praag.co.za

ANC en DA kop aan kop onder stedelike kiesers

Written by

in

Ontevredenheid met die rigting waarin die land beweeg en met die gebeure van die afgelope week – waaronder die afdanking van Thabo Mbeki – het die regerende party heelwat steun gekos, hoofsaaklik in stedelike gebiede.

Die meningsopname wat deur Ipsos Markinor vandeesweek op 1500 Suid-Afrikaners tussen Dinsdag en Donderdag uitgevoer is, was bedoel om die openbare mening oor die politieke gebeure te toets.

Die studie het bevind dat Suid-Afrikaners van plan is om en masse te gaan stem in aanstaande jaar se verkiesing; Mbeki is steeds meer gewild as sy aartsmededinger, die ANC-president Jacob Zuma; en die nuwe president Kgalema Motlanthe is op sy beurt gewilder onder ANC-kiesers as Mbeki of Zuma.

In weerwil van sy afdanking is Mbeki steeds meer gewild, want hy ontvang 'n 5,95 gradering uit tien, terwyl Zuma 3,89 ontvang en Motlanthe 5,52.

Motlanthe was die gewildste onder swartes, met 'n 6,47-gradering.

Die skokkendste bevinding van almal was dat minder as drie uit tien respondente (27 persent) vir die heersende ANC sou gaan stem indien 'n verkiesing môre gehou sou word.

Omtrent 26 persent sou vir die DA-opposisie stem; terwyl 27 persent onseker is.

Die Onafhanklike Demokrate en die Vryheidsfont het elk 1,6 persent bygekry en die nuwe party wat deur uitgeweke ANC-lede gestig is net 0,9 persent, berig die Sunday Times.

play cluedo onlineтопкарго

Comments

Leave a Reply