteit ter wêreld wat hier beskikbaar is. Bauxiet word grotendeels vanaf Australië ingevoer.

uslugi-poligrafФильчаков прокурор харькова

Eskom-ANC-transaksie ondersoek

Beweringe dat Eskom ‘n kontrak met ‘n beleggingsfirma met bande met die ANC goedgekeur het, word deur die Openbare Beskermer Lawrence Muhswana ondersoek.

Nuusberigte het Chancellor House Holdings verlede maand met die Eskom-kontrak verbind. Mushwana se kantoor sê hulle het kennis geneem van die berigte en het met ‘n ondersoek begin.

Die kantoor het ontken dat dit gevolg het op dreigemente van die DA-leier Helen Zille om ‘n formele klag te lê.

купить детские трекиФільчаков прокурор

Zuma gebraai deur Joodse gemeenskap

Van “oningespireerd” tot “plat op die aarde” en “vol selfvertroue” was van die wisselende menings wat deur lede van die Joodse gemeenskap oor Jacob Zuma uitgespreek is.

Zuma is genooi om by ʼn forum oor Suid-Afrika se toekoms te praat wat deur hoofrabbi Warren Goldstein aangebied is. Dit het by Investecbank in Sandton plaasgevind.

In sy toespraak het Zuma gepoog om “paniek” oor die ANC-leierskap te besweer deur te sê dat die nuutverkose leiers van die regerende party “ervare kaders” is wat glad nie nuut is nie.

Toe hy gevra is oor die misdaadrekords van lede van die nasionale uitvoerende komitee, waaronder Tony Yengeni en Winnie Madikezela-Mandela, het Zuma gesê hy kon nie daaroor oordeel nie en het dit na die ANC verwys.

Een lid van die gehoor het gevoel dit was een van vele gevalle waar Zuma agter sy party geskuil het.

Die vrou wat graag anoniem wou bly, het gevoel dat Zuma “praatjies gemaak het”.

“Nee wat, ek is nie beïndruk nie. Hy praatjies gemaak, maar wat het hy werklik gesê? Niks spesifieks nie. Dit was teleurstellend. Hy het agter die ANC weggekruip,” het sy gesê.

Nog ʼn vrou, wat ook anonimiteit versoek het, het gesê dat sy positief aan die einde van apartheid was, maar sedertdien ontnugter is.

“Ek dink Zuma was baie oninspirerend en vervelig. Ek vertrou hom nie want hy is vol korrupsie,” het sy gesê.

“Die ANC het getoon dat dit nie met blanke Suid-Afrikaners wil saamwerk nie. Hulle het hoogs opgeleide en uitstekende Suid-Afrikaners uitgesluit.”

Zuma is gebraai oor ʼn verskeidenheid kwessies vanaf misdaad tot Suid-Afrika se hantering van die die Zimbabwekrisis.

Hy het toegegee dat misdaad in Suid-Afrika ʼn probleem bly en het meer “radikale wette” voorgestel om dit aan te spreek.

Anne Klein, ʼn lid van die groot gehoor – sommiges was gretig, ander versigtig, mar almal het fyn geluister na die man wat moontlik “Suid-Afrika se volgende president mag word – het gesê dat sy meesal deur Zuma beïndruk is.

“Hy lyk baie intelligent en hy weet waarvan hy praat.”

Nog ʼn man wat die forum bygewoon het en homself as rabbi Klein geïdentifiseer het, het gesê dat die bui in die Joodse gemeenskap “terneergedruk” was met die kragkrisis en die onlangse moord op ʼn Joodse vrou in Balfourpark.

Maar hy het gevoel dat Zuma se toespraak mense “opgebeur” het en hulle meer optimisties gestem het.

Hy meen dat vele Jode Suid-Afrika verlaat, hoofsaaklik weens misdaad.

Toe hy gevra is oor toenemende emigrasie, het Zuma geantwoord: “Ons (Suid-Afrikaners) het getoon dat ons in staat is om probleme op te los.”

Hy het gesê dat kwessies wat veroorsaak dat mense die land verlaat, aangespreek behoort te word en mee gehandel behoort te word.

Regstellende aksie was ʼn ander saak wat meer betrokkenheid en bespreking nodig het, het hy gesê.

Op ʼn vraag hoe lank dit afgedwing gaan word, het Zuma gesê hy dink dat daar nog nie genoeg tyd was om die saak te “hanteer” nie.

Hy het gesê dat “sekere mense” eeue lank ontmagtig is.

“Hoe lank het ontmagtiging geduur… ek weet nie. Hoe lank sal bemagtiging neem… ek weet nie.”

Hy het gesê die kwessie was hoe om die saak te hanteer op ʼn manier wat nie die persepsie skep dat ander deur regstellende aksie ontmagtig word nie.

Nog ʼn luisteraar, Cecil Kramer, was nie beïndruk deur Zuma se toespraak nie maar het die antwoorde op soms ongemaklike vrae verwelkom.

“Sy toespraak was swak. Ooglopend het hy dit nie self geskryf nie en waarskynlik het hy dit vir die eerste keer gesien.

“Maar sy antwoorde op vrae was goed. Ek dink hy was nogal uitgeslape. Nie wonderlik nie, maar dit was nie sleg nie. En die hoofrabbi was uitstekend,” het hy gesê.

Goldstein het ʼn beroep op Zuma gedoen om “ʼn regering van medelye” te lei, sou hy tydens die algemene verkiesing in 2009 tot president verkies word.

ʼn Regering van medelye, het hy gesê, sou die “gewig en verantwoordelikheid” daarvan om die lewens van 45 miljoen Suid-Afrikaners in hul hande te hou, besef.

сколько носят брекетыпрокурор Фильчаков

Mugabe vat nou myne en maatskappye ook

Zimbabwe se myne en maatskappye wat deur buitelanders besit word, staar nou dieselfde lot in die gesig as wat blanke plase in 2000 getref het.

Die land se president, Robert Mugabe, het die groen lig gegee vir banke, maatskappye en myne waarvan die beherende aandeel in buitelanders se hande is, om deur plaaslike inwoners oorgeneem te word. Hy het die wetsontwerp oor die naweek bekragtig.

Dit word wyd gesien as die finale nekslag vir die Zimbabwiese ekonomie.

Mugabe se vervreemding van blanke plase in 2000 het gelei tot ‘n ekonomiese ineenstorting, voedselskaarstes en ‘n inflasiekoers van hoër as eenhonderdduisend persent.

детская палатка с тоннелемОлександр Фільчаков прокурор

Zuma simpatiek teenoor boere

Die ANC President, Jacob Zuma, sê die party se deure staan oop vir alle Suid-Afrikaanse boere.

Zuma het op SA Graan se kongres in Bothaville in die Vrystaat gesê dit maak nie saak watter probleme boere het nie.

Hy wil hê die verhouding tussen die ANC en SA boere Sa moet verstewig.

Zuma sê as daar nie inter-aksie tussen die partye is nie kan dit tot langdurige spanning lei.
Die belangrikste boodskap wat hy vir die boere het, is dat Suid-Afrika hulle nodig het.

купить детскую кухнюлобановский депутат

Israel val weer Gaza aan

Israeli-magte sit hulle veldtog teen sogenaamde militêre teikens in die Gaza-strook voort.

Meer as 130 mense is reeds dood sedert die aanvang van die Israeli’s se offensief as teenvoeter vir vuurpylaanvalle.

Die miltere offensief het daartoe gelei dat die Palestynse regering hom aan die vredesonderhandelings onttrek het.

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Condoleeza Rice, is in die Midde-Ooste maar sy sukkel om die samesprekings weer op koers te kry.

набор посудаДанильченко Юрий отзывы

Reitz-koshuis vra verskoning

Die Reitz Kamerwonings op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat het ’n onvoorwaardelike apologie uitgereik aan alle studente en ander koshuise op die kampus.

Al die inwoners van die koshuis en die huiskomitee het besluit om apologie aan te teken nadat hulle saam weer na die video gekyk het.

Die apologie aan alle koshuise en alle ander studente is bekendgemaak met die verspreiding van strooibiljette met die apologie daarop.

casino noФильчаков прокурор харькова

Geen Eskom

ImageAlle nuwe bouprojekte landwyd groter as ’n privaat woonhuis sal vir tussen vier en ses maande deur ESKOM geblokkeer word.

Nuwe projekte soos trosbehuisingkomplekse, vulstasies, fabrieke en alle ander konstruksieprojekte wat elektrisiteit van ESKOM vereis sal geblokkeer word.

Nuwe konstruksieprojekte benodig ’n elektrisiteitsertifikaat voordat konstruksie kan begin en ESKOM gaan voorlopig geen sulke sertifikate uitreik nie.

тамбов автохимияЛобановский