Hof besluit Sarkozy-pop bly

’n Franse hof het dié week ’n poging van pres. Nicolas Sarkozy om ’n voedoe-pop van hom aan die mark onttrek te kry, verwerp.

Sarkozy het vroeër vandeesmaand ’n klag teen die verkoop van die pop gebring wat saam met ’n satiriese biografie van hom en naalde om die pop mee te steek, verkoop word. Dié klag het verkope van die pop onmiddellik laat styg.

Dit is die president se sesde hofsaak sedert hy verlede jaar verkies is en het wydverspreide hoon in Frankryk ontlok.

Verder het dit eindelose gratis publisiteit vir die pop geskep en Sarkozy se politieke teenstanders laat jubel.

Die regter het gesê die pop val binne “die toelaatbare grense van vryheid van spraak en die reg op humor”.запчасти на насосные станцииФильчаков прокурор отзывы