Belydenis van ‘n volksverraaier

ImageMet al sy foute is die nuwe Suid-Afrika ‘n veel beter plek as wat dit sou gewees het indien ons aan die mag vasgeklou het. – F.W de Klerk

So sê die laaste blanke president van Suid-Afrika.

Ek kan nie help om te dink wat deur sy gedagtes moes gegaan het toe hy hierdie uitspraak gemaak het nie. Nie net is hy besig om ’n bespotting te maak van sy eie vermoëns om as leier te fungeer nie, maar as leier in ’n Afrikaland vertoon sulke uitsprake ’n swakheid wat ’n mens duur te staan kan kom. De Klerk adverteer homself as swak, ruggraatloos en selfs genocidaire jeens sy eie volk.

As die skok en verbystering van so ’n uitspraak nou eenmaal weggesak het, kan ’n mens weer probeer om die nugterheid van hierdie stelling te ontleed. Het De Klerk werklik so ’n lae dunk van sy eie leierskapsvermoë, of van dié van sy volk, of weet hy iets wat ons nie weet nie?

Dit is in elk geval verstommend om te sien hoe iemand wat so woedend was in Oslo oor Mandela se haatlike uitsprake teen sy regering tydens die Nobelprysdinee so maklik verkneg is deur sy nuwe meesters. Ek dink so ’n uitspraak mag selfs swartes met ongeloof vervul om te sien hoe die groot, gevreesde NP-regering eintlik uit sulke papbroekerige wesens bestaan. Dis nou duidelik dat die destydse “Bullying, militant hierarchy” – om Jeremy Cronin se woorde te leen – niks meer as ’n papiertier was nie.  

De Klerk se uitspraak dui moontlik op ’n vrees dat as die oorgawe nie plaasgevind het nie sou Suid-Afrika in ’n oorlogstoestand verval het na die ineenstorting van die Berlynse Muur. Ná die val van Kommunisme in die Oosbloklande was daar oënskynlik geen morele regverdiging meer gewees vir Suid-Afrika se segregasiepolitiek nie. Om egter so ’n uitspraak te maak nadat diktator Mugabe die blankes van sy land verdryf het en glad nie omgee dat hy sy hele ekonomie verongeluk het nie, maak De Klerk se uitspraak behoorlik wêreldvreemd. Dit lei die res van die wêreld wat na hom luister ook op ’n dwaalspoor oor die ware gesig van (Suid-)Afrika.

Toegegee. Die belangrikste rede waarom apartheid ongedaan gemaak is, was nie soseer moraliteit of druk van buite nie, maar vanweë demografie. In die periode 1900 – 1960 het die blanke volksdeel ’n goeie 20% van die bevolking uitgemaak. Onder sulke omstandighede is dit nog moontlik vir so ’n klein bevolking om soveel swartes te administreer. Daarna het die aantal swartes die blankes vinnig ingehaal en vandag vorm die blankes net minder as 10% van die bevolking, volgens die CIA se World Factbook. Vanweë die toevloei van onwettige immigrante is hierdie syfer moontlik oorskat.

Die Nederlandse joernalis Willem Oltmans het in die vroeë negentigerjare met PW Botha gekorrespondeer oor die verwikkelinge in FW se kabinet, en as reaksie op Oltmans se brief antwoord Botha dat hy saamstem met Oltmans se ontleding dat De Klerk besig is om Suid-Afrika op ’n ramp te laat afstuur. Later sou Botha aan Cliff Saunders verklap dat Mandela vir Botha gevra het om terug te keer na die politiek in De Klerk se plek. Mandela, die groot vredessimbool, het kennelik meer tyd gehad vir die Groot Krokodil as vir De Klerk.  

De Klerk meen verder dat dit ’n valse vergelyking is om die voordele van vóór 1994 te vergelyk met dit wat sleg is ná 1994. Met ander woorde die babaverkragtings, volksmoord op die boere, misdaad, kennisdiaspora, onwettige immigrasie, kragonderbrekings en algemene maatskaplike verval is veel beter as dompaswette, daaglikse brood, lae werkloosheid- en misdaadsyfers, asook algemene wetlikheid en orde. Die ANC het gelyk gehad om met terreur, halssnoermoorde, intimidasie, verwoesting en derglike praktyke aan die mag te kom. As die outeurs van die Kerkstraatbom byvoorbeeld stel dat hulle spyt was oor die burgerlike lewens wat vernietig is deur hul daad, maar die beweging nou eenmaal vereis het dat sulke gruwelhede moes plaasvind, dan spreek dit volgens De Klerk van ’n hoër vorm van moraliteit as om hierdie dade te probeer voorkom.

Af en toe dryf daar argumente rond wat voorhou dat apartheid in wese goed, maar die toepassing daarvan verkeerd was. Dis dikwels die somtotaal van introspektiewe denke oor Suid-Afrika se verlede. Niemand betwyfel egter die manier waarop die ANC hul magsbasis gekonsolideer het nie. Dit is in wese geoorloof om swart skoolkinders te mobiliseer teen blanke magshebbers, hul skole en ouerlike gesag te verwerp en chaos te saai pleks van die voordele wat hulle gehad het te benut en hul lewensstandaard te verbeter. Iets wat nie baie bekend is nie, is dat selfs die aangename, innemende Desmond Tutu swart bediendes opgeroep het om hul blanke werkgewers te vergiftig. Het Tutu ooit die hand in eie boesem gesteek hieroor toe hy die WVK gelei het? Met hierdie wete in gedagte, vind hy dit vreemd dat so baie blankes nie wou “transformeer” nie?

Terwyl al hierdie dade van terreur plaasgevind het, het die ANC nog nie eens 2% van die swart bevolking agter hulle gehad nie. Die sluwe magshebbers aan die linkerkant van die politiek het hul Machiavelliaanse les baie goed geleer, naamlik dis beter om gevrees as gelief te word. Immers, as jy gevrees word, gaan mense jou oor die algemeen vriendlik behandel; gaan vra maar gerus vir Kim Jong-Il. As rewolusionêre organisasie het die ANC maar bitter min tyd vir praatjies oor samewerking, kompromisse sluit, onderhandel, eindelose debatte en derglike. Hulle is nie geïnteresseerd om ander se belange op die hart te dra nie, net so af en toe om die skyn te wek dat hulle wel omgee.

Noudat blank Suid-Afrika “so magteloos soos Jode in (Nazi-)Duitsland is”, om NP van Wyk Louw se uitdrukking te leen, probeer De Klerk aan ons voorhou dat dinge nou beter gaan. ’n Mens wonder of De Klerk bewus is van die feit dat die linkses nog steeds in die nasleep van kommunistiese ideale verkeer wat meen dat apartheid en Sionisme misdade teen die mensdom is. Streng gesproke beteken dit dat Afrikaners en Jode nie oor hul eie soort mag regeer nie, anders word hulle gehoon as verkrampte rassiste wat ’n ernstige misdryf begaan. Hulle moet blykbaar versink tot magtelose minderhede, onderworpe aan volksvreemde leiers wat nie gunstig gestem is oor hulle belange nie. 

Afrikaners en Jode (of beter gestel: Israëli’s) is hardwerkende, Westersgesinde minderheidsgroepe wat die nadeel het dat hulle hulself te midde van ’n groot aantal nomadiese volke bevind. Nomadiese volke swerf na waar ook al hulle die meeste hulpbronne kan vind en hul kanse op oorlewing die beste is, en swerf weer verder sodra die hulpbronne uitgeput is. Westerse volke werk hard, dink vooruit en probeer die gebied waarin hulle woon om te skep na hul hand. Dit kos baie moeite, risiko en inspanning, maar uiteindelik het dit ’n positiewe effek op die algemene welsyn.

Is die situasie nou werklik beter, soos FW beweer? In nomadiese volkere, waar kompetisie om skaars hulpbronne aan die orde van die dag is, is lidmaatskap van ’n bepaalde groep van lewensbelang. Dit maak dat al die groepslede onderling hul vaardighede, voedsel en derglike gelyk onder mekaar verdeel, en lidmaatskap word streng gekontroleer. Enige vorm van afwyking word swaar gestraf omdat die hele groep daaronder kan ly. Dit beteken ook dat vreemdelinge wat nie tot die groep behoort nie gewantrou moet word. Hulle is nie daar om te deel met die groep nie, maar om te kompeteer. Die voedselskaarste wat Suid-Afrika tans ondergaan, gaan hierdie tendens hoogs waarskynlik versterk … en die blankes verder in gevaar stel.

Ek hoop FW hou rekening hiermee as hy beweer dat dinge nou beter gaan word. Swart volkere se kultuur en leefwyse het ontstaan in toestande van konstante ontberings waar mededinging om skaars middele aan die orde van die dag is. Gevolglik is hulle beter aangepas in omgewings waar armoede, wantroue en onsekerheid heers. Blankes daarenteen steur hulself meer aan kragonderbrekings, vervallende infrastruktuur en derglike Westerse aangeleenthede. Miskien is die huidige skaarste wat gekweek word juis ’n manier om swartes en blankes saam te verenig in ellende, soos in die geval van Distrik Ses destyds.

Hoe dit ook al sy, dink ek nie De Klerk het baie Afrikaanse aanhangers nie … en ook nie veel swart aanhangers nie. Miskien is dit wat hy eintlik bedoel met “beter”.

детски игФильчаков прокурор харькова

Geloof en ate?sme

ImageDie storm rondom Deon Maas se standpunt oor Satanisme het nog steeds die gemoedere warm, soos te beoordeel op die brieweblaaie op LitNet, en soos gewoonlik is menings verdeel oor die optrede van Tim du Plessis om hom as rubriekskrywer te ontslaan. Van die liberaal-gesindes beskou hierdie protes as ’n teken van verkramptheid, en van die konserwatief-gesindes hoor ons geluide dat Maas besig is om afbreuk te doen aan geloof en kultuur. ’n Mens is maklik geneig om die inhoud van hierdie debat te reduseer tot ’n volkseie kenmerk van die Afrikaner, maar is in feite ’n debat wat oor die hele westerse wêreld (en elders) woed, en vir ’n baie langer tyd.

Die fout wat Maas egter maak (dis nou benewens die feit dat hy dink hy kan rubrieke skryf) is om die standpunte aan te hang wat sowat veertig jaar geskryf is deur ’n eksentrieke fanatiekeling wat The Satanic Bible geskryf het, Anton Szandor LaVey. Hierdie uitgangspunte is egter die dogma van een persoon wat verkies het om die aardse en vleeslike bo die goddelike te verheerlik. Sy siening is niks meer as ’n soort nihilisme nie en kon net so wel die nihilistiese bybel geheet het. Ek vermoed egter dat hy die woord Satanic verkies het, juis omdat dit tot ’n groter storm van protes sou lei. Om openlik ’n standpunt te bely wat deur die groter maatskappy gestigmatiseer word, het ’n soort bekoring en skep ’n gevoel van mag.
 
Maas se mening is ook die soveelste aanval op geloof wat nogal mode geword het in die westerse wêreld. Richard Dawkins het so ’n jaar of twee gelede die spit afgebyt deur ateïsme te verkondig en geloof as ’n delusie (geestelike versteuring) af te maak. Dawkins wil egter hê die fokus moet lê op wetenskaplike bevindings en bewyse en dat geloof ’n misvatting is wat tot oorloeë gelei het en haat saai tussen volke. Immers, niemand is nog vermoor in die naam van ateïsme nie.
 
As die debat sulke vorme begin aanneem, waarin wetenskap die bokshandskoene aantrek teen sy opponent in die ander hoek, geloof, kan ek nie verhelp om net gou ’n ou verslete eksemplaar van Kierkegaard van die rak af te haal nie. Die eerste kwantumwetenskaplike, Erwin Schrödinger moet ek ook te voorskyn haal.
 
Om te begin met Søren Kierkegaard: ’n Belangrike argument wat Kierkegaard vir geloof gepleit het, is dat dit juis buite die domein van wetenskap lê. Om sy woorde te leen: ”As ek God objektief kon begryp, dan glo ek nie, maar juis omdat ek dit nie kan doen nie, daarom moet ek glo.” Daarbenewens het hy ook gestel dat geloof ’n gebeurtenis is wat plaasvind wanneer ’n mens sy hele naakte innige wese, sy swakhede, vrese, sondes en twyfels te midde van eksterne onsekerheid kan openbaar met die hoop dat dit opgevang en beskerm sal word. Geloof is iets wat transendeer, en maak ’n mens tegelykertyd bewus van sy nietigheid en sy verbintenis met iets groters en ongrypbaars.
 
Vanuit hierdie bewuswording ontstaan ’n dieper besef van die dinge wat vir ons van wesentlike belang is.
 
In Kierkegaard se vertoog Vrees en Bewe wy hy uit oor die voorstel wat God aan Abraham gemaak het, naamlik dat hy sy seun Isaak moet opoffer om te toets hoe diep sy geloof is. Met hierdie verhaal in gedagte introduseer Kierkegaard twee “ridders”, te wete die “ridder van geloof” en die “ridder van oneindige berusting”. Die laasgenoemde ridder van oneindige berusting lê homself neer, blik terug na sy pyn en verlies en offer alles op vir ’n beter bestaan in die hiernamaals. Die ridder van geloof daarenteen offer ook alles op, maar in plaas van berusting, glo hy in die krag van die absurde. Die absurde is per definisie nie in rasionele of logiese terme verklaarbaar nie, en vereis dus ’n veel intenser gevoel vir die goddelike. Die ridder van geloof glo dat hy veilig sal wees op ’n manier wat nie rasioneel verklaar kan word nie. Die wêreld is deurweek van absurditeite, en daarom is ’n diep geloof nooit weg te kry nie.
 
Die feit dat die mens oor vermoëns beskik om homself in ander situasies te verplaas, soos byvoorbeeld om geboei te word deur ’n interessante storie en dus vergeet van sy ruimte en tyd, bied ’n verklaring vir geloof. ’n Mens transendeer sy omgewing, en ’n diep geloof is die absolute transendensie. Die mens, lyk vir my, is van nature ’n gelowige wese. Vanuit hierdie perspektief geneem is juis die ateïste diegene wat aan ’n geestelike versteuring ly.
 
’n Sekere ateïs het op ’n stadium geskryf dat die wetenskaplike vooruitgang wat tydens die Verligting plaasgevind het, juis as gevolg was van die afname van geloof. Ek dink dis beter gestel dat die verstikkende dogma uitgedien was, wat ’n bevrydende werking op geloof gehad het. ’n Mens moet ’n onderskeid tussen geloof en dogma tref. ’n Dogma gee geloof ’n bepaalde gestalte, maar is nie die geloof self nie. Net soos Kierkegaard verklaar het moes Abraham die morele opskort om die dieper rede daarvoor te ontdek. Ons wetenskaplike vooruitgang sou nooit kon gebeur het as daar geen geloof in die menslike gees was nie. Geloof in die krag van die menslike gees word sterker as God as bron daarvan beskou word, juis omdat God nie liggaamsgebonde is nie.
 
Christendom is gekenmerk deur die goddelike drie-eenheid van Vader, Seun en Heilige Gees. In Korintheërs word egter ook genoem dat daar drie konsepte bestaan, naamlik geloof, hoop en liefde. Kan ons stel dat God die simbool vir liefde is, Christus die personifikasie van hoop en die Heilige Gees die personifikasie van geloof is? Immers, wat sou die mens sonder geloof, hoop en liefde gewees het? Wat sou wetenskap daarsonder gewees het?
 
Om geloof na die wetenskaplike domein te voer, bied die kwantumwetenskap ’n goeie ingang. Dis hier waar die belangrikste figuur in die kwantumwetenskap, Erwin Schrödinger ’n les vir ons geleer het: Blote waarneming beïnvloed die toestand van ’n subatomiese deeltjie. ’n Deeltjie bestaan uit twee toestande tegelyk, maar deur dit waar te neem word dit een toestand. Ander wetenskaplikes het ontdek dat ’n bepaalde deeltjie in twee kan splits en dieselfde eienskappe kan aanneem, selfs al is hulle aan teenoorgestelde kante van die heelal…iets wat in die konvensionele wetenskap onmoontlik is, aangesien niks vinniger as die spoed van lig kan beweeg nie, en die heelal is miljarde ligjare groot. Ook het wetenskaplikes ontdek dat die eienskappe van ’n druppel water anders is in die omgewing van mense wat gelukkig of woedend is. By blydskap is die kristal wat vorm by koue temperature blykbaar mooier as by iemand wat met boosheid op hierdie druppel konsentreer.
 
Dit lyk byna soos die skil van ’n ui. Sodra een faset uitgedien is, begin die ander gestalte te vorm. Sodra geloof begin vasroes in ’n onbuigsame dogma, begin wetenskap ’n opmars te maak, en sodra wetenskap ’n nuwe ontwikkeling, soos die van kwantum ondergaan, kan ons weer sien hoe subjektiewe aspekte soos geloof die fisiese wêreld op subatomiese vlak kan beïnvloed.
 
Die teoloeë het oor die eeue heen uitstekende belydenisse aan ons vertel en die moderne samelewing gevorm, en waar hulle tekort geskiet het, het wetenskap die leisels oorgeneem. Dieselfde geld nou vir wetenskaplike vooruitgang, en met die soeke na iets konkreets in die heelal, kom ons steeds meer terug op die subjektiewe beweleniswêreld.
 
Waar Kierkegaard gestel het dat hy in God moet glo omdat hy Hom nie begryp nie, kan ons waarskynlik dieselfde verwag van die kwantumwetenskaplikes. Die werking van kwantum is ook nie verstaanbaar nie – om die woorde van die Nederlandse kwantumwetenskaplike Dick Bierman te leen.
 
Ek dink dis redelik om te stel dat hulle daarom ook moet glo.
 
Ateïsme – net soos linkse politiek – se beste tyd is uitgedien.

promote my instagramлобановский супермаркет класс

Die belang van grense

ImageNa aanleiding van die verregaande twak wat die laaste paar dae op LitNet Genugtig! opduik, met name geproduseer deur ’n sekere persoon wat onder die skuilnaam “Afrikaan” skryf, het ek besluit om ‘n paar duidelikhede saam te stel in hierdie gevaarlike politieke spel wat hy speel.

Die betrokke persoon bly vashou aan die opvatting dat die boere die plaasmoorde oor hulself afroep omdat hulle nie kwansuis genoeg grond wil afstaan aan swartes nie. Selfs die ondersoeke wat aangetoon het dat 93% van die swart werkers op goeie voet met hul boere verkeer, maak op hom geen indruk nie.

Hoe dit ook al sy, is daar bepaalde knelpunte wat aandag verdien. Een vraag wat beantwoord moet word is: hoekom het lande grense? Die antwoord hierop is om te sorg dat die inwoners van daardie lande binne daardie grense kan bepaal in watter koers hulle wil vaar. Grense stel ‘n volk in staat om sy eie besluite te neem, sy kennis en inligting uit te brei soos hy dink goed is, en om sy hulpbronne, sy welvaart, sy energie toe te wys aan stelsels waar dit die meeste nodig is om op die lang termyn te oorleef. Daarbenewens kan daardie land bepaal welke persone van buite af welkom is en welke persone nie.

As dit nie was vir grense nie, sou volke geen insae gehad het in hul eie besluite nie. Hulle sou geen beheer gehad het oor die kennis en inligting van hul land nie. Hulle sou geen beheer gehad het oor wie sy hulpbronne bestuur, wie sy energie verbruik en waaraan hy sy welvaart moet bestee nie. Sodra ’n volk geen beheer meer het oor sy grense nie, raak anargie, uitwissing, oorlog en derglike narighede reële moontlikhede. Vanuit hierdie standpunt is grense juis getrek om vrede te bewaar, en om te sorg dat welvaart en oorlewing op die lang termyn gewaarborg is vir ’n bepaalde volk.

Daar is ook ’n sielkundige dimensie aan grense. Persone wat baie duidelike persoonlike grense stel is oor die algemeen gelukkiger en handhaaf gesonder verhoudings. Sodra ’n mens sy persoonlike grens versaak, soos wanneer hy/sy toelaat dat ’n ander homself oormatig afdwing op hom/haar, verloor daardie persoon beheer oor sy geestelike hulpbronne. Hy kan geen eie besluite meer maak nie, kan geen eie idees en intellektuele koers kies nie, en kan sy emosionele energie nie meer na eie wil stuur nie. Onder sulke omstandighede is sielkundige toestande soos angs, depressie, haat en woede dikwels die gevolg.

Psigoterapeute leer mense dikwels dat die beste of miskien selfs die enigste geneesmiddel teen hierdie angs en depressie is om duidelikheid oor jou persoonlike grense te verkry. Om hierdie grense te trek, kos selfvertroue en af en toe moed. (In die film Saving Private Ryan het ek ’n uitstekende definisie van die term ‘moed’ gehoor, naamlik: “Courage means doing the right thing”). Sodra mense die moed gekry het om hul grense duidelik te maak en ongewenste indringers af te weer, verhoog hul gevoel van selfvertroue soos wat hulle weer beheer terugkry oor hul emosionele energie.

Interessant genoeg het ondersoeke aangetoon dat die mense wat duidelike persoonlike grense stel as charismaties en bekoorlik gesien word. Om "nee" te sê maak ’n mens dikwels aantrekliker as om "ja" te sê. Nietzsche het dit goed saamgevat toe hy geskryf het: Om almal se beste vriend te wees is om jou eie grootste vyand te wees. Sodra iemand egter sy eie beste vriend is, met ander woorde hy maak duidelik bekend wie gewens en wie ongewens is, verhoog die bewondering vir daardie persoon. Mense voel aan dat daardie persoon sag is teenoor homself, wat af en toe vereis dat hy hard moet wees teenoor ander wat misbruik van sy tyd en energie wil maak.

Met hierdie sielkundige dinamiek in gedagte kan ek net hoop dat ons linksbekeerdes ’n bietjie hieraan sal aandag gee. Mense soos Afrikaan is nie net besig om ’n totale gek van homself te maak teenoor sy eie volk nie, maar sulke kruiperigheid is beslis nie gedrag wat baie liefde en aandag sal kry van sy naaste nie. Vir diegene wat in evolusie glo, kan ons die rede vir hierdie persoonlike grense terugtrek na die oertyd, toe die alfamannetjie die een was wat die duidelikste was oor sy grense om die oorlewing van sy groep te verseker. Hy was origens ook die een wie se kans op voortplanting die beste was om sy sterker gene oor te dra aan die volgende geslag. ’n Mens wonder nogal hoe die ekstreemlinkses, die kommuniste en ateïste, diegene wat geneig is om evolusie as oorsprong aan te hang, standpunte sal afdwing op mense om hul ondergang te veroorsaak. Dit bewys in elk geval weereens dat hulle nie in gelykheid belangstel nie, maar om die baas te wees oor alles wat asemhaal in hul land. Hulle maak van hulself die alfamannetjie.

Ek dink dis tyd dat Afrikaners "harder" standpunte moet inneem teenoor die ANC se imperialisme. Meer betogings, meer ontwrigting van ANC-vergaderings, meer ongewenste standbeelde beklad en harder en duideliker standpunte inneem.

Die leier van die Nederlandse Sosialistiese Party het nou die dag gesê dat mense verkies dit om onder hul eie soort te wees, en diegene wat nie ’n land se vooruitgang bevorder nie, moet liefs buite die grens bly. Met ander woorde die tydsgees is reg. Met die nodige insette kan ons dalk Europa se simpatieë wen om te help om die ANC hok te slaan. Net soos met die Anglo-Boereoorlog, kan ons dalk weer vasteland Europa aan die Afrikaners se kant kry en die ANC en hul Ingelse skoothondjies by die BBC onthul vir wie hulle werklik is.

 

компрессоры ценатопкарго

Tussen mite en massahisterie

ImageDie ANC hegemonie is uit om polities-inkorrektes te elimineer. Die laaste paar maande van nuusgebeure het onomstootlike bewys gelewer vir hierdie stelling. Ons het hier te make met ’n organisasie wat enige foute uit die verlede wil wegredeneer deur te verwys na die vergewingsgesindheid van die Waarheidskommissie, terwyl dieselfde organisasie geen probleem vind in die vervolging van voormalige leiers nie.

Adriaan Vlok, wat met voetewassery homself wou vrykoop van vervolging, hetsy voor God, hetsy voor Chikane, het tien jaar voorwaardelike tronkstraf gekry, terwyl kamerade soos Ronnie Kasrils, wat self betrokke was by martel- en moordpraktyke teen swartes in Quatro, ’n ANC-goelag in Angola, skotvry daarvan afgekom het.

Een van die grootste gevare van die ANC se propagandamasjien is die feit dat hulle moorde, martelings en hongersnood kan goedpraat deur ander te oortuig dat hulle dit goed bedoel het, maar dat dit verkeerd afgeloop het. Met ander woorde dit was ’n ongelukkie. Kommuniste het dieselfde taktiek gebruik om die volksmoorde in Afrika, Oos-Europa en Asië te vergoeilik. ’n Mens vergeet gerieflik dat ’n honderd miljoen mense nie ’n aantal is wat ’n mens per ongeluk dood kan maak nie.

Hoewel vanagter die oorblyfsels van die Berlynse Muur het hulle dit tog reggekry, en die kommuniste het hulself sodoende gevrywaar van enige vorm van verhoor. Ons hoop maar die verhoor wat nou gaan plaasvind teen die volksmoord in Kambodja ’n einde sal maak aan die geloofwaardigheid van ekstreem-links, soortgelyk aan die Nürenberg-verhore gedoen het aan Nazisme.

Iets wat egter voortdurend op die voorgrond tree is die volslae absurditeit van meningsvormers wat die huidige ellende in Suid-Afrika wil afwater deur die verlede te beskou as een of ander bose, duistere krag wat mense van ’n bepaalde bevolkingsgroep wil vernietig. Die mees onlangse voorbeeld is ene mevrou Georgina Guedes wat ’n paar paragrawe inmekaar geflans het om weereens die boosheid van Afrikaners weer te gee.

Hierdie mense noem hulself “progressief”, en in haar eie woorde kan selfs die ellende wat Mugabe veroorsaak het as “progressief” beskou word. Sy verwys na mense wat nog steeds praat van Rhodesië as suurgesig kolonialiste…asof daar net blye gesiggies in Zimbabwe oorbly noudat Mugabe die suurgesigte etnies gesuiwer het. Blykbaar laat die enorme hongersnood en ellende haar koud. Vir iemand soos Guedes, wie se naam verdag Portugees klink, steek daar nogal ironie in haar betoog.

Dan Roodt het in sy onlangse rubriek gespekuleer oor die oorsake van die haat wat die Engelse teen die Afrikaners koester deur te verwys na die Engelse se geknakte trots oor die Boereoorlog. Die metode wat gebruik word is om ’n hele volk te reduseer tot ’n enkele persoon of persone wat oor geen greintjie goedheid beskik nie, en dan daardie persoon op die mees haatlike, histeriese manier te beswadder.

Hierdie vorm van massahisterie is die werktuig van die progressiewes, en is per definisie nie vatbaar vir nuanses nie. Enigiemand wat die situasie wil nuanseer is ’n agent van die bose. Immers, hoe groter die massahisterie, hoe groter die mite, en hoe minder plek is daar vir die werklikheid.

Die uitgeweke Nederlandse politikus Ayaan Hirsi Ali het op ’n stadium vertel dat sy deur die progressiewe imams van jongs af aan geïndoktrineer was om te glo dat Jode honde, varke, ape of iets dergliks was, en toe sy eenmaal ’n Jood in lewende lywe gesien het, dat dit gewoon ’n mens van vlees en bloed was, het die skille van haar oë geval.

Ek wonder of mevrou Guedes al ooit ’n gesprek gehad het met ’n deursnit Boere-Afrikaner, gewoon iemand wat op pad is om kruideniersware te koop, rugby op Loftus te gaan kyk of gewoon ’n bietjie wil geniet van die natuur. Miskien sal dit haar ’n bietjie reghelp, maar die kans is groter dat sy juis die algemene beleefdheid en inskiklikheid van die Afrikaner as bron van verdere verdagmakery sal gebruik.

Iets wat mevrou Guedes waarskynlik nie besef nie is dat die voorsate van die Afrikaners, met name die Franse Hugenote, juis weggevlug het uit Europa omdat hulle nie langer kon saamleef met die “progressiewe” heksejagmentaliteit van die Europeërs nie. Met die industrialisering en gepaardgaande sekularisering van Europa het die kerk grotendeels sy gesag verloor, maar die heksejagmentaliteit het in sommige gevalle ’n mutasie ondergaan en is wedergebore in die vorm van linkse politiek.

Laasgenoemde opvatting is ontleen aan die Nederlandse skrywer W.F. Hermans wat ’n verklaring wou bied oor hoekom die oorwegend Katolieke volksdeel van Nederland, met name in die ooste van die land, ’n bolwerk geword het van ekstreem linkse politiek.

As dit nie die ergste is nie, dan is dit die menings wat ander lesers op haar skrywe gehad het. Dit is ongelooflik hoe sommige mense met Afrikanername met groot instemming reageer op haar skrywe. Dit is seker normaal vir volke wat so onder eksterne druk staan om so verdeeld te reageer op hierdie ondeurdagte rubriek. Aan die een kant skryf Guedes dat Pretoria haar nie eintlik interesseer nie, maar tegelykertyd moet daardie stad se naam absoluut verander word na een of ander vae mitiese figuur.

Soos ons almal weet het stamhoof Tshwane met sy uitstekende radartegnologie die blankes in die Kaap de Goede Hoop sien aankom en gewaarsku teen die sondeval wat die swartes vir ewig uit die Paradys sou verban. Helaas het argeologiese opgrawings na my wete nog niks opgelewer oor Tshwane se kennis of moontlike artefakte nie.

Dit is dalk nou ’n goue geleentheid om aan te dring op verdere naamsveranderings. Aangesien Guedes eintlik niks in gemeen het met Suid-Afrika nie, maar haarself tog opwerp as kenner stel ek voor dat ons aandring dat Portugal se hoofstad Lissabon ook ’n naamsverandering moet ondergaan.

Daar is naamlik ’n antieke Griekse mite wat stel dat Lissabon ’n verbastering van die Griekse naam Olissipo is, wat verwys na koning Odysseos (ook bekend as Ulysses). Volgens ’n mite het hy destyds weggevlug uit Griekeland om die sterker wordende koalisie in daardie land te ontsnap en het aan die Atlantiese oseaan die stad Lissabon gestig.

In Romeinse skrywes staan Odysseos bekend as ’n wreedaard wat die Trojaanse inval gereël het. Daar het hy vroue tot slawe gemaak, mans vermoor en kinders van die stadsmure afgegooi. Immers, die werkwoord “odussomai” beteken “haat” in Grieks en daar is veronderstel dat hy ’n haatlike figuur was wat met toorn regeer het.

Dit is nogal verbasend gelyksoortig aan die twak wat Guedes geskryf het van Andries Pretorius. Die werklikheid is egter dat die Boere weggevlug het uit die Kaapkolonie omdat die Engelse hul lewens so versuur het vir hulle daar onder. Die Boere is eintlik die hele tyd vervolg en verjaag deur die domheid en verderflike motiewe van ander, groter volke.

Waar die hele naamsverandering-massahisterie uiteindelik op neerkom is dat Europeërs ’n bewys wil lewer dat nòg Afrikaners nòg hul voorsate nie aan eersgenoemde se heksejagmentaliteit kan ontsnap nie, selfs nie na driehonderd en vyftig jaar nie. Afrikaners daarenteen is hierdeur gedwing om nugter en feitlik te dink ter wille van hul eie voortbestaan.

My vermoede is dat dit juis hierdie nugterheid is wat maak dat Afrikaners ’n gevreesde volk by die polities korrektes is, plus natuurlik die groter aantal Afrikaners as Engelse in Suid-Afrika. Laat mevrou Guerdes gerus na haar ontheemde verdwaalde groepie Engelssprekende blankes in en om Johannesburg as “friendly” verwys. Ek verskil so effe van mening met haar op daardie gebied.

Gee die Rooies, swartes en linkse Souties gerus maar hul multikulti-lugkastele. Gee ons die feite, dan kyk ons wie wen die Pretoria-Tshwane stryd. Tot dusver het die Groot Westerse Moraliste figure soos Idi-Amin, Mobutu Sese-Seko en Mugabe aan die mag gehelp. Dalk moet Guedes hieraan aandag gee voordat sy Afrikaners van bloedvergieting beskuldig. Oor die algemeen is dit nie soseer leuens wat die politieke kranksinnigheid van die dag regeer nie, maar gewoon pure domheid.    

машинка мультикиАлександр Фильчаков прокурор

Godsdiens nie altyd gesofistikeerd, nugter

ImageNa ‘n paar maande se gewik en geweeg het ek besluit om Richard Dawkins se omstrede The God delusion aan te skaf, hoofsaaklik om te sien of ek saam sal stem met sommige van Dawkins se standpunte. Tot my verbasing is sy betoog meer genuanseerd as wat ek gedink het, en met hierdie boek wil hy juis die vergrype van fundamentalisme van alle gelowe aan die kaak stel. Soos Dawkins dit self stel, as alle teologie op ‘n gesofistikeerde en nugtere wyse beoefen was, sou hy nooit The God delusion geskryf het nie.

In die eerste hoofstuk beskryf hy die waarheid agter die Deense spotprent-massahisterie wat nogal aandag verdien. Die hele opstand is veroorsaak deur twee imams wat asiel in Denemarke verkry het. Hulle het die twaalf spotprente – wat eintlik nogal heel gematigd was – aangedik met verhale oor die Deense regering wat Moslems sleg behandel. Tesame met die spotprente het hulle drie ander prente toegevoeg wat as beledigend ervaar mag word vir Moslems, wat niks met die spotprenttameletjie te make het nie. Een daarvan was ‘n foto van ‘n man met ‘n baard en ‘n plastiese varksnoet op sy neus. Hierdie foto was egter ‘n koerantfoto wat op op ‘n Franse dorpie tydens ‘n kermis geneem is, waar die betrokke persoon ‘n kompetisie gewen het vir die persoon wat die beste ‘n vark se snorkgeluide kon na-aap.

Die imams het sowat die hele Moslemwêreld afgereis en hierdie dossier met spotprente en anti-Deense propaganda aan almal uitgedeel. Hierdie aksie het gesorg vir die nodige ellende soos kerke wat afgebrand word, ‘n miljoendollarlosprys vir diegene wat die spotprenttekenaar sou vermoor (terwyl daar twaalf tekenaars was), proteste met "God bless Hitler" (geen idee hoe hulle die verband tussen Denemarke en Jode lê nie), "slag vyande van Islam", ensovoorts. Selfs in Nigerië is kerke afgebrand en ‘n swart Moslem het ‘n halssnoermoord op ‘n swart Christen toegepas. Die Moslemwêreld het van die Deense regering ‘n verskoning geëis, sonder om te besef dat die media in Westerse lande los van die staat funksioneer.

En dan kry ons mense soos dr. Leopold Scholtz wat vir ons in Die Burger probeer oortuig het dat Westerlinge diegene is wat nie tolerant is teenoor Moslems nie.

Let wel, die boosdoeners was imams wat in Denemarke asiel verkry het.

оборудование для мойкиФильчаков

Die ABO as onderwerp van postmoderne geskiedskrywing

ImageImageMax de Preez het die gemoedere op LitNet en elders weer laat opvlam oor sy skrywe in Die Burger betreffende die Anglo-Boereoorlog. ’n Aantal meningsvormers het van hulself laat hoor en die debat is weer lewendig.

Wat presies gebeur het, is dikwels die bron van baie omstredenheid. Bronne word betwyfel, feite word weggesteek of verdraai of gewoon nie geglo nie, en diegene wat ’n mening oor hierdie onderwerp het, word dikwels afgemaak as reaksionêre wat gemoedere wil laat opvlam. In hierdie geval is figure soos Max de Preez en Loammi Wolf voorlopers om die omvang van die leed van die Boere-Holocaust te versag of te ontken.

‘n Akkurate weergawe van die feite is uitermate belangrik, maar in gevalle waar daar baie twyfel bestaan, moet ’n mens oppas om nie die geskiedenis te gebruik om die huidige heersende tydsgees te bevestig nie. Sodra dit gebeur, loop ’n mens die gevaar wat, soos Herbert Butterfield in The Whig Interpretation of History geskryf het, as ’n mens die algemene geskiedenis herrangskik met verwysing na die hede, ’n mens eintlik besig is om ’n groot optiese illusie te skep.

Oor die presiese feite van die Anglo-Boereoorlog kan ek geen kommentaar lewer nie, maar die rigting waarin hierdie debat stuur, is onheilspellend om ’n paar redes.

– Ons leef in ’n wêreld waarin kulture hul eie waarde vind en heg aan simbole. Die konsep van universalisme is vervang deur die konsep van multiversalisme. Hoe meer ’n politieke orde streef om universeel geldende waardes te ontwikkel, hoe meer stuit hierdie bewegings teen ander volke en kulture wat geen deelname hieraan wil hê nie. Om na Huntington se stelling te verwys: Universalisme gaan imperialisme vooraf. Die ABO het ’n ander betekenis vir Afrikaners as vir Engelse, en die debat oor ontkenning of versagting van die omvang van die leed van die ABO pas goed in die huidige tydsgees waar “Kill a Boer, Kill a Farmer” die leuse is van die ANC.

– Die wêreld waarin ons leef, het geen direkte behoefte aan abstrakte feite en opvattings nie maar wil feite en opvattings slegs aanhang en debatteer as dit ’n bepaalde funksie het. “Wat is”, is vervang met “wat is nuttig?”.

Hierdie kultuurmentaliteit is so reg uit die kraal van die postmoderne denkers, en vanweë die rol van hierdie denke in die interpretasie van die ABO, kan ons konkludeer dat die oorlog ’n onderwerp van postmoderne geskiedskrywing geword het. Die ABO word nie gedebatteer in ’n vakuum nie, maar in ’n klimaat waarin dit ’n bepaalde funksie dien, naamlik die lot van die Afrikaner.

Grootse historici het tot dusver geen bewys gevind dat die ABO ’n volksmoord was nie, maar as ’n mens die huidige tydsgees van massahisteriese menseregteverheerlikings sou plaas op wat destyds gebeur het, sou dit aan die Verenigde Nasies se kriteria van misdaad teen die mensdom voldoen het.  Die Statuut van Rome, onderteken in 1998, beskou enige van die volgende dade as misdade teen die mensdom.

A)      Moord

B)      Uitwissing

C)      Slawerny

D)      Deportasie

E)      In gevangenis aanhou wat bots met fundamentele internasionale regte

F)      Marteling

G)     Seksslawerny en gedwonge prostitusie

H)   Vervolging van enige identifiseerbare groep op grond van politieke, rasse-, nasionalistiese, etniese, kulturele, geloofsgronde wat in botsing is met algemeen geldende internasionale regte.

I)         Verdwyning van persone

J)       Apartheid (oftewel hulle interpretasie daarvan)

K)      Ander onmenslike dade wat opsetlik ernstige lyding of leed aan iemand se persoon of psige aanrig.

(Bron: Wikipedia)

Die vraag is egter: Hoekom moet die wandade wat tydens apartheid plaasgevind het hemelsbreed uitvergroot word terwyl die ellende wat die ABO veroorsaak het, ontken word? Wat motiveer Max Du Preez om die Britte te beskuldig van “nalatigheid en ongevoeligheid” oor die 28 000 (oftewel 10% van die Boerebevolking – sy statistieke) Boere wat direk as gevolg van hul aksies dood is, terwyl dieselfde Max so haatlik is teenoor die voormalige polisie se 900 swartes wat hulle gedood het (uit ‘n bevolking van ongeveer 25 tot 30 miljoen swartes in die periode 1965 – 1994, oftewel rofweg geskat so 0,0003% van die swart bevolking)?

As ’n bepaalde groep mense se plase en kerke afgebrand word, in kampe aangehou word en omkom as gevolg van ekstreme ontberings soos slegte voedsel, siektes, blootstelling aan die natuur en derglike, sou dit nie kwalifiseer as ’n stelselmatige vervolging van ’n bepaalde groep nie? Is die skole, hospitale, tuislande, poskantore, inentings, universiteite ensovoorts wat swartes van blankes ontvang het erger misdade as die ABO met sy kampe?

Baie arm blankes wat woon in wyke soos Jan Hofmeyer, Newclare, Pretoria-Wes en Vereeniging (waar Afrikaans nog die voertaal is), het in baie gevalle hul armoede nog direk te danke aan die gevolge van die ABO en die “Dutch speakers need not apply”-diskriminasiemaatreëls wat teen hulle en hul voorouers in die stede gegeld het. Ter wille van versoening, sowel destyds tussen Boer en Brit as nou met versoening tussen blank en swart moet hulle steeds die onderspit delf. Hulle moet met lyding, onsekerheid en verdere diskriminasie die prys betaal van die pyprokende, whiskey-drinkende elite se histrioniese politieke korrektheid. Waar figure soos Sir Carruthers Beattie, rektor van die Universiteit van Kaapstad in die dertigerjare die Afrikaners onder groot gejuig van sy Engelse kamerade as ’n geneties minderwaardige ras uitgekryt het, doen Marlene van Niekerk dieselfde met haar draakstekery oor arm Afrikaners in Triomf en Jeremy Mansfield beskryf hulle ewe lughartig as “wit skorriemorrie” op die radio.

Waar dit op neerkom is dat historiese feite aangepas moet word om die huidige politieke elite se mag verder te versterk. Die geskiedenis word verdraai om Afrikaners in ’n slegte lig te stel en enige ander geluide wat hierdie orde wil versteur, moet verketter word. Deurdat linkse Afrikaners soos Max en kie. self help om sy eie mense te vernietig en hul geskiedenis te ontken, word die ANC se standpunt net verder versterk.

In ’n eerdere skrywe aan Johan Pienaar het ek verwys na ’n paragraaf in Erik van Ree, ’n gesoute kenner van kommunisme, se boek Wereldrevolutie (2005). As gevolg van die huidige debat en koers waarin Suid-Afrika beweeg onder die ANC vind ek dit noodsaaklik om dit weer hier aan te haal.

“Eintlik het die Leniniste geen moraal nie. Hulle het nie geglo dat daar so iets soos goed en kwaad bestaan nie, maar slegs nut en skade vir die saak. Hul taktiek was hul moraal. Hulle was hul eie maat en alles was vir hulle toegestaan. Origens het die uitoefening van geweld die kommuniste geen vreugde gegee nie. Hulle het dit gesien as ’n kwessie van goeie verstand. Oor die fascistiese kultus van geweld het hulle hulself ewe vrolik gemaak as oor die Christelike pasifisme. Gandhi en Mussolini was vir hulle een en dieselfde. Die brutale Italianer het hulle ewe belaglik gemaak met sy lofsange oor geweld as die Indiese heilige met sy geweldloosheid. As die doel die middele heilig, is geen enkele middel heilig in sigself nie. Nóg geweld, nóg geweldloosheid het enige intrinsieke waarde, maar word slegs ingesit na gelang van die omstandighede en die vereistes van die beweging. Dit is moelik om te sê aan watter moraal, die fascistiese of die kommunistiese, ‘n mens, indien hy aan die keuse gestel word, die voorkeur sou moet gee.”

Mense vrees rampe en karaktermoorde om pynlike geskiedenisse bloot te lê of te ontken. Aangesien pre-1990 Moskou die de facto-sentrum geword het van waar Suid-Afrika se beleid bepaal word, kan ons miskien die volgende Russiese gesegde vir die politiek korrektes onder ons meedeel: Hy wat in die verlede leef is blind in een oog. Hy wat die verlede vergeet of ontken is blind in albei.

сауна для домаОлександр Фільчаков прокурор

Propagandataktieke vir beginners

ImageAs daar een politieke wapen is wat die ANC baie goed bemeester het en waar Afrikaners van kan leer, is dit om propaganda te maak om hul beleid te verdedig. Hierdie standpunt is weliswaar oorvereenvoudig, aangesien ‘n hele klomp bykomstighede die Afrikaner se politieke rug gebreek het, maar daar is ‘n onmiskenbare element van waarheid hierin opgesluit. Die ANC het teen alle verwagtinge in die onmoontlike reggekry, hoofsaaklik omdat hulle ‘n goeie span rojaal befondste propagandiste gehad het en oor die nodige aggressie beskik het om hul idees die wêreld in te dra.

Die vraag verrys: Hoe het ‘n terreurorganisasie dit reggekry om ‘n ideologiese Berlynse Muur in Suid-Afrika op te rig juis in die periode toe sloophamers besig was om dié muur met groot fanfare in Duitsland met die grond gelyk te maak? Die antwoord is: propaganda.

Tussen die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die Chicago-skool ‘n hele groep navorsers bymekaar geroep om hierdie onderdeel van meningsvorming te ondersoek. Na die Tweede Wêreldoorlog het navorsing oor die krag van propaganda hoogty gevier met die stigting van die Frankfurt-skool en vanweë lukratiewe borge aan verskeie Amerikaanse universiteite wat juis ingestel was om ‘n verklaring te vind vir die gruwel van fascisme in Europa. Die resultate het gewissel van matig tot baie indrukwekkend, waarvan die bekendste sekerlik Stanley Milgram se gehoorsaamheidseksperiment was.

Met hierdie eksperiment is proefpersone geflous deur te glo dat hulle besig was om iemand te martel met pynlike skokke, maar het op aanbeveling van die "deskundige" navorser die skokke bly toedien wat steeds hewiger geword het. Slegs ‘n klein groepie proefpersone het teen die navorser se aandrang ingegaan en die eksperiment vroegtydig gestop omdat hulle die "marteling" nie meer kon aanskou nie (die "geskokte" persoon het heel oortuigend gemaak asof elke skok hom ‘n helse pyn toegedien het). Die oorgrote meerderheid proefpersone het "teen hul beter wete in" die eksperiment tot aan die einde toe voortgesit, omdat die navorser gesê het dat die skokke nie so erg is nie. Die konklusie was verstommend: Dis verbasend maklik om gewone, naïewe mense oor te haal om iemand te martel sodra ‘n gerespekteerde, magtige persoon jou daartoe aansit.

As ‘n mens ‘n ander indrukwekkende bevinding hieraan moet toevoeg, naamlik die konformiteitseksperiment van Solomon Asch, het ons al heelwat vordering gemaak om manipulasie en propaganda te begryp. In Asch se eksperiment is ‘n argelose proefpersoon na ‘n kamer vol ander "proefpersone" gelei en moes hy die lengte van ‘n streep op ‘n bord vergelyk uit ‘n keuse van drie ander strepe. Die proefpersoon was nie bewus dat die ander mense in die kamer deel uitgemaak het van die eksperiment nie. Hulle het gemaak asof streep C dieselfde lengte gehad het as die streep op die bord. Alhoewel die antwoord baie duidelik streep B was, het die meeste proefpersone teen hul beter wete in streep C geantwoord. Hulle het met ander woorde hul feitlike waarneming onderdruk ten gunste van dié van die groep.

Daar is ook nog ‘n derde sielkundige model van oortuiging wat hier van belang is, te wete die “Elaboration Likelihood Model” (ELM) van Richard Petty en John Cacioppo. In hierdie model het die navorsers ontdek dat daar twee weë is waarlangs ‘n mens iemand van ‘n bepaalde standpunt kan oortuig, naamlik ‘n sentrale weg en ‘n periferale weg. Die sentrale weg van oortuiging is net ‘n mooi naam vir die inhoud van die argument. Hoe duidelik is die standpunt, hoe realisties is dit, wat is die alternatiewe, is daar teenstrydighede daarin, ensovoorts. Die periferale weg daarenteen fokus eerder op die persoon wat dit sê se eienskappe en uiterlike kenmerke. Word hy/sy as ‘n deskundige beskou, is daardie persoon aantreklik, het hy ‘n mooi stel tande, lyk hy vriendlik, praat hy/sy mooi? ensovoorts. Sodra die argument wat hierdie persoon lewer van persoonlike belang is by een van sy luisteraars, sal die luisteraar meer geneigd wees om op die sentrale weg van oortuiging te fokus. Maar sodra die argument nie so direk ‘n invloed op die luisteraar het nie, sal hy/sy eerder op die periferale weg fokus, met ander woorde "wie sê dit" in plaas van "wat word gesê".

Met die ELM moet ek onmiddelik dink aan ‘n figuur soos Ronnie Kasrils. Die laaste parlementêre toesprake wat ek van hom gesien het, het hy ‘n vriendelike en beleefde indruk gemaak. ‘n Mens sou nie kon glo dat hy self betrokke was by die foltering van swartes in Quattro, die ANC se goelag in Angola nie, laat staan nog sy strydkreet dat hy blankes wil doodmaak. Dieselfde geld ook vir iemand soos Jeremy Cronin, wat ‘n aangename indruk maak, maar as ‘n mens sy argumente en opstelle lees, wemel dit van swak geformuleerde en onsamehangende standpunte. Hulle moet gebruik maak van hul sjarme om mense te oortuig. Aan inhoud skiet hulle ernstig tekort.

Navorsing het eweneens aangetoon dat dommer mense meer geneig is om duidelik bevooroordeelde propaganda te glo terwyl intelligenter mense beter oortuig word deur ewewigtiger standpunte. Egter, om angs in te boesem is ‘n goeie manier om mense te beheer. Dis ‘n taktiek wat Machiavelli goed beskryf het en nog daagliks deur sluwe heersers gebruik word. Die gevaar is dat hoe minder inhoud ‘n heerser kan gee om sy magswellus goed te praat, hoe meer vul hy die leemte met angs en massahisterie.

Aangesien dit nou twee voor twaalf is vir blankes in Suid-Afrika, is dit van uitermate belang dat aandag bestee word aan die feitelike gebeure van Suid-Afrika se geskiedenis. Die ANC se propagandasiklus moet verbreek word, desnoods deur teenpropaganda te maak. Gelukkig behoort ‘n blote aanhaling van die feitelike gebeure genoeg propaganda ten gunste van blankes te wees. Selfs linkse politici in invloedryke lande is agter die skerms meer ewewigtig as wat ‘n mens dink. Hulle weet dat feite aangespreek moet word en ontkenning op die lang termyn geen nut het nie.

Myns insiens sou ‘n uitstekende redmiddel wees om ‘n internetargief op te stel waarin parlementêre toesprake, biografieë, meningsopnames, sensusse, ensovoorts van die Nasionale Party-bewind en die ANC/SAKP se planne aan almal beskikbaar gestel kan word. ‘n Strategie wat ook kan werk, maar moontlik nie baie aandag sal geniet nie, is om geleerde blankes wat in die buiteland te woon te mobiliseer om met hul eie lande se politici aan tafel te sit en die situasie in Suid-Afrika aan die kaak te stel. Die ANC kan gelukkig geen druk uitoefen op internetwebwerwe of Afrikaners in die buiteland nie. Die internetargief kan desnoods deur ‘n buitelandse universiteit gedra word, hoewel Orania se webwerf se "In diepte"-afdeling ‘n uitstekende versameling informasie bevat.

Bok van Blerk het gewys dat daar nog steeds ‘n stewige solidariteit onder Afrikaners bestaan, sowel in Suid-Afrika as in die buiteland, mits ‘n mens die regte snare raak. Dat een lied die ANC so bedreig laat voel, is ‘n belangrike bewys dat Oom Thabo se imperium eintlik ‘n reus op kleivoete is. Sodra ons bewus raak van hoe propaganda werk, soos wat ek geprobeer het om met bogenoemde eksperimente aan te toon, ons feite aanhaal en onsself as skaflike en innemende mense aanbied, mag ons dalk meer op die wêreldtoneel regkry as wat ons gedink het.  

Ek mag verkeerd wees, maar die middele tot onafhanklikheid lê dalk voor ons neuse. Dis net ‘n kwessie van moed, koördinasie en geleentheid om dit te benut. As Thabo Mbeki kan sê dat Zimbabwe se suiwering van blanke boere onafwendbaar was, wat weerhou ons om aan die beskaafde wêreld te sê dat ‘n onafhanklike volkstaat om dieselde redes onafwendbaar is? Thabo het so pas die geleentheid vir ons gegee. Ons kort nou nog net moed en koördinasie… en ‘n bietjie hulp van buite.

компьютерная диагностика автомобиля оборудование купить украинаtopcargo

Helen Zille se dapper nuwe w?reld

Image“Deurdat ’n opposisieparty gebruik word om linkser gedagtes as die ANC te verkondig, is weereens ’n propagandapunt vir die groot Stalinis Thabo Mbeki. Hiermee kan hy voorgee dat hy te “regs” was en dat die opposisie eintlik nog progressiewer is as hyself, waardeur die tweede fase van sy beoogde rewolusie ’n stap nader gekom het.”

 ’n Mens wonder wat inspireer figure soos Helen Zille om so venynig links te wees. Hoe dit ook al sy, daar is iets ernstigs verkeerd met Suid-Afrika se – weens gebrek aan ’n beter woord – demokrasie. ’n Mens moet die ANC se vermoë om opposisie uit te skakel wel bewonder, want tot dusver het elke opposisieparty die knie gebuig en in die groot swart idealis Mbeki se organisasie opgelos. Net soos die NNP se vuurhoutjiebeentjies geknak het onder die swaargewig ANC, is die enigste duidelike opposisie ook besig om langsamerhand die ANC links verby te vat met allerlei histrioniese terroristeverheerlikings. Die Zuma-faksie vorm weliswaar nog ’n uitsondering op hierdie reël.

Hierdie proses hou ’n aantal gevare in, in sowel reële terme as in terme van die boodskap wat dié verwikkelinge aan die buiteland stuur. Wat die reële terme aanbetref, begin Suid-Afrika dieselfde neiging te toon as die res van Afrika. Waar opposisielede uitgeskakel of geneutraliseer word, en die kiesers bedrieg begin voel, begin woede opbou. Sonder ’n stewige opposisie en tekens van verandering neem die wanhoop onder baie mense toe. Waar griewe nie parlementêr verwoord kan word nie, word die weg gebaan vir staatsgrepe en militêre aksies, net soos elders in Afrika.

Wat die boodskap wat Suid-Afrika na die buiteland stuur aanbetref, word die indruk gewek dat die ANC “iets goeds doen”, dat hulle “gelyk gehad het” deur met moord en terreur aan die mag te kom. Dit maak die situasie van die gewone wetsgehoorsame burger hagliker en wanhopiger, juis omdat hulle nie gehoor word nie. Die Nederlandse departement van Buitelandse Sake meen dat alles koek en ei is in Suid-Afrika; ja, ’n bietjie gewelddadig, maar niks ernstigs nie. Die klug kan nouliks groter wees.

Die res van die wêreld is onder die indruk dat as ’n mens ’n volk ’n stembus gee, dan het demokrasie vir hulle aangebreek. Met gevare soos meerderheidstirannieë, totalitarisme, diktature, ensovoorts wat ook deur stembusse aan die mag gekom het, word nie juis veel aandag aan bestee nie. Om die waarheid te sê, word diegene wat die heilige stembus se geloofwaardigheid in twyfel trek dikwels as rassiste en wit supremasiste afgemaak, veral as die linkses se weddenskappe op die spel is.  

Suid-Afrika is in baie gevalle ’n voorloper in die wêreld as dit kom by multikulturalisme, en baie lande kyk na hoe Suid-Afrika (lees: die ANC) polities te werk gaan om inspirasie te vind in hul eie integrasiebeleide. Suid-Afrika is daarom ook in staat om ’n redelik goeie antwoord te gee op distopiese doemprofete van weleer. Ek fokus nou spesifiek op George Orwell met Nineteen Eighty-Four en Aldous Huxley se Brave New World, wat die twee mees bekende doemscenario’s voorstel. In Orwell se roman word ’n futuristiese “utopie” voorgestel as ’n plek waar die staat volledig beheer oor ’n mens se totale wese het. Vrye gedagtes en seksualiteit is totaal aan bande gelê. Huxley se weergawe van “vreedsame saambestaan” vergestalt juis die teenoorgestelde: mense moet hul luste laat botvier, alle verantwoordelikhede verwerp en sodoende reduseer hulle hulself tot infantiliteit en kuddegedrag (lyk soos Nederland!).

In Nineteen Eighty-Four word met haat en vrees geregeer, en in Brave New World word gedrag wat by die kudde aansluit, beloon. In albei hierdie samelewings word ’n bepaalde klas mense tot die rand van die maatskappy uitgesonder om in armoede te leef, en hulle vorm die kontras vir die “verligte” utopiste. In beide samelewings word gepoog om romantiese liefde te elimineer, en die idee van ’n familie is ook nie gewens nie. In Nineteen Eighty-Four spreek Orwell sy vrees uit dat boeke verban sal word, en in Brave New World vrees Huxley dat boeke gewoonweg nie meer gelees sal word nie. Orwell vrees dat haat die mensdom se ondergang sal word en Huxley vrees dat liefde die mens se ondergang sal word.

’n Mens kan Suid-Afrika iewers in die middel van hierdie twee strominge plaas. Daar is elemente van albei aanwesig. Internasionaal staan Suid-Afrika bekend vir sy omgee en versoening, maar heelwat burgers weet beter. Vir meer as ’n dekade is die ANC besig om propaganda te maak teen die blankes, en die Naspers-stal publiseer slegs regimevriendelike nuusberigte, met so hier en daar ’n klein anti-ANC beriggie om die indruk te wek dat hulle nie bevooroordeeld is nie. Agter die ystergordyn was daar ook gebruik gemaak van “onafhanklike” bronne om die regime se standpunt en planne te beaam en goed te keur, en Helen Zille is tans besig om presies dieselfde te doen.

Deurdat ’n opposisieparty gebruik word om linkser gedagtes as die ANC te verkondig, is weereens ‘n propagandapunt vir die groot Stalinis Thabo Mbeki. Hiermee kan hy voorgee dat hy te “regs” was en dat die opposisie eintlik nog progressiewer is as hyself, waardeur die tweede fase van sy beoogde rewolusie ’n stap nader gekom het.       

Hoe dit ook al sy, die ANC sal sy wil op die bevolking afdwing. ’n Sluwe taktiek wat gebruik word, is die twee-stappe-vorentoe-een-stap-terug metode. Sodra die ANC so onbeskroomd sy (voornaamlik blanke) volksgenote wil vervreem, neem hulle ’n stappie terug om die indruk te wek dat hulle wel blankes se belange op die hart dra. Later probeer hulle weer. Dis net ’n kwessie van geduldig wees. Op dié wyse lê hulle op ’n subtiele manier beslag op alles wat leef en beef in Suid-Afrika. Die linkse Engelse dien as ’n soort katalisator om die oppermag van Thabo te versterk.

Mevrou Zille, wat blykbaar ’n aanhangster van die Black Sash was in die jare toe linkse drome nog onskuldig was, hou haarself blind vir die werklikheid van oehoeroe en die doodgebore konsep van die Afrika-Renaissance. Sy hoef net noord van die Limpopo te kyk om te sien waarnatoe sy oppad is. Vir iemand wat onder Tony Leon gestaan het vir baie jare behoort sy tog te weet hoe korrup en magsdronk die ANC eintlik is.

Wat motiveer haar? Is dit ’n soort Stockholmsindroom dat sy haar gyselnemer begin bewonder? Is dit ’n eiesoortige taktiek om die Zuma-faksie van die ANC klein te kry? Ek weet nie hoe vergesog dit is nie, maar die kans bestaan dat haar Xhosaverheerliking ’n voortsetting van die Boer-Britstryd is met ander middele. Dit wil voorkom asof die Afrikaners begin om ’n alliansie met die Zoeloes te smee, soos belangrike Afrikaners se besoek aan Jacob Zuma ‘n paar dae gelede, en dat sy as teenreaksie kant kies vir die Xhosa’s, die stam wat die groot Engelse Marxiste se harte altyd warm laat klop het.

Miskien is dit haar bedoeling om die Afrikaners in haar party na links te bekeer of anders moet hulle maar vertrek en ’n ander party gaan soek… ’n opvatting wat die Engelse al eeue lank koester en waarvan selfs die sewentiende-eeuse filosoof John Locke melding gemaak het in sy Two Treatises of Government. Waar die “I am English” voorvegters destyds hulself superieur gestel het teenoor die res van die wêreld deurdat hulle geglo het dat die Engelse ’n beter ras was, of ’n beter geloof aangehang het, waan hulle hulself nou voorvegters vir die Marxistiese gelykheidsideaal, maar slegs as jy hul taal en gewoontes oorneem. Die vorm is effens anders, maar die inhoud is dieselfde. Hulle kan hulself nie van hul eie superioriteitswaan bevry nie.

Kom ons hoop dat Zille binnekort sal insien watter fout sy gemaak het deur haar partygenote te vervreem. Nie baie mense wil in haar dapper nuwe wêreld deel wat hongersnood, armoede en ellende in Afrika gebring het nie. Hoewel, hoe wrang die ironie ook mag wees, dit vul ’n mens tog met ’n tikkie leedvermaak om te sien hoe die Ingelse chauviniste besig is om hul eie ondergang te saai sonder dat hulle dit self insien.

’n Mens sou skaars kon glo dat Orwell en Huxley al twee ook Engels was.

поверхностный самовсасывающий насос для водыДанильченко Юрий отзывы

Nederland: gevang tussen domheid en skynheiligheid

ImageDie mediaberigte oor die onluste in die Utrechtse volksbuurt Ondiep het wyd uitgekring oor die wêreld. Een van die buurtbewoners vertel herhaaldelik op die Nederlandse nuus dat daar “haat en nyd” tussen “ons” en “hulle” is. Die hele episode was gemasker agter sokkerondersteuners wat onluste veroorsaak, en die kwessie van etnisiteit was behoorlik weggesteek agter hierdie opvatting. Om die waarheid te sê het ek eers op die Praag webblad verneem dat die insident ’n sterk etniese lading gehad het. ’n Mens kan stel dat ek ook vasgevang was in die web van halwe waarhede wat die media geweef het oor die situasie, selfs al was ek in Utrecht ten tye van die opstande gewees verlede week. Daar het ek geen teken van onluste gesien nie, hoewel ek weliswaar in die stadsentrum was en nie in die wyke nie.

Inderdaad is dinge aan die rep en roer in Nederland. Die bekende skrywer Harry Mulisch het sowat ’n jaar gelede gesê as hy jonger was sou hy die hasepad uit Nederland gekies het. Dit is nou iemand wat destyds ’n groot voorstaander was van Castro se Revoluçion. “Sedert die moord op Pim Fortuyn hang daar iets onheilspellends in die lug in Nederland. ’n Sekere onskuld het verlore gegaan”, vertel Mulisch in ’n onderhoud. Baie mense voel ook dat die onskuld in Nederland weg is. Die parlementsverkiesing van afgelope November was ’n belangrike barometer om die volk se stemming te bepaal. Sowel die sosialiste en die regse Partij van de Vrijheid van Geert Wilders het ’n groot wins behaal by die stembusse. ’n Onstabiele kabinet is die gevolg hiervan, en Wilders meen dat daar alreeds ’n cordon sanitaire is rondom sy party. Hy word steeds meer deur die opposisiepartye geïsoleer en kan nouliks ’n sinvolle debat uitlok in die kabinet sonder om ’n slagoffer te word van verdagmakery. So byvoorbeeld het hy homself duidelik uitgespreek teen die feit dat parlementslede (oftewel Kamerlede, soos hulle in Nederland bekend staan), oor geen dubbele nasionaliteit mag beskik nie. ’n Dubbele nasionaliteit lei tot ’n dubbele lojaliteit, en as jy in Nederland in die parlement wil dien moet jou lojaliteit puur vir Nederland wees. Nogal logies, sou ’n mens dink, maar bloot omdat Wilders dit eerste gesê het, is pogings gedoen om dit teen te werk. Dieselfde tendens het ’n mens by Pim Fortuyn bespeur. Iemand in die opposisie wat sin maak, moet stil gemaak word.

Nederland is ’n land met ’n eeue-oue tradisie van toleransie en aanvaarding van vreemdelinge. Portugese, Jode, Italianers, Franse en ander groepe het al ’n spoor getrap in Nederland. Die meeste van hierdie groepe het opgelos in die Nederlandse kultuur en slegs heel selde is daar sprake gewees van ’n hardhandige verwydering van verskillende volke. Nederland het immers slegs twee groot oorloë gehad in sy geskiedenis, te wete die Tagtigjarige Oorlog en die Tweede Wêreldoorlog. Die Nederlandse mentaliteit is nie ingestel om mense te beskerm by groot bedreigings nie. Dit mag miskien verklaar waarom dit so maklik was om so ’n groot persentasie Jode te deporteer tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die anti-apartheid opstande kan ook deels verklaar word deur die naïwiteit van Nederlanders wat nie weet hoe dit voel om in ’n land te woon waar etnisiteit jou oorlewing bepaal soos in Afrika nie.

Vanweë Nederland se sosialistiese ingesteldheid kan ’n mens konkludeer dat daar baie waarde geheg word aan gelykheid tussen mense. Dit word deels bepaal deur die Calvinistiese mentaliteit van Nederlanders wat stel dat daar gelykheid tussen mense moet wees. Ofskoon die meeste mense geen dogmatiese belyders is van Calvyn se leerstellings nie, het hierdie ingesteldheid stewig wortel geskiet in die land se verskeie instellings. Agter die sluier van toleransie teenoor homoseksualiteit, dwelms, prostitusie, etnisiteite en derglike, is daar ’n sterk aanwesige tendens om ander mense of groepe neerbuigend te bejeën, soos dit ’n Calvinis betaam. Daar word af en toe spottend na Nederland verwys as die land van dominees en skoolmeesters, en hierdie mentaliteit het vir genoeg wrewel en haat gesorg by volksgenote.

Naas Harry Mulisch staan die wyle Willem Frederik Hermans en Gerard Reve bekend as die top drie na-oorlogse skrywers. Laasgenoemde twee skrywers kon die kleinburgerlike koekeloer-en skinder-mentaliteit van Nederland nie verdra nie en het hul heil elders gesoek. Hermans, wat homself in Parys gevestig het, het opgemerk dat Nederlanders altyd dink dat hulle die gewete van die wêreld is maar self geen kritiek kan verdra nie. Toe hy in 1986 Amsterdam besoek het om ’n toespraak te lewer, was die vergadering vanweë ’n bomdreigement tydelik ontruim gewees. Linkse aktiviste wou hom afskrik as gevolg van sy ‘hoogs omstrede’ besoek aan Suid-Afrika ’n paar jaar eerder, en kort na hierdie toespraak het die Amsterdamse burgemeester hom op die swartlys geplaas, wat hom verbied het om ooit weer ’n voet in die hoofstad te sit. Toe ek so drie jaar gelede Adriana Stuijt se bewusmakingsveldtog oor Suid-Afrika se plaasmoorde bygewoon het in Amsterdam, was daar ook bedreigings komende vanuit ’n ekstreem-linkse hoek gewees.

Daar is egter ’n blinde vlek in hierdie Calvinistiese gelykheidsideaal. Daar is ’n hele stel onsigbare reëls en waardes wat ’n mens moet internaliseer ten einde ’n ‘echte Hollander’ te wees. Nie alle buitelanders kan hierdie reëls en norme reg lees of verstaan nie. Gelykheid is eintlik eers ter sprake sodra jy ’n ‘echte Hollander’ is. In feite kan slegs ’n klein groepie nie-Westerse (allochtone) inwoners hulself volledig inburger in hierdie waardestelsel, en in baie gevalle gaan dit gepaard met ’n afswering van hul kultuur wat hulle van huis uit gekry het. Dit is vanselfsprekend dat die meeste allochtone nie hul afkoms wil verloën nie, en bevind hulself dikwels in ’n posisie waarin hulle met rolkonflikte te make het. Wanaanpassing, lae selfbeelde, haat en nyd is die gevolg hiervan. Vanuit die owerheid word veronderstel dat deur meer integrasie op hierdie mense af te dwing ’n einde gemaak kan word aan hierdie probleem. Soos N.P. van Wyk Louw in Liberale Nasionalisme gestel het, het die groter volke ook ’n swakheid, naamlik hulle besef nie altyd dat hulle verdrukkers van kleiner groepe is nie. Nie almal het die krag of ingesteldheid om ’n ‘echte Hollander’ te wees nie.

Dit is moeilik, selfs vir my met ’n Afrikaner-Calvinistiese agtergrond, om die volledige las van Nederlanderskap op my te neem. ’n Kultuur soos dié van die hedendaagse Nederland is in sy kern nihilisties. Ek kan absoluut geen regverdiging vind in burgemeester Job Cohen van Amsterdam se goedkeuring dat ‘gay’ kinders so jonk soos elf jaar met die volgende Gay Parade mee mag vaar op vlotte deur die Amsterdamse gragte nie. As ’n mens kinders begin blootstel aan pederastie, wat bly oor van jou trots, jou waardigheid of jou lojaliteit teenoor jou medeburgers? Hierdie daad lig egter geen wenkbrou by die plaaslike Nederlanders nie. Nederland staan hiermee op die vooraand van ’n tweede seksuele rewolusie en sien nie die alarmligte flikker nie. Die Franse skrywer Michel Houellebecq het ons ’n belangrike les geleer in sy roman Moontlikheid van ’n eiland, waarin hy vertel van ’n skerpsinnige verhoogkomediant wat homself volledig gestort het in die wêreld van seksuele losbandigheid, en uiteindelik tot selfmoord gedryf was deur die leegte wat hom begin vul het soos wat hy ouer geword het.

Met hierdie vervaging van norme, die ophemeling van seksuele losbandigheid wat al hoe meer herinner aan die Markies de Sade se skrywes en tegelykertyd die neerbuigendheid wat allochtone ervaar om ‘meer soos ons’ te word is belangrike redes hoekom spanninge ’n etniese karakter begin kry. Dis myns insiens nie soseer ’n gevoel van bedreiging wat hierdie konflikte aandryf nie – alhoewel dit beslis ’n rol speel – maar ’n gevoel van weersin in die leegte wat die Nederlandse kultuur skep. Die psigiater Theodore Dalrymple het gestel dat ledigheid in hierdie geval beslis die duiwel se oorkussing is.

Noudat die ekonomie weer begin beweeg in Nederland is die verskillende staatsinstellings ywerig besig om mense terug te bring in die werksfeer deur dit moeiliker te maak om jou uitkering te behou. Bedrywe is egter nog te geslote en kieskeurig vir baie mense, waardeur weereens ’n dubbele verwagting ontstaan by veral allochtone. Bedrywe wil enersyds meer integrasie sien as jy ’n beter werk wil hê, en andersyds probeer die uitkeringsinstansies die indruk te skep dat as jy nie werk soek nie jy lui is. Daar is envoudigweg nie genoeg plek vir almal in die werksfeer nie. Vanweë die hoë eise wat bedrywe stel kom baie allochtone nie aan bod nie, maar as hulle nie probeer nie, kry hulle met die hoë eise van die uitkeringsinstansies te make. Dit hou die siklus van weersin en ongeloofwaardigheid jeens die Nederlandse staat in stand.

Waar dit op neerkom is dat Nederland ’n hele paar dekades agter loop met Suid-Afrika as dit kom by rasse en etniese kwessies. Hertzog het tagtig jaar gelede al antwoorde gehad op vrae wat Nederland nog moet begin stel. Hoewel, die plaaslike owerheid van Rotterdam het sedert ’n jaar of drie ’n soort groepsgebiedewet ingevoer wat mense met ’n lae inkomste of slegte taalbeheersing buite die stad moet hou. Dit is ironies hoe die bekende Kaaskop gemakstoelsosialis Marcel van Dam homself woedend en skuimend om die mond teen apartheid uitgespreek het, maar self betrokke was by die ontruiming van die Bijlmer, ’n Amsterdamse gettowyk, om die inwoners in omliggende dorpe en stede te huisves, soortgelyk aan die ontruiming van Sophiatown destyds. Waar Sophiatown later omgeskep was in ’n woonbuurt om arm blankes in die stad te huisves sodat hulle nader aan hul werk kan wees, word nou gepoog om die Bijlmer om te bou in ’n luukse woonbuurt vir sakemense. Die arrogansie en skynheiligheid in hierdie daad skrei ten hemele.

Vanweë die verstikkende reëls, die plaas-alles-in-hokkies mentaliteit, meriete-gebaseerde diskriminasie op die werkvloer en derglike is Nederland by uitstek ’n land wat in die wieg gelê is vir apartheid; ’n segregasie tussen geïntegreerd en nie-geïntegreerd ontstaan op hierdie manier. W.F. Hermans was bloot logies gewees toe hy in 1983 gesê het dat die haat wat Nederland teen die Afrikaner koester slegs gevoed word deur die haat wat Nederland vir sy eie skrywers en kultuur het.

’n Mens wonder hoeveel etnies-gebaseerde opstande hier nodig sal wees voordat die politici en burgers hul domheid en skynheiligheid van hul integrasiebeleid gaan begin insien.

ds dentalДанильченко Юрий Брониславович

Jason Lloyd se galbraak oor ‘De la Rey’ en Afrikaners

ImageAs ’n mens LitNet se rubrieke oor Bok van Blerk se “De la Rey” lees, wonder ’n mens wat hierdie skrywers motiveer om so honend op te tree teen Van Blerk se treffer. Dit is in elk geval weereens ’n bewys in hoeverre mate alle vorme van kulturele ekspressie vanuit Afrikanergeledere ’n politieke lading moet kry. ’n Afrikaner kan deesdae niks sê, dink of doen om by sy eie mense ’n gevoel van hoop of trots in te boesem nie of die polities-korrektes begin met hul verdagmakery; ’n soort paranoïa wat ’n mens laat dink aan die Jodevervolging in Duitsland in die dertigerjare. Dit is duidelik dat Afrikanereenheid ’n bedreiging vir die ANC en hul sikofante vorm.

Die vreemde ding van hierdie paranoïa is die feit dat die Boere voortdurend deur die geskiedenis die slagoffers van ander groepe se moordlus of imperialisme was, en nie die daders nie. Daar was die getaloormag van die swartes enersyds en die geldmag van die Engelse andersyds wat die Afrikaner se bestaan bedreig het. Wanneer het Afrikaners ooit onskuldige burgers as militêre teikens beskou soos die lafhartige ANC met hul 500 bomaanslae gedoen het? Wanneer het Afrikaners ooit slagspreuke gesing om produktiewe burgers van die samelewing te vermoor soos Peter Mokaba of die Mandela’s gedoen het, en dan agteraf gemaak asof die moorde as gevolg van diefstal was? Dit lyk asof die “progressiewes” dink dat saamstaan onder Afrikaners dieselfde betekenis het as hul eie vorm van saamstaan, naamlik om ander groepe te vermink of uit te moor. Hulle verdink met ander woorde die Afrikaners van hul eie verderflike motiewe, en die Boeremag-illusie vervul hierdie wanvoorstelling.

Dit is nogal ironies dat Afrikaners nie na hul eie mense kan verwys sonder dat hulle as gevaarlike reaksionêre afgemaak word nie, maar ander volke mag wel sonder vrees van vervolging oor hul eie etniese groepe skryf. ’n Goeie voorbeeld hier is LitNet se Jason Lloyd wat ’n hele rubriek vol onsamehangende twak geskryf het om in alle toonaarde sy minagting vir “De la Rey” te wys. Ek vermoed hy is gevra om kommentaar oor die “De la Rey”-golf te lewer maar gebruik daardie geleentheid om sy gevoel van minderwaardigheid teenoor Afrikaanse koerante uit te basuin, omdat daar kwansuis te veel positiewe “wit” nuus en te min positiewe “bruin” nuus in sou staan. Om hierdie minderwaardigheid en wraakgevoelens gestalte te gee, gebruik hy ’n taktiek wat kommuniste gereeld gebruik, naamlik om abstrakte woorde wat moeilik definieerbaar is slordig rond te strooi, lynregte teenstellings te skryf en dit dan aan die lesers as intellektuele leesstof te verkoop.

Lloyd skryf byvoorbeeld: “Die nuus oor Bok van Blerk se lied “De la Rey” is so vervelig dat ek iets kan oorkom as ek dit hoor of iets daaroor lees. Ek voel vere vir die vervelige lied oor vervloë tye. Dit is ʼn gewelddadige en ʼn rassistiese lied wat oorlog aanblaas.” Wat wil hy nou vir sy lesers sê? Hoe kan ’n lied tegelykertyd vervelig en gewelddadig wees? Of beskou hy gewelddadigheid en rassisme wat oorlog aanblaas as iets verveligs? Dit behoort hom dan nie te verbaas dat slegs blankes voortdurend kla oor geweld nie.

Dieselfde Lloyd beskuldig Afrikaners wat nie wil deel in die ANC se totalitêre magspolitiek nie as onpatrioties, en dit wil voorkom asof hy dink dat Afrikaners nog te veel politieke mag het in Suid-Afrika. Alles wat sleg is, is as gevolg van nie-getransformeerde Afrikaners en die bendegeweld onder sy eie mense bekla hy as bevooroordeeldheid in Afrikaanse koerante (statistieke het aangetoon dat die moordsyfer onder die bruin gemeenskap nog hoër is as onder die swart gemeenskap). Tegelykertyd is hy ontevrede oor die feit dat sommige Afrikaners nie wil deelneem aan die morele herstel van Afrikaans nie. Van watter soort moraliteit hier ter sprake is – die Joods-Christelike moraal of daardie soort moraal wat ’n mens aanhang as jy jou bas wil red in ’n totalitêre regime – is nie duidelik nie, hoewel laasgenoemde meer aanneemlik lyk.

In sy rubriek, net soos in vorige rubrieke van hom, verwys hy konstant na sy eie etniese groep, naamlik die bruin mense, en is vol lof oor die Universiteit van Stalinbos se nuwe bruin rektor, professor Russel Botman. Dit lyk ook of hy ’n spesiale bewondering koester vir mense soos Jakes Gerwel, daardie anachronistiese denker wie se politieke betrokkenheid saam met die Berlynse Muur in die vergetelheid moes geraak het.  

Vir iemand wat ’n hoë dunk het vir sulke dinosourusse is hy besig om juis dit te bevestig wat hy wil bestry, naamlik om ’n bespotting te maak van die intellektuele vermoeëns van sy eie groep. Niemand met ’n bietjie kritiese insig sal sy twak ernstig opneem nie. Hy vind dit ’n klap in die gesig dat Die Burger per abuis die term Afrikaner-intellektuele gebruik het toe hulle ook na bruin intellektuele verwys het. Dit is duidelik dat hy ’n afkeer het van Afrikaners en die hele kwessie van baasskap van die Nasionale Party destyds. Dit lyk my nie hy besef dat die baasskap van vroeër die enigste versekering was wat hy gehad het om te keer dat Suid-Afrika nie in dieselfde Afrofascistiese gemors beland het soos alle ander Afrikalande noord van die Limpopo nie.

Iets wat dikwels plaasvind tydens rewolusies is dat ou wonde oopgekrap word juis wanneer hulle die geleentheid kry om te genees. Lloyd is besig met sy vurige betoog noudat dinge vir die bruin mense beter begin word, met die aanstelling van Botman as rektor van die US. Geen woord van dank aan die Afrikaner wat dit vir hulle moontlik gemaak het om so maklik na die topposisies deur te stroom nie, maar net minagting vir Afrikaners vind ’n mens in sy rubriek, en dan bekla hy daardie groep se negatiewe houding oor die “nuwe” Suid-Afrika.

So beweer hy dat die boere “die bliksem in was” toe hulle berig ontvang het van die minister van grondroof en hongersnood, Lulama Xingwana, dat hulle hul werkers beter moet behandel. Die feit dat 93% van die swart plaaswerkers op goeie terme met die boere verkeer is ’n werklikheid wat hy blykbaar nie kan sluk nie, of hy is as nuwe intellektueel – daardie soort waarna Gramsci verwys het – nie in staat om die werklikheid onder oë te neem nie. Die volksmoord op die boere laat hom kennelik koud. Hy verkies dit om sy verbeelding op die woordverwerker uit te tik en dan te maak asof hy analities besig is as om self te sien wat werklik besig is om in die land te gebeur.

Maar goed, as hy so graag ’n voorvegter wil wees van bruin intellektuele, moet hy eers aan sy eie houding verander. Dit sal ’n goeie begin wees om homself af te vra hoekom hy dit as ’n belediging vind as iemand hom per ongeluk ’n Afrikaner noem. ’n Volgende stap sou wees om te vra wat Afrikaners presies gedoen het om so baie smaad te verdien. ’n Ander stap sou wees om te wonder of dit werklik vooruitgang sou beteken as Zebulon Dread redakteur van Die Burger sou word. Sonder om kritiese vrae te stel, soos in Lloyd se geval, sal hy verdoem wees om soos ’n skaap na die slagpale te loop en te maak asof beter dae in die vooruitsig is. Dieselfde het agter die ystergordyn gebeur toe ’n groepie intellektuele hul volk gek gemaak het met allerlei lugkastele, nare Amerikaners, die verderflike Weste, maar geen enkele fout kon vind met die 100 miljoen moorde wat onder hul neuse plaasgevind het nie.

Miskien is dit die rede hoekom “De la Rey” vir Lloyd so bedreig laat voel. Dis nie soseer ’n botsing van waardes wat krap nie, maar ’n botsing van mentaliteite. As ’n nugter Protestantse volk hul griewe begin verhef, het die “progressiewe” intellektuele oor die algemeen nie veel teenargumente om hul onsinnige skrywes te verdedig nie. Hy wil mos nie hê dat bruin Afrikaanses “vir fools” gevat moet word nie. Nou ja, dan moet hy ook nie sulke subintellektuele prul skryf nie.

Om die woorde van George Orwell aan te haal: You have to be an intellectual to believe such nonsense. No ordinary man could be such a fool.

финская сауна этоФильчаков Александр Васильевич

Alex Boraine: Scratching where it’s not itching

In a recent news article, former deputy head of the Truth and Reconciliation Commission (TRC) dr. Alex Boraine accused the National Prosecuting Authority of dragging it’s feet in the prosecution of people denied amnesty by the TRC. The United Nations Committee backed Boraine’s plea, claiming that people suspected of torturing prisoners during apartheid should be put "on trial and pay compensation to the victims."

One cannot help but question why the prosecution of former leading figures under apartheid is still considered a major priority amongst South Africa’s new ruling class. Obviously justice should be served, but the current levels of violence, murder and mayhem under ANC rule eclipses the crimes committed during apartheid by far, in effect making a mockery of the whole idea of justice, not to mention reconciliation. Had South Africa transformed into the stable, prosperous and peaceful country its citizens hoped for, the justice in this act would have been understandable. The current ANC’s feet-dragging policy towards combating AIDS and violence though, seems to be conveniently overlooked in this plea.

The absurdity is exacerbated if one considers the tendentiousness on which the TRC was founded. In stead of a bona fide courtroom trial, in which first of all the nature of a crime has to be thoroughly examined before prosecution could take place, the TRC drew an a-priori conclusion regarding the criminal nature of apartheid and henceforth proclaimed to investigate to what extent the crimes committed could be considered crimes. In short: You are guilty, but exactly how guilty needs to be discovered, effectively leaving the administrators during the apartheid regime in a Kafkaesque "damned if you do, damned if you don’t" double bind. In doing so, the TRC placed itself in the position of the sole moral authority over South Africa, an act that portends the rise of a totalitarian regime where a minority now finds itself at the mercy of a "moral" majority.

Boraine’s plea follows two significant events pertaining to South Africa’s past and present. Firstly former president P.W. Botha passed away, and contrary to the expectations of many South Africans, president Thabo Mbeki hailed Botha as a leader who made a significant contribution to dismantle apartheid. Messages of gratitude and scorn were echoed world wide through media and discussion forums, some calling Botha a hero and man of integrity, other calling him a Fascist, oppressor and even a war criminal.

The other significant event was the release of the United Nations Human Development Index , where the declining state of health in South Africa is for all to see. What makes this report especially significant is the gradual increase of South Africa’s general health from 1975 onwards, reaching a plateau in 1990 and sharply declining from 1995, shortly after the ANC took power. South Africa slid down 35 places since 1990, currently ranking at 121 out of 177 countries. The main cause of this decline is attributed to the AIDS epidemic.

Even though the TRC issued a harsh sentence towards apartheid, general health statistics paint a somewhat nuanced picture. Indeed, life expectancy amongst Africans increased significantly during white rule from Verwoerd onwards. Tuberculosis was brought well under control and infant mortality rate fell sharply. During apartheid, the economy grew at a steady 3,5% per annum, the number of black school going children increased by 250% during the first 25 years and during the last 20 years of white rule, the total number of income earners in the entire South African economy saw blacks almost double from 20% in 1975 to 37% in 1995. These contributions left TRC head Archbishop Desmond Tutu unimpressed, claiming "a bad tree cannot bear good fruit". Along with this, Tutu launched a fierce attack on F.W. de Klerk for possessing knowledge regarding the Boipatong massacre, perhaps even orchestrating it. A preposterous accusation, especially given the volatile transition period. No leader would ever risk a civil war by inciting violence amongst tribes. Only when De Klerk threatened legal action to shut down the TRC, Tutu withdrew his unfounded accusation.

From this perspective, Boraine’s accusation to once again pay attention to past crimes merits concern. Not only has the TRC revealed its biased witch-hunting approach that paid little respect for great achievements that were made during apartheid, it also claims to be an organ superior to the rule of law. This is demonstrated further when three years ago a legal team led by Ed Fagan wanted to sue major American companies for profiteering from apartheid, as apartheid was declared a crime against humanity. Nelson Mandela and Desmond Tutu stepped in the fray discouraging the plaintiffs, with Mandela stating that South Africans do not need outside interference and are capable to deal with issues of reconciliation, reparation and transformation among themselves (the irony being that the same international interference turned Mandela into a leading symbol of hope). This makes one wonder as to the honesty of the TRC’s accusation that apartheid is a crime against humanity, a view originally held by the Communist block in the United Nations and dismissed by the West. It should surprise few that many TRC members had Communist sympathies, and the TRC hearing should therefore be seen as an elongation of Communist deceptive facade politics. After all, what damage could a legal tribunal have done that the TRC could not?

The most reasonable assumption for the UN committee’s and Boraine’s actions would be to distract the attention away from the current political chaos that is undermining South Africa as a nation. It seems as if a need to establish a moral credibility is needed. The ANC is clearly a failing government. Ten years ago South Africa boasted as world leader in training medical doctors. Today the minister of health, dr. Manto Tshabalala Msimang advises the use of a garlic cocktail to treat HIV infections. Many qualified South Africans are leaving the country because of unpopular government policy, opinion makers have expressed doubt in South Africa’s ability to host the 2010 FIFA World Soccer event, and leftist anti-apartheid authors and poets have expressed their discontent with the ANC government. Breyten Breytenbach referred to the ANC as racist and Stalinist, André P. Brink called safety and security minister Charles Nquakula a monster and Nadine Gordimer typified some developments in South Africa as ‘very, very worrying’. Mbeki’s comradeship with Zimbabwean dictator Robert Mugabe does little to inspire confidence with white landowners, whom are according to certain experts already being threatened with genocide. Incidentally, veteran anti-apartheid politician Helen Suzman warned against Thabo Mbeki stating he is "most definitely anti-white".

Dr. Boraine is in effect defying that very same moral principle he proclaims to uphold. The message he sends out justifies governments’ draconian anti-white laws and condones the current mayhem. To delve into the past twelve years after the end of white rule seems to reveal a certain sense of fatalism, a perception that South Africa could not be saved on its current course. This in turn reinforces governments continuing strive to turn South Africa into a once again divided country, but this time between rich and poor. Time will tell which the bigger of the two evils would be, even though many people already made up their minds on this matter. Poverty and hunger enslave people more than any "whites only" poster could.

интернет магазин диагностического оборудования для автомобилейФильчаков прокурор отзывы

Is die herinvoer van die doodstraf ‘n wyse besluit?

Na aanleiding van regter Gerhardus Hattingh se uitspraak, begin die debat oor die herinvoer van die doodstraf so langsamerhand weer die botoon te voer. In ‘n meningsopname van Rapport blyk dit dat ‘n enorme 97% van die respondente ten gunste is van ‘n herinstelling van die doodstraf, met slegs 3% daarteen. Hoewel hierdie opname na my wete nie volgens die wetenskaplike riglyne van objektiwiteit geskied het nie, is die oorweldigende reaksie ‘n onmisbare aanduiding van waar die meeste mense se gedagtes oor hierdie saak lê.

Die reaksie is te verstane. Misdadigers maak ‘n bespotting van alles wat orde en wetmatigheid voorstel. Moord, roof, verkragting, vrees om soggens by die deur uit te gaan, oorvol tronke en gebrek aan geregtigheid is alles faktore wat die gewone wetsgehoorsame burger wanhopig maak. Enige land of volk wat met soveel geweld geteister word, sou dieselfde gereageer het. Daar is geen ruimte meer vir die linkse kranksinniges wat ons probeer oortuig dat die daders eintlik die slagoffers is en die slagoffers die daders nie.

‘n Mens is onder sulke omstandighede geneig om die etiek oor die doodstraf te berde te bring, met omtrent ewe goeie "wetenskaplik gefundeerde" argumente daarvoor as daarteen. Ten gunste van of teen die doodstraf is ‘n eindelose debat sonder uitkoms. Die pro-kamp bly oor die algemeen pro- en die teen-kamp bly meestal teen (hoewel dit lyk asof Suid-Afrika se teen-kamp eensaam begin word). Hoe kan ons desnieteenstaande die eindelose debat oor hierdie kwessie beslis?

Daar is ‘n mate van uitkoms… as ons soos kommuniste dink. Ons moet ons perspektief oor die saak wysig. In ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika moet ons maar ons etiekboeke en moraliteite by die venster uitgooi en kyk na die vereistes en taktiek wat deur die regering gevoer word. Dis per slot van rekening die ANC-regering wat teen die doodstraf is, terwyl hulle self barbaarse moordpraktyke en terreur gebruik het om aan die mag te kom, en nog steeds daartoe in staat is. Hulle sing ondanks alles voor in die koor dat hulle daarteen is. Die skynheiligheid is om van siek te word. Daarom moet ons ons woede temper en nugter kyk na wat hulle bekokstoof.

Die ANC is ‘n rewolusionêre organisasie en geen demokratiese party nie. Tydens rewolusies vind bloedvergietings nou eenmaal plaas. Dit is deel van die "oorgangsproses". Om aan ‘n rewolusionêre organisasie ‘n sanksie soos die doodstraf toe te vertrou, kan enersyds futiel en andersyds uiters gevaarlik wees.

Die doodstraf kan futiel wees in soverre dat dit geen effek kan hê nie. Slegs tussen 2% en 6% van alle misdadigers beland voor die regsbank en onder swartes heers daar ‘n kultuur wat misdade goedkeur maar dit veroordeel om gestraf te word. As jy gevang word, is dit jou verdiende loon: jy moet liewers nie gearresteer word nie. Die misdaad self is nie verkeerd nie. Selfs ondersoekers by die Institute for Justice and Reconciliation het al gewonder hoe dit is dat by swart volkere geen duidelike taboegrens bestaan of in stand gehou word nie. Hulle relativeer alles en skuif die oorsaak voortdurend op ander eksterne oorsake af. Die howe is nogal geneig om aan sulke oorsake die skuld te gee. Dit is ‘n wêreldwye tendens, waaroor die psigiater Theodore Dalrymple al dosyne artikels gepubliseer het om te argumenteer dat relativering misdaad juis in die hand werk.

Daarbenewens moet ons bewus wees van die omvang van misdaad in Suid-Afrika. Die kans dat die doodstraf misdadigers afskrik, is bedenklik. Moordenaars sien self moord, roof en verkragtings elke dag om hulle heen, en is net so maklik ‘n slagoffer van geweld as hul eie slagoffers. As iemand in die gevangenis van Pretoria-Sentraal tereggestel word, handel dit om ‘n sanksie wat buite die direkte beleweniswêreld van die moordenaars val. Hulle word veel meer afgeskrik deur hul mede-misdadigers as deur ‘n abstrakte wetlike uitspraak met ‘n enkele teregstelling of teregstellings per maand (dit lyk uiters onwaarskynlik dat die staat ‘n paar honderd duisend teregstellings per jaar sal uitvoer). ‘n Mens wil byna sê dat onder sulke omstandighede die doodstraf is soos om ‘n halwe parasetamol in te neem teen ‘n aggessiewe kanker.

Nog ‘n faktor wat die futiliteit van die doodstraf benadruk, is na aanleiding van ‘n Amerikaanse ondersoek wat uitgewys het dat die aantal moorde beduidend toeneem nadat ‘n teregstelling plaasgevind het. Die doodstraf mag selfs aweregs werk. Dit is onseker of dieselfde sal geld vir Suid-Afrika waar die meerderheid moordenaars as gevolg van bygelowe hul misdade bedryf. Met ander woorde: ons kan nie met sekerheid sê of swartes oor dieselfde oorsaak – gevolg opvattings beskik as Westerse mense nie. Navorsing sal kan uitwys hoe ons hierdie dilemma moet insien.

Die doodstraf kan andersyds uiters gevaarlik wees. Ek dink nie dit is verantwoordelik om die ANC ‘n wapen soos die doodstraf in diel hand te stop nie. Die regering bestaan self uit verkragters, rowers en moordenaars en hulle vrees dat hulle self die slagoffers kan word van hierdie beleid. Op die oog af lyk hierdie soos ‘n seën, maar met die oplaaiende konflikte tussen die Zoeloes en Xhosas mag die doodstraf van ‘n "verkeerde" stamgenoot die begin van ‘n nuwe Difaqane ontketen. Ek vermoed dat die haat wat die ANC teen blankes aanblaas ook ‘n poging is om die aandag van die sluimerende stamkonflikte af te lei, soortgelyk aan Iran wat Israel voortdurend beledig om die onderliggende konflikte in die Islamitiese wêreld te verberg.

Thabo Mbeki is ook besig om ANC-gesinde regters aan te stel en een van sy partygenote het al duidelik laat blyk dat minderheidsgroepe slegs ‘n bestaansreg het omdat Mbeki "ruimhartig" is teenoor hulle. Die howe – wat die laaste geregtelike versekering vir blankes bied – sal weldra hul beskerming vir minderheidsgroepe nie nakom nie en sal veroorsaak dat minderheidsgroepe oorgelewer word aan Mbeki se besluite. ‘n Paar jaar gelede het ‘n swart regter die ouers van ‘n verkragte baba met strawwe van nalatigheid bedreig terwyl hy die dader op borgtog vrygelaat het. Om die doodstraf onder sulke omstandighede te bepleit, is glad nie verstandig nie. Die ANC gaan dit gebruik om blankes tereg te stel. Gegewe die totaal gebrekkige manier waarop foreniese ondersoeke verrig of geargiveer word, kan ons nie verwag dat daar objektief met bewysmateriaal omgegaan word nie. Laat staan nog as ‘n aartsrassis soos regterpresident Hlope die saak sou verhoor.

Ons moet egter voor oë hou dat die ANC Suid-Afrika beskou as ‘n land wat nog steeds in oorgang is, en Mbeki begin al gedagtes opper vir ‘n tweede rewolusie. ‘n Debat oor die doodstraf kan eintlik slegs gehou word as daar politieke stabiliteit heers. Soos Erik van Ree – ‘n kenner van kommunistiese bewegings – gestel het, het kommuniste geen moraal nie. Hul moraal is beperk tot nut en skade vir die saak. Die ANC/SAKP-kliek sal die doodstraf slegs toelaat as hulle daar baat by het. By implikasie word hier geopper dat juis die afskaffing van die doodstraf tot hul voordeel strek.

As Suid-Afrika ‘n stabiele, welvarende demokrasie was, waar minderheidsregte meer werd was as bloot ‘n vergete artikel in die grondwet, sou die doodstraf soos ‘n geskikte manier gelyk het om ‘n einde te maak aan die uiterste barbarisme wat Afrika teister. Maar tot tyd en wyl, solank as wat die ANC Suid-Afrika bly teister, dink ek ons moet ‘n toontjie laer sing oor die doodstraf. Die pro-doodstrafkamp moet nie al te gemaklik en naïef glo dat geregtigheid onder die ANC sal geskied nie.

As iemand my voortaan sou vra of ek ten gunste van of teen die doodstraf in Suid-Afrika is, dink ek my antwoord is sonder twyfel: ‘n Eie onafhanklike, welvarende, stabiele demokratiese staat, los van die ANC se kloue! Daarna sal ek eers ‘n ja- of nee-antwoord durf waag.

светильники подвесныеФильчаков прокурор отзывы