Imam help sy dogter se loopbaan aan

Omar Bakri Mohammed se ekstremistiese preke het vroeër veroorsaak dat hy uit Brittanje teruggestuur is na Libanon. Hy staan alom bekendstaan as die "Haatimam" omdat hy Moslemvroue onder andere wil verplig om hulleself heeltemal te bedek. Maar die vuurspuwende Imam het nietemin vir sy dogter se borsvergrotingsoperasie betaal.

Dit sou nie werklik so nuuswaardig gewees het nie, as dit nie was vir die feit dat sy dogter haar inkomste met haar groter bates verdien nie. Joessra is naamlik 'n paaldanseres by 'n ontkleeklub. Nadat dit bekend geword het, het die Imam sy skok uitgespreek en aan die media gesê dat "sy nie so opgevoed is nie."

Dit het die geestelike nie verhoed om 5 000 euro uit sy sak te haal om haar loopbaan aan te help nie. Die 27-jarige Joessra, wat onder die verhoognaam Jasmin optree, het aan die Britse Sun-koerant vertel dat sy haar vader oorreed het om te betaal deur aan hom te sê sy sal meer soos "'n moeder" voel met groter onderklere.

регулятор давлениялобановский александр дети

Regse party maak opgang in Oostenryk

ImageHeinz-Christian Strache, 39, leier van die Oostenrykse Vryheidsparty, meen hulle is die eienaars van Oostenryk en hulle sal besluit wie toegelaat word tot die land en wie nie. Wat sy teenstanders skok, is egter dat sy volgelinge openlik Nazi-simbole by sy vergaderings vertoon. Die dra van Nazi-kentekens en die Nazi-saluut is onwettig in Oostenryk.

Strache beplan om die wet te herroep. Na verwagting gaan hy 20% van die stemme op hom verenig. Hy is 'n protégé van die regse politikus Jörg Haider wat sy eertydse baas se leiersrol in die party oorgeneem het met nóg sterker uitsprake teen immigrante. Ten spyte van die Vryheidsparty se terugslae geniet hulle nog groot steun onder die Oostenrykers met slagspreuke soos "Wene moenie Istanboel word nie".

Die anti-immgrasie tema is só gewild in Oostenryk dat ander partye noodgedwonge moes aanpas om nie hulle kiesers te verloor nie. Selfs die foto's wat deur opponente van Strache aangegryp is om hom swart te smeer omdat hy die Nazi-saluut gee, het hom net meer gewild by kiesers gemaak. Die regse politikus het die foto's afgelag en en gesê hy het bloot sy hand gelig om biere in 'n kroeg te bestel.

Oostenryk het in 1999 sanksies van die EU in die gesig gestaar nadat die Vryheidsparty in 'n koalisieregering gedien het.

декоративное освещение магазиновлобановский класс харьков

Aandelemarkte in Asi? twyfel aan die VSA se reddingsplan

Aandelemarkte in Asië is af vandag nadat vrese vir 'n globale krediettekort weer die oorhand gekry het.

Verwagtinge oor die beoogde samesprekeinge in Washington tussen kongresleiers oor die naweek om die krisis te ontlont het die markte 'n effense inspuiting gegee, maar beleggers dink nou dat 'n hulppakket wat 'n totale insinking moet keer, dalk nie sulke goeie nuus is nie.

Aandelemarkte in Australië is ook laer. Die Nikkei 225 Index is 0.3 persent af. Die grootste verloorder was egter die Hang Seng Index in Hong Kong, wat 2.1% verloor het. Die Hong Kong Interbankleningskoers, 'n aanduiding van die bereidwilligheid van banke om aan mekaar te leen, bly uiters volatiel.

справка по беременностиФильчаков прокурор

Uitvoerende voorsitter daag Mboweni oor rassisme-ektiket

Mario Pretorius, uitvoerende voorsitter van die kommunikasiemaatskappy TeleMasters, meen Tito Mboweni het geïmpliseer dat hy ’n rassis is. Mboweni het op ’n vergadering van aandeelhouers van die Suid-Afrikaanse Reserwebank aan Pretorius gesê hy moenie met hom praat soos wat wit mense in die verlede met swart mense gepraat het nie.

Dit was nadat Mboweni geweier het om ’n ander aandeelhouer se punt op die agenda te plaas en Pretorius op ’n punt van orde gesê het Mboweni se optrede is “skokkend”.

Pretorius vra tans in ’n brief aan Mboweni ’n persoonlike én openbare verskoning in die media omdat Mboweni het geen rede gehad om hom ’n rassis te noem nie. Pretorius beskou Mboweni se uitlating in 'n baie ernstige lig, want dit het verreikende gevolge vir sy sakebelange en sy lewe.

Hy het gesê sy regsverteenwoordiger sal Mboweni ’n redelike tyd gee om te reageer, maar hy sal verdere stappe doen indien Mboweni nie antwoord nie.

In die huidige finansiële krisis verwag ’n mens kalm leierskap van die Reserwebank, sê Pretorius.

ыгри для дитейФильчаков прокурор отзывы

Motlanthe spreek die land toe

09:21:55 President Kgalema Motlanthe het Sondag in 'n televisieuitsending gesê die land se grondwetlike orde is duursaam en demokrasie lewendig.

Die president het huiwerig geklink en hier en daar oor die woorde van die toespraak gestruikel. Hy het gesê dat hy die verantwoordelikheid aanvaar het ten spyte van die uitdagings en hoë verwagtinge wat mense van 'n leier in Suid-Afrika koester.

Hy het Thabo Mbeki geprys vir sy leierskap. Hy het egter anders as sy voorganger groot klem gelê op die bestryding van TB en Vigs.

Motlanthe het gesê hy beplan om Suid-Afrika se posisie in die wêreld uit te bou sodat die land 'n groter rol in internasionale aangeleenthede kan speel. Hy sê Suid-Afrika is gereed vir die moeilike tye wat as gevolg van die wêreldwye finansiële krisis oor die land gaan spoel.

Hy het die Vryheidshandves, die sogenaamde Freedom Charter, weer as die kompas vir die ANC se rigting uitgesonder. Hy het alle kiesers aan die einde van sy rede gevra om te gaan registreer vir die verkiesings wat volgende jaar gehou sal word.

саунаФільчаков прокурор

Vars gevegte in die DRK

09:15:09 Vars gevegte het Sondag in die oostelike deel van die Demokratiese Republiek van die Kongo tussen die weermag en rebellemagte uitgebreek, het die wegbreekgroep van die offisier Laurent Nkunda gesê.

"Die FARDC (regeringstroepe) het ons posisies vroeg vanoggend in Rugari," 45 kilometer noord van Noord-Kivu die provinsiale hoofstad van Goma, aangeval, het Bertrand Bisimwa aan AFP per telefoon gesê.

"Hulle het met swaar materiaal aangeval. Ons het die VN-sending na die Demokratiese Republiek van die Kongo (MONUC) daaroor gewaarsku," het die senior amptenaar van Nkunda se Nasionale Kongres ter Verdediging van die Volk (CNDP) gesê.

Die rebellegroep het ook berig oor gevegte naby die noordoostelike dorp van Kanobe.

Intussen het die hoof van 'n vlugtelingkamp in Tongo, 'n dorp 60 kilometer noord van Goma, Sondag gesê dat CNDP-rebelle skote vanuit posisies in die heuwels gevuur het twee dae ná hulle beheer oor Tongo aan die FARDC afgestaan het.

"Geweerskote het hervat. Indien gevegte na die dorp toe versprei, sal ons na die MONUC-kamp toe terugtrek vir beskerming," Benjamin Seburu aan AFP gesê.

Inwoners van die dorp Sake, 25 kilomenter wes van Goma, het ook gesê dat hulle beleër word met geweervuur wat Saterdagaand drie uur lank geduur het vanaf rebelle wat die dorp van die weermag wil herwin.

Die FARDC het geen van dié aanvalle bevestig nie, terwyl 'n perskonferensie wat deur die hoof van die weermag, generaal Dieudonne Kayembe, georganiseer is en vir Sondagmiddag in Goma bestem was, tot Maandag uitgestel is.

куртки для девочек веснатопкарго отзывы

Supermarkkluis in Springs opgeblaas

Image10:38:51 'n Bende swaargewapende mans het met ‘n onbekende bedrag geld weggekom nadat hulle ‘n kluis by ‘n supermark in Springs opgeblaas het, het die polisie vanoggend berig.

Kaptein Johannes Ramphora sê ‘n bende van agt mans het vier sekuriteitswagte omstreeks 2-uur vanoggend vasgebind, voordat hulle deur die dak van die Pick 'n Pay ingegaan het, waar hulle die kluis opgeblaas en ‘n groot hoeveelheid geld geneem het.

Volgens Kaptein Ramphora is ‘n klag van roof en nog ‘n klag onder die plofstowwewet geopen.

‘n Paar polisie-eenhede span saam om die saak te ondersoek, het hy verder bygevoeg. 

детская железная дорога киевФільчаков прокурор

Britse banke vra regeringsbystand

Britse banke gaan vra dat die regering hulle uithelp met verliese wat voortsspruit uit die nypende krediettekort. Daar is selfs sprake van die skepping van 'n regeringsbank wat lae-waarde bates en verbandgesteunde sekuriteite kan oorneem. Gordon Brown ontken egter die beweringe.

Hy het aan die BBC gesê dat hy likiditeit gaan verhoog om die wêreldwye finansiële krisis die hoof te bied. Hy het gesê die Britse bankstelsel is kleiner as die Amerikaanse een en daarom kan dieselfde plan nie werk nie. Hy het bygevoeg dat die VSA se $700 miljard hulppakket iets "werklik unieks" is.

Die ekonomiese afswaai in Brittanje is besig om te versnel. George Magnus, 'n senior ekonomiese adviseur by UBS in Londen, het aan Bloomberg Televisie gesê dat die verbandmark morsdood is en dat die regering drasties iets sal moet doen. Die Bank van Engeland het meer as £100 miljard beskikbaar gestel en sal nog fondse gee om die krisis te bestuur.

Regeringsamptenare van die Tesourie, die Bank van Engeland en die Finansiële diensteraad is daagliks met mekaar in verbinding om die stelsel te probeer stabiliseer. Bradford & Bingley, die grootste huisverbandverskaffer, se aandele het Vrydag na benede getuimel. Royal Bank of Scotland, Brittanje se grootste bank ná HSBC, het besnoei op lenings om kapitaal op te gaar.

"Daar heers 'n ernstige krisis in die geldmark," sê Neil MacKinnon, hoofekonoom van die ECU Groep in Londen en voorheen 'n werknemer van die Britse Tesourie. "Die VK sal by die VSA moet gaan kers opsteek en kom met 'n regeringshulpplan."

Crystal Luxtopcargo кидалы

ANC en DA kop aan kop onder stedelike kiesers

Die ANC en die DA verkeer sewe maande voor aanstaande jaar se algemene verkiesing kop aan kop in 'n meningsopname onder stedelike kiesers, volgens 'n Sunday Times-peiling.

Ontevredenheid met die rigting waarin die land beweeg en met die gebeure van die afgelope week – waaronder die afdanking van Thabo Mbeki – het die regerende party heelwat steun gekos, hoofsaaklik in stedelike gebiede.

Die meningsopname wat deur Ipsos Markinor vandeesweek op 1500 Suid-Afrikaners tussen Dinsdag en Donderdag uitgevoer is, was bedoel om die openbare mening oor die politieke gebeure te toets.

Die studie het bevind dat Suid-Afrikaners van plan is om en masse te gaan stem in aanstaande jaar se verkiesing; Mbeki is steeds meer gewild as sy aartsmededinger, die ANC-president Jacob Zuma; en die nuwe president Kgalema Motlanthe is op sy beurt gewilder onder ANC-kiesers as Mbeki of Zuma.

In weerwil van sy afdanking is Mbeki steeds meer gewild, want hy ontvang 'n 5,95 gradering uit tien, terwyl Zuma 3,89 ontvang en Motlanthe 5,52.

Motlanthe was die gewildste onder swartes, met 'n 6,47-gradering.

Die skokkendste bevinding van almal was dat minder as drie uit tien respondente (27 persent) vir die heersende ANC sou gaan stem indien 'n verkiesing môre gehou sou word.

Omtrent 26 persent sou vir die DA-opposisie stem; terwyl 27 persent onseker is.

Die Onafhanklike Demokrate en die Vryheidsfont het elk 1,6 persent bygekry en die nuwe party wat deur uitgeweke ANC-lede gestig is net 0,9 persent, berig die Sunday Times.

play cluedo onlineтопкарго

Duitse magte storm KLM-vliegtuig

Duitse spesiale magte het Vrydag 'n KLM-straler by die Keulen-Bonnlughawe bestorm en twee verdagtes wat 'n "heilige oorlog" wou loods, gearresteer. Die Duitsers vermoed die twee het aanvalle op Duitse teikens beplan.

Die vliegtuig, wat oppad na Amsterdam was, is vanmore om 6:55vm bestorm, het polisiewoordvoerder Frank Scheulen gesê. 'n Drie-en-twintigjarige Somaliër en 'n Duitse burger van Somaliese afkoms, 24, is tans in aanhouding in die deelstaat van Noordryn-Wesfalië.

Volgens media berigte het die mans notas in hulle woonstel gelaat waarin hulle sê dat hulle bereid is om in die komende "heilige oorlog" te sterf. Die polisie hou hulle reeds verskeie maande lank al dop.

гидроаккумулятор киевданильченко юрій броніславович