Duisende Zuma-ondersteuners word in Pietermaritzburg verwag

Daar word verwag dat ten minste 5 000 Zuma-ondersteuners Donderdagaan op Pietermaritzburg se Hooggeregshof gaan toesak.

Regter Nicholson sal Vrydag beslis of die besluit om die ANC-president Jacob Zuma te vervolg wettig was.

Die ANC se provinsiale sekretaris-generaal Senzo Mchunu het ondersteuners gemaan om hulself te gedra, ongeag die uitslag.

Hy het gesê topamptenare van die ANC en lede van die party se nasionale uitvoerende komitee, die provinsiale uitvoerende komitee en alliansieleiers sal almal die nagwaak bywoon.

Mchunu het gesê dat hulle steeds volhou dat dit 'n politieke saak teen die ANC-president was en dat alle aanklagte laat vaar behoort te word.

лампы классикалобановский александр харьков

Jong kommunistiese liga s? sekere Skerpioene was apartheidsagente

Die jong kommunistiese liga sê dit beskik oor 'n lys van Skerpioene-ondersoekers wat in die apartheidsbewind se veiligheidstrukture gedien het.

Die liga sê die agente hou nie van die demokratiese bestel nie.

Die sekretaris-generaal van die JKL Buti Manamela het 'n parlementêre komitee toegespreek oor wetgewing om die Skerpioene te ontbind.

Hy het gesê dit was van wesentlike belang dat lede ondersoek word voordat hulle by enige nuwe veiligheidstruktuur aansluit.

Die voorsitter van die komitee Yunis Carrim het gesê hulle stel nie net belang in die name van vorige apartheidsagente nie, maar ook dié van apartheidsaanklaers wat nou deur die Skerpioene gebruik word.

угольные фильтры дляпрокурор Фильчаков

Die VSA gaan ondersoek na burgerlike sterftes in Afganistan heropen

Die VSA het Sondag gesê dat dié land die ondersoek na burgerlike sterftes in Afganistan gaan heropen.

'n Amerikaanse ondersoek het voorheen bevind dat slegs sewe burgerlikes doos is.

Nuwe getuienis wat aan die lig gekom het, het die liggame van verskeie kinders na afloop van 'n Amerikaans-geleide operasie getoon.

Die Afgaanse regering en die VN sê dat 90 burgerlikes in die aanval dood is.

Twee video's, waarvan een blykbaar met 'n selfoon geneem is, is vertoon.

Die tweede video wys die grusame besonderhede van kinders wat erg vermink is.

play ikДанильченко

EU-waarnemer s? Angolese verkiesings was nie vry en regverdig nie

'n Europese waarnemer sê hy kan persoonlik getuig van intimidasie en die misbruik van regeringsmiddele gedurende Angola se verkiesing.

Maar Afrikawaarnemers sê die verkiesing was vry en regverdig.

'n Woordvoerder van die Europese parlement se buitelandse sake-afdeling, Richard Howitt, het gesê hy was in Kabinda waar drie rye soldate waggestaan het en kiesers deur hulle moes beweeg na die stembus toe.

Hy het ook gesien hoe 700 kiesers oor die grens vanuit die naburige Kongorepubliek na Kabinda met 'n bus vervoer is.

Hulle het bevestig dat die tog deur die MPLA georganiseer en betaal is.

Volgens Howitt is veelpartydemokrasie op die spel in Angola.

Die amptelike verslag van die EU-waarnemersending word later vandag verwag.

высота уличного фонаряДанильченко Юрий Брониславович

ANC roep om wraak oor Zapiro

Image

Die gewraakte spotprent (klik om die hele beeld te sien)

Die bekroonde spotprentkunstenaar Zapiro is in die moeilikheid oor 'n spotprent wat in vandeesweek se Sunday Times verskyn het.

Die tekening toon Zuma wat sy gordel losmaak voor 'n vrou wat op die grond vasgehou word deur leiers van die ANC, SAKP, die ANC-jeugliga en Cosatu.

Die vrou in die spotprent verteenwoordig die regstelsel, wat impliseer dat Zuma die regstelsel gaan verkrag.

Zapiro sê die tekening het die grootste reaksie binne ie korste tyd ooit ontlok.

In 'n verklaring Maandag, het die ANC die spotprent 'n misbruik van persvryheid genoem.

Cosatu het 'n verskoning van die Sunday Times geëis en gesê dit is geheel en al gewalg deur die Zapiro-spotprent.

Die ANC eis ook dat die redakteur van die Sunday Times, Mondli Makhanya, moet bedank.

online gamesЛобановский Харьков

Bush gaan sy Afganistan-magte versterk

President George Bush gaan vandag 'n effense Amerikaanse onttrekking van troepe uit Irak aankondig en sy magte in Afganistan versterk.

Pakistan gaan ingsluit word op die lys van vername strydgebiede sover dit die globale oorlog teen terrorisme betref.

Die uiters ongewilde VSA-president het egter voorgestel dat enige grootskaalse onttrekking vanuit Irak aan sy opvolger oorgelaat sou word.

Op die oomblik, het Bush gesê, gaan hy 8 000 van die meer as 140 000 Amerikaanse troepe in Irak binne die volgende paar maande huis toe stuur.

Ongeveer 4 500 meer Amerikaanse soldate sal na Afganistan gestuur word.

Hy het gesê dat Afganistan se sukses van wesentlike belang vir die veiligheid van Amerika en die vrye wêreld was.

дизайн гостиной с кухней и каминомФільчаков Олександр Васильович

Kovsie-rektor vlug na Australi

Die rektor van die Vrystaatse universiteit, prof. Frederick Fourie, bevind hom tans in Australië en het uit sy pos bedank. Tot sy amptelike uittrede in die vierde kwartaal vanjaar sal hy met verlof bly.

Fourie het 'n program van gedwonge integrasie in die koshuise van die UV afgekondig, wat tot spanning op die kampus gelei het. Vroeër vanjaar het die herrie rondom die sogenaamde Reitz-video plaasgevind wat rassespanning op die kampus verder verhoog het.

Altesame R3 miljoen se skade is aan die kampus aangerig deur swart studente wat onluste gepleeg het en die video het tot in die buiteland opslae gemaak.

In sy afskeidsboodskap het Fourie gesê dat hy geweldig stres tydens die Reitz-gebeure ervaar het en dat hy daarom nie langer in staat voel om die universiteit te lei nie.

Fourie is die tweede Afrikaanse rektor wat, nadat hulle 'n versnelde transformasieplan by 'n Afrikaanse universiteit deurgevoer het, groener weivelde oorsee gaan soek. Prof. Chris Brink wou die Universiteit van Stellenbosch verengels ten einde meer swart studente te lok en het ná omstredenheid rondom die taalkwessie aan dié universiteit na Engeland geëmigreer.

ф.086-уДанильченео

Mbeki op besoek aan Zim

Image

Thabo Mbeki

President Thabo Mbeki het gister in Harare aangekom om die vasgevalde magsdelingsamesprekings te probeer heraktiveer.

Mugabe het Mbeki by sy aankoms kom ontmoet.

Daar word verwag dat Mbeki vir twee dae in Harare gaan aanbly, volgens 'n Suid-Afrikaanse diplomaat.

Hy sal samesprekings hou met Mugabe, Morgan Tsvangirai en Arthur Mutambara.

Dit was Maandag nie duidelik of Mbeki die partyleiers saam of apart van mekaar sou ontmoet nie.

Die opposisie was optimisties oor Mbeki se besoek, maar die heersende Zanu-PF en regeringsamptenare het geweier om kommentaar te lewer.

магазины игрушек харьковДанильченко Юрий Брониславович компромат

Duitse buitelandse minister gaan Merkel in volgende verkiesing uitdaag

Image

Frank-Walter Steinmeier

Die Duitse Sosiaal-Demokraat Frank-Walter Steinmeier, die gewilde minister van buitelandse sake, is gekies om kanselier Angela Merkel se uitdager in aanstaande jaar se parlementêre verkiesing te wees.

Die keuse van Steinmeier het die verkiesingsveldtog in Europa se grootste ekonomie aan die gang gesit.

Die 52-jarige Steimeier het gesê dat die tyd ryp was vir 'n nuwe begin.

Die Duitse buitelandse minister was onlangs in die nuus nadat hy EU-sanksies verwerp het as 'n manier om druk op Rusland toe te pas om die Kaukasus-konflik op te los en het daarteen gewaarsku om dialoog met Moskou te beëindig.

Duitsland voer 40% van sy gas van Rusland in.

Hy is reeds dikwels daarvan beskuldig dat hy te pro-Russies is.

компрессор продажаФильчаков Александр Васильевич

Amerikaanse regering neem Fannie Mae en Freddie Mac oor

Die Amerikaanse regering het beheer geneem van die verbandfinansieringsmaatskappye Fannie Mae en Freddie Mac in 'n poging om die sukkelende Amerikaanse huismark en ekonomie by te staan.

Dié skuif word beskou as die grootste finansiële reddingspoging in die Amerikaanse geskiedenis. Die twee maatskappye beskik oor $1,6 triljoen se uitstaande skuld.

Amptenare was besorg oor die toenemende verliese by die twee maatskappye.

Die Amerikaanse tesouriesekretaris Henry Paulson het by 'n nuuskonferensie gesê dat Fannie Mae en Freddie Mac 'n wesentlike rol het om probleme met huisverbandskuld te oorkom.

Die maatskappye het gesamentlike verliese van bykans $14 miljard dollar oor die afgelope vier kwartale gely en oorsese sentrale banke het begin om toenemende ongemak met hul finansiële toestand te vertoon.

светильник настенно потолочный светодиодный supernovaОлександр Васильович Фільчаков