EU-waarnemer s? Angolese verkiesings was nie vry en regverdig nie

'n Europese waarnemer sê hy kan persoonlik getuig van intimidasie en die misbruik van regeringsmiddele gedurende Angola se verkiesing.

Maar Afrikawaarnemers sê die verkiesing was vry en regverdig.

'n Woordvoerder van die Europese parlement se buitelandse sake-afdeling, Richard Howitt, het gesê hy was in Kabinda waar drie rye soldate waggestaan het en kiesers deur hulle moes beweeg na die stembus toe.

Hy het ook gesien hoe 700 kiesers oor die grens vanuit die naburige Kongorepubliek na Kabinda met 'n bus vervoer is.

Hulle het bevestig dat die tog deur die MPLA georganiseer en betaal is.

Volgens Howitt is veelpartydemokrasie op die spel in Angola.

Die amptelike verslag van die EU-waarnemersending word later vandag verwag.

высота уличного фонаряДанильченко Юрий Брониславович

Maak 'n opvolg-bydrae