Amerikaanse Jode wat in Israel woon is konserwatief en godsdienstig, terwyl Jode in Amerika meer geneig is om die Demokrate te ondersteun.
As Israel Amerika was, sou die kieserskeusekaart nou bloedrooi vertoon het soos wat die Republikeine skoonskip maak. Tradisioneel is die Republikeine rooi en die Demokrate blou.
Amerikaanse Jode wat in Israel woon is konserwatief en godsdienstig, terwyl Jode in Amerika meer geneig is om die Demokrate te ondersteun.
Suid-Afrika se minister van buitelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma, is onderweg na die DRK om voorbrand te maak vir president Motlanthe se besoek vandag.
Die verlies van Goma en die ineenstorting van die Kongo se soldate het gekom nadat die VN-troepe groter bystand aan regeringsmagte verleen het. Die sleutelstad, Rutshuru, 'n administartiewe vesting, word tans slegs deur die VN verdedig. 'n Rebellewoordvoerder het bevestig dat hulle selgs 4km van Rutshuru stelling ingeneem het.
Hulle word gerugsteun deur Rwandese tenks.
Motlanthe sal met president Kabila en ander senior amptenare vergader. Mandisi Mpahlwa, Charles Nqakula, Barbara Hogan en Richard Baloyi het Motlanthe vergesel.
08:33:17 Solank as wat blanke mans aanhou om die boonste bestuursvlakke te oorheers, sal daar geen einde aan regstellende aksie wees nie, het Jacob Zuma Donderdagaand aan die Swart bestuursforum gesê.
Hy het syfers van die werksgelykheidskommissie aangehaal, waarvolgens blankes oorheers met 65,2%, met swartes op 18,1%.
Op senior bestuursvlak was swartes in 40,6% en blankes in 55,2% van die poste gedurende dieselfde tydperk.
"Ons is ver daarvandaan om 'n einde te maak aan regstellende aksie. Ons weet dat regstellende aksie belangrik is vir swart professionele mense en vir die land se ekonomie. Geen ekonomie kan op die lang termyn sukses behaal indien die meerderheidsgroep uitgesluit is van die bestuur nie," het hy gesê.
Met verwysing na grondhervorming, het Zuma gesê dat die ANC-regering beplan om die proses te versnel in 'n poging om te verseker dat 30% van die grond teen 2014 in besit van die armer landelike gemeenskappe is.
Zuma het gesê dat klagtes dat die proses te lank neem wel geldig is, maar hy het ook gewaarsku dat mense nie grond wat hulle kry onproduktief moet laat lê nie.
'm Program was nodig om te verseker dat die mense wat die grond oorneem, weet hoe om dit produktief te bedryf.
Met verwysing na die stigting van 'n nuwe party, het Zuma gevra of dit suksesvol kan wees, gegewe die kort tydperk wat oor is voor die verkiesing.
"Ek glo nie dit kan, wanneer die verkiesing aanbreek, 'n mag wees om mee rekening te hou nie," het hy gesê.
"Mens kan nie 'n party begin in minder as 'n jaar nie. Mens kan 'n party begin uit woede, maar woede gaan nie die party 'n sterk mag maak nie," het hy bygevoeg.
Hy is van mening dat die mense nie vir ontevrede lede gaan stem nie.
"Ons differensieer tussen lede wat griewe het en dit saam met ons wil uitwerk, en die ander lede wat kwaad is vir ons omdat hulle hul gesagsposisies verloor het by die Pietersburg- en provinsiale kongresse. Ons kan nie help daarmee nie. Mense wat kwaad is, is gewoonlik moeilik om mee te werk," het hy voortgegaan.
Hy het gesê dat hoewel mense die reg het om 'n party te stig, die ANC nie kan bekostig om van binne af gedestabiliseer te word nie.
"Die toets vir lojaliteit en begrip van ANC-lidmaatskap is daar wanneer mens probleme in die gesig staar. Sommige van ons kon lankal ons goed gepak het en konvensies gereël het. Die party kyk na die opkomende verkiesing sonder vrees, en sake gaan hul normale gang."
"Daar is geen krisis nie, en niemand raak paniekerig nie. Ons programme gaan aan soos altyd," het Zuma gesê.
Die naderende verkiesing in die VSA wat moontlik die land se eerste swart persident gaan oplewer, het rassepolitiek in die hoofstroom ingelei deur middel van humor.
Hy is die aanbieder van 'n nuwe halfuurprogram by name “Chocolate News,” op die Comedy Central kabelkanaal. Die program is egter 'n bietjie grof en bevat kru taal.
By CNN het die swart komediant D.L. Hughley (45) 'n sagter aanslag. In sy eerste episode van “D.L. Hughley Breaks the News” voer die aanbieder onderhoude met wit aanhangers van Palin en probeer die Withuis se perssekretaris Scott McClellan uitlok om Obama te ondersteun.
Hughley kry kritiek vir sy spottery vanuit die swart wêreld wat meen dat hy swart stereotipes bevorder.
’n Franse hof het dié week ’n poging van pres. Nicolas Sarkozy om ’n voedoe-pop van hom aan die mark onttrek te kry, verwerp.
Sarkozy het vroeër vandeesmaand ’n klag teen die verkoop van die pop gebring wat saam met ’n satiriese biografie van hom en naalde om die pop mee te steek, verkoop word. Dié klag het verkope van die pop onmiddellik laat styg.
Dit is die president se sesde hofsaak sedert hy verlede jaar verkies is en het wydverspreide hoon in Frankryk ontlok.
Verder het dit eindelose gratis publisiteit vir die pop geskep en Sarkozy se politieke teenstanders laat jubel.
Die regter het gesê die pop val binne “die toelaatbare grense van vryheid van spraak en die reg op humor”.
Vier onwettige immigrante wat Brittanje wou binnekom deur in ’n duur motor weg te kruip, se poging is verydel toe hulle deur immigrasie-amptenare uitgevang is.
Die vier mans van Irak het in ’n Bentley GT ter waarde van R1,9 miljoen gesit wat per vragmotor van die Nurburgring-renbaan in Duitsland na die Bentley-fabriek by Crew, in die VK, vervoer is.
Hulle is uitgevang toe amptenare van die VK Grensagentskap met behulp van opsporingsapparaat hoë vlakke koolstofdioksied gesien het wat uit die vragmotor vrygestel is net voordat dit op ’n veerboot gelaai sou word.
“Dit is belangrik dat ons voornemende onwettige immigrante keer voordat hulle Brittanje bereik,” het mnr. Tom Dowdall, direkteur van Grensbeheer, gesê.
‘n Volledige verslag wat die redes vir die vorming van die gat wat Dinsdag in Oxfordweg voorgekom het, sal volgende week bekend gemaak word, het die Johannesburgse Paaieagentskap (JPA) gesê.
Die geo-tegniese kenners het vanoggend die toneel besoek saam met ingenieurs van die JPA, Johannesburg-water en Mbombela vir ‘n inspeksie en om toetse te doen,” het JPA-woordvoerder Conel MacKay gesê.
Hy het gesê die 3-metergat wat ingeval het op die noordelike baan van Oxfordweg tussen Rivieraweg en 8stelaan is in die proses om herstel te word.
Dis onbekend hoe lank die herstelwerk sal duur, waartydens verkeer na 8stelaan herlei sal word.
“Ons sal ‘n beter idee hê nadat ons die verslag volgende week gekry het,” het MacKay gesê.
Mbombela het van die gat bewus geword omstreeks 7:30 Dinsdagoggend nadat ‘n Nissan-paneelwa, wat aan een van die Mbombela werkers behoort het, in die gat geval het, het Mbombela-woordvoerder, Kelebogile Machaka, gesê.
‘n Soortgelyke insident het in Julie voorgekom volgens die Metropolisie se woordvoerder, Wayne Minnaar, en dit het 8 weke geneem om daardie gat te herstel.

07:58:01 Die wit bevolking, die middelklas en die entrepreneurs is Donderdag deur voormalige Gauteng-premier Mbhazima Shilowa verseker dat hulle ‘n rol het om te speel in die party wat deur wegbrekers van die ANC gestig gaan word.
Shilowa, wat ‘n klomp professionele jongmense in Johannesburg toegespreek het, het gesê die party sal inklusief wees teenoor alle Suid-Afrikaners. “Wat is fout daarmee om ‘n party te hê wat blankes ook aantrek? Die party behoort nie-rassig te wees op papier en ook in karakter en deelname,” het hy gesê.
Shilowa het gesê die middelklas is belangrik aangesien hulle in ‘n posisie is om rykdom te skep.
“Hoe gaan ons rykdom skep as almal arm is? Ons moet die teenwoordigheid van almal benut – ryk, arm, geleerd en entrepreneurs,” het hy gesê.
Shilowa het gesê die party gaan akademiese uitnemendheid voorstaan. Dit is op soek na nuwe leiers met vars idees.
“Dit is julle wat ons wil sien na vore kom as leiers van die party. Ons het professionele lede nodig,” het Shilowa gesê.
Met verwysing na ‘n brief wat Mbeki aan die ANC geskryf het, het Shilowa weer sy oproep herhaal dat die brief vrygestel word aan die publiek.
“Ons stem nie saam met die akkuraatheid van wat die ANC van die inhoud van die brief gesê het nie. Ons daag hulle uit om dit bekend te maak…let op my woorde…ek sê dit omdat ek die brief gesien het,” het Shilowa gesê.
16:07:45 Die Vryheidsfront Plus-gesteunde kandidate het 75% van die setels ingepalm tydens die onlangse studenteraadsverkiesing van die Universiteit van Pretoria. Dit is die twaalfde agtereenvolgende keer dat die VF+TAS dié oorwinning behaal.
Die algemene vergadering het vandag byeengekom en Hector Beyers en Charl Oberholzer van VF+TAS is as onderskeidelik voorsitter en onder-voorsitter aangewys.
Volgens die VF Plus-jeugleier, Cornelius Jansen van Rensburg, is hierdie `n bewys dat studente steeds gemakliker is om vir polities gesteunde kandidate te stem as vir sogenaamde onafhanklike kandidate.
Hector Beyers sê studenteregte en die onafhanklikheid van studentestrukture moet as belangrik geag word. "Ons beoog om tydens hierdie termyn studentebelange van alle studentegemeenskappe te bevorder”, het Beyers bygevoeg.
Die TUKS-SR-verkiesing was die laaste van `n reeks SR-verkiesings waaraan die VF Plus-jeug suksesvol deelgeneem het.
'n Derde divisie speler in Duitsland is vir vyf wedstryde weens 'n rassistiese uitlating geskors terwyl justisie-owerhede 'n kriminele ondersoek gelas het na 'n "verdagte belediging met xenofabiese motiewe".
Hy het ook Dinsdag se skorsing deur die Duitse sokkerfederasie sonder appél aanvaar, gesê hy is jammer dat hy beheer verloor het en ontken dat hy 'n rassis is.
Polisie in Braunschweig sê hulle het 'n ondersoek gelas na berigte oor die voorval in die media.