Die verhore sal na verwagting teen die einde van Oktober plaasvind.
Die Universiteit van Noordwes gaan dissiplinêre stappe neem teen sewe van die dertien studente wat betrokke was by 'n rassistiese groep op Facebook. Phumzile Mmope het Maandag namens die universiteit gesê die studente kom van die Potchefstroomse kampus.
Die verhore sal na verwagting teen die einde van Oktober plaasvind.
17:20:27 Die SA Rugby-unie het Maandag ‘n beampte aangestel om ondersoek te doen na beweerde opmerkings deur een van die spelers, Luke Watson.
In ‘n verklaring het SARU gesê ná samesprekinge met regter Lex Mpati, die voorsitter van die nasionale regskomitee van SARU, dat ‘n beampte aangestel is om ‘n ondersoek te loods na die beweringe wat gemaak is deur die Springbok- en Westelike Provinsie-losvoorspeler.
Dekken Govender, ‘n Durbanse prokureur, is aangestel om die uitsprake te ondersoek en te bepaal of dit ‘n oortreding van die SARU-reëls is.
Die Afrikanerbond het gevra dat Watson uit die sport gesit word nadat hy klaarblyklik na blanke Afrikaners in die sport as “Dutchmen” verwys het.
Jan Bosman, die liga se bestuurder, sê dat hy gehoop het ná die oorspronklike mediaverslae wat Sondag in die koerante was, dat hy (Watson) en sy familie die Afrikaners om verskoning sou vra.
Hy sê dat as omstandighede in die spel werklik so onhoudbaar was, en as Watson werklik so sterk teenoor die Afrikaners gevoel het, moes hy al onttrek uit Suid-Afrikaanse rugby het. Dit sou die eerbare ding wees om te doen.
In ‘n terugwysing vir SARU se teen-rassismeveldtog wat drie weke terug geloods is, het Bosman gesê dat die offensiewe opmerking van Watson net sulke sterk reaksie en optrede verg as die teen-rassismeveldtog.
Watson se aanval op die Springbokke en die gevoelens wat hy uitgespreek het is iets wat mens laat wonder oor die mens wat Watson is. Niemand het hom geforseer om die Springboktrui aan te trek nie. Sy opmerkings is ‘n verleentheid vir Suid-Afrika en in dié verband sal die eerbare ding wees om sy kleure en Springboktrui weer in te handig.
Bosman sê hy is verbaas dat SARU nie Watson se onmiddellike uittrede gevra het nie.
Hy sê dat Watson as ‘n swart speler beskou word vanweë sy pa se geskiedkundige verbintenis aan die anti-apartheidsstryd.
Die hele insident is weer net ‘n bewys dat spelers op meriete en nie op kleur gekies moet word nie. Hy het bygevoeg dat Watson se inname in die span teen die wil van die afrigter geskied het.
Handelstoestande in September was steeds maar aan die swak kant, het die Suid-Afrikaanse Besigheidskamer (Sabek) ná sy maandelikse ondersoek laat weet.
Die handelsaktiwiteite-indeks, wat huidige handelsomstandighede meet, het ongeveer dieselfde gebly op 45, nadat dit op 46 was vir Augustus 2008, het Sabek in ‘n verklaring gesê.
Dit is ná ‘n volgehoue daling van 50 in Februarie 2008 tot 42 in Junie 2008. Hoewel die toestande vir handel meer stabiel is, is dit steeds aan die swak kant en bly dit op negatiewe terrein.
Die Sabek het wel gesê dat die vooruitsigte vir handel in 2009 beter lyk. Handelsvooruitsigte bly redelik konstant op laer vlakke terwyl finansiële toestande lyk of dit stadig verlig.
Inflasiedruk is laer met voedsel- en brandstofpryse wat effe gesak het van vlakke vroeër vanjaar, maar indiensnemingsvooruitsigte in die verkopewêreld het gesak van 51 in Augustus tot 48 in September, wat die indeks in die rooi laat, het Sabek gesê.
15:39:08 Die ANC het Maandag weer gewaarsku teen “faksie-aktiwiteite” ná 'n ontmoeting tussen tesouriergeneraal Mathews Phoza en Mosiuoa Lekota, die voormalige voorsitter van die ANC.
Daar word gespekuleer dat Lekota binnekort ‘n nuwe party van de grond af mag kry. Duarte het ook gesê dat die ANC die reg van ‘n persoon om ‘n politieke party te stig respekteer.
Die ANC het ook die fundamentele beginsel van die party weer herbeklemtoon, dat alle lede vrywillig onderneem om die besluite, interne prosesse en demokraties verkose strukture te respekteer.
Sy sê dat Phosa en Lekota, die voormalige minister van verdediging, Maandagoggend ‘n vergadering gehad het om die besware wat Lekota twee weke gelede in ‘n ope brief geopper het te bespreek.
Volgens haar het Phosa deur die brief gegaan en die ANC se standpunt op elk van die punte verduidelik.
Lekota het aangedui dat hy steeds ‘n antwoord op die brief op skrif wil hê, waarna die ANC aangedui het dat hulle dit so sal gee.
Phosa en Lekota het verder gepraat oor die organisatoriese uitdagings wat die organisasie moet aanspreek sedert die Pietersburgkonferensie.
Die ANC het weer hulle steun daaraan uitgespreek om die grondwet te verdedig en te beskerm, ingereken met die reg op vryheid van assosiasie, het Duarte gesê.
Lekota het die ANC-leierskap twee weke terug skerp gekritiseerin ‘n ope brief aan Gwede Mantashe, die party se sekretaris generaal.
In die brief het hy die leierskap daarvan beskuldig dat hulle wegbeweeg van die oorspronklike beleidsbesluite en demokratiese norme van die ANC.
Verlede week het Lekota gesê dat hy die egskeidingsdokumente op die ANC bedien het, waarna Phosa gesê het die “huwelik” kan steeds gered word.
Die brief van Lekota was dan ook verder beskou as ‘n teken van skeuring in die regerende party, kort nadat die party Thabo Mbeki as president van die land herroep het. Saam met die bedanking van Mbeki was daar ook ‘n klompie ministers wat saam met hom uitgeloop het.
Die minister van vervoer, Jeff Radebe, het in ‘n ope brief aan Lekota gesê dat hy (Lekota) en andere soos hy hulle bedanking uit die party moet aankondig.
Lekota het in sy brief die stelling gemaak dat ANC-lede wat nie met die gewilde mening saamstem nie uit die party en strukture gewerk is. Koerante het Maandag gespekuleer dat Shilowa, die voormalige Gauteng-premier, op pad was om by die nuwe party aan te sluit.
14:25:26 'n Staatsgetuie in die dronkbestuursaak van die Pretoriase regter, Nkola Motata, het staatsaanklaers formeel in die hof daarvan
beskuldig dat hulle haar gedreig het.
Metropolisiebeampte, Paulina Mashilela, het voor haar kruisverhoor gesê sy het 'n klagte om in te dien. Sy het gesê dat dit vir haar 'n probleem is om te getuig aangesien sy met die verlies van haar werk en 'n lang tronkstraf gedreig is.
Landdros Desmond Nair het vandag gelas dat die Direkteur van Openbare Vervolgings, Charin de Beer, in die hof moet verskyn om dié beweerde dreigemente te verduidelik.
Motata se advokaat ter verdediging, Danie Dorfling het na die verrigtinge gesê die insident moet in die regte konteks geplaas word sodat dit nie wanindrukke skep nie.
Hy sê die klagtes is voor die deur van die staatsaanklaers gelê en het benadruk dat dit die uitslag van die saak kan beïnvloed.
Motata word van dronkbestuur aangekla nadat hy met sy luukse Jaguar deur 'n tuinmuur in Johannesburg gejaag het aan die begin van verlede jaar.
12:28:35 Lewis Hamilton het sy formule-eenteenstaander, Felipe Massa, daarvan beskuldig dat hy opsetlik teen hom gebots het in die Japannese Grand Prix.
Die twee het gedurende die tweede rondte van Sondag se wedren gebots nadat beide bestuurders gestraf is weens kuipe-oortredings.
Dit verminder Hamilton se voorsprong na 5 punte voor die Ferrari-bestuurder, met nog twee wedrenne oor vir die seisoen.
Hamilton, wat vir McLaren bestuur, het dié naweek alle diplomasie oorboord gegooi het voor die komende Sjinese Grand Prix en vir Massa beskuldig van vuilspel.
“Ek het die draai soos normaalweg geneem, en hy (Massa) het aggressief teruggekom en my getref,” het Hamilton gesê. Volgens hom was dit opsetlik.
Massa ontken die beskuldiging en sê hy kan nie glo dat Hamilton dit so sien nie.
Massa is agtste oor die wenstreep maar het opgeskuif na sewende plek ná ‘n besluit deur wedrenbeamptes om die sesde geplaasde Sebastien Bourdais met 25 sekondes te straf vir ‘n botsing in die 50ste rondte.
‘n Referendum wat gehou is in Litoue om oor die toekoms van dié Baltiese land se enigste kernkragaanleg te besluit, het nie die nodige hoeveelheid stemme gekry nie, het beamptes Maandag bekend gemaak.
Litoue het ooreengekom om die kragsentrale in 2009 te sluit as deel van die ooreenkoms om in 2004 by die Europese Unie aan te sluit. ‘n Plaasvervangende kragstasie, wat gesamentlik met Estland, Letland en Pole gebou moet word, sal nie reg wees voor 2015 nie.
Politici vrees dat ‘n sesjaarenergiegaping Litoue se afhanklikheid van Rusland gaan vergroot en die ekonomie kan skaad. Die Ignalinakernkragsentrale verskaf tans sowat 70% van Letoue se elektrisiteit.
Die referendum was beoog om die publiek se ondersteuning van die sluiting te monster, met die verdere doel om die Europese Unie onder druk te plaas sodat Ignalina behou kan word.
Kiesers moes op die stembrief aandui “Stem julle saam dat die Ignalinakragstasie gebruik moet word totdat ‘n nuwe een gebou kan word?”
Die kiesers het met sowat 9 teen 1 “ja” geantwoord, maar die referendum het nie die 50% kiesers getrek om die uitslag te wettig nie, en op 47.80 % was die stempersentasie net-net te min gewees, volgens data wat deur die Litouse verkiesingskommissie bekend gemaak is.
Voorbereidings is aan die gang vir ‘n persoonlike vergadering tussen Jacob Zuma, ANC president, en aartsbiskop emeritus Desmond Tutu. ANC-segsman, Ishmael Mnisi, het dit aan die Citizen dagblad bevestig, en ook bygevoeg dat Zuma daarna uitsien om vir Desmond Tutu te ontmoet.
Dit tyd en plek is egter nog nie vasgestel nie.
Tutu het onlangs gesê dat hy nie sal stem indien die regerende party nie sy interne onmin kan oplos nie. Hy het verder ook aan Zuma gesê dat hy nie moet probeer om die land se president te word nie, vanweë die voortslepende vervolging oor wapentransaksiekorrupsie.
Voor die ANC se Polokwanekonferensie het Tutu beswaar gemaak teen Zuma se deelname aan die presidensiële wedloop, maar in die konferensie het Zuma die voormalige president oortuigend geklop.Tutu se besluit om die verkiesing te boikot is intussen deur sekere opposisie partye skerp veroordeel.
Helen Zille, leier van die DA sê dat Tutu se stelling roekeloos is. Sy sê verder dat as elke persoon wat ontnugter is met die ANC dié siening van Tutu ondersteun om nie te stem nie, ons in ‘n eenpartyland sal woon.
Die ANC se tesourier-generaal Mathews Phosa gaan beswaarde minister Terror Lekota 10 uur Maandagoggend ontmoet om te probeer om vrede te maak.
Verlede week Donderdag het Lekota nie vir 'n vergadering met Phosa opgedaag nie en Phosa het tevergeefs gewag.
Lekota, een van Mbeki se volgelinge, dreig om uit te loop uit die ANC en 'n nuwe party te stig. Gauteng premier Sam Shilowa, wat reeds bedank het, mag Lekota dalk volg.
Jan-Jan Joubert, van Die Burger, berig dat Phosa gesê het hy is nou moeg vir Lekota se "nonsens" en dat hy dit nie langer gaan verdra nie.
Lekota het 2 500 ontevrede ANC-lede Saterdag in Langa by 'n vergadering opgesweep. Phosa het egter aangedui dat die ontmoeting met Lekota sal voortgaan ten spyte van sy uitsprake oor die naweek.
Joubert berig verder dat die ANC die werk van hulle streeksuitvoerende komitee in Kaapstad opgeskort het en dat hulle gaan optree teen ANC-verteenwoordigers wat Lekota se wegbreekaksie steun.
Franse soldate is besig om die Swazilandse Leër opleiding te gee in moderne militêre tegnologie in 'n poging om die Suider-Afrikaanse koninkryk te kan integreer met ander Pan-Afrika magte.
Salvy het verder gesê dat hulle 'n span van 37 mense saamgebring het wat ten doel het om kennis te deel met die klein koninkryk se weermag in die opleiding wat plaasvind. Hulle het Dinsdag reeds in Swaziland aangekom en beoog om vir 10dae daar te wees.
Die Franse span is deel van die Franse Gewapende Magte in die Suidelike gebied van die Indiese Oseaan (FAZSOI). FASZOI dek ook ander Afrikalande soos Tanzanië, Malawi, Zambië, Mosambiek, Lesotho, Botswana, Namibië, Zimbabwe en Comore eilande. Ander lande is Suid-Afrika, Seyschelles, Madagaskar en Mauritius.
Volgens Salvy is FAZSOI 'n multinasionale oefening en al die lande moet bydra tot die Afrika-brigade.