Terroriste Doer Onder sit lank

Vyf radikale Moslems – vier van Libanese herkoms en een van Bangladesj, het tronkstraf van tussen 23 en 28 jaar op die lyf geloop.

Die vyf het terreurplanne gesmee uit protes teen Australië se deelname aan die oorloë in Irak en Afganistan. Hulle is reeds in Oktober verlede jaar skuldig bevind. Hulle is met vuurwapens en chemikalieë vir die maak van plofstof betrap, en wou in 2006 ‘n terreurdaad “met ‘n onbekende doel” pleeg.

Die een wat die minste tronkstraf opgelê is sal oor 17 jaar en drie maande onder baie streng voorwaardes uit die tronk kan kom.

Bron: Trouw

электрический гайковертлобановский александр жена

Taliban-aanval op Kaboel

Vyf mense, waarvan een ‘n burgerlike kind is, is in ‘n Talibanaanval in Kaboel gedood, asook vier van die aanvallers. Twee was selfmoorbomaanvallers.

Die aanval het gevolg te midde van Amerikaanse voerwerk om die NAVO-magte in Afganistan aansienlik uit te brei, en die inhuldiging van ‘n paar ministers deur pres Hamid Karzai wie se aanstellings deur die parlement verwerp is. Verskeie van die ontploffings en gevegte was in die omgewing van regeringsgeboue, wat die presidensiële paleis insluit. 

Bron: Montana Standard

люстры отечественного производствалобановский александр игоревич

Karzai Afghanistan se president

Hamid Karzai is Maandag deur Afganistan se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) as die wenner van die land se tweede demokratiese verkiesing aangewys.

Karzai het die omstrede verkiesing gewen nadat ‘n beplande herverkiesing gekanselleer is.

Die OVK het besluit dat daar nie ‘n herverkiesing gaan plaasvind nadat die enigste opposisieleier, Abdullah Abdullah, onttrek het, het OVK-bronne Maandag gesê.

Afganistan se verkiesingswaghond (ECC) het in Oktober ‘n verslag bekendgemaak met aantygings van grootskaalse bedrog tydens die land se verkiesing in Augustus vanjaar.

Die verslag het versoek dat sowat 210 stemlokale se stemme nietig verklaar word.

Die ECC het gesê hy het “duidelike bewyse van bedrog” by hierdie stemlokale gevind.

абажур с гималайской солью для банилобановский александр игоревич класс

VSA-diplomaat bedank oor Afghanistan

‘n Amerikaanse diplomaat is só ontnugter deur die VSA se betrokkenheid in Afganistan dat hy uit sy pos bedank het.

Hy is die eerste Amerikaanse amptenaar geword wat bedank in protes teen die agt jaar lange oorlog, het die Washington Post Dinsdag berig.

Die 36-jarige Matthew Hoh was ‘n senior amptenaar in die staatsdepartement van Afganistan se Zaboelprovinsie totdat hy verlede maand bedank het.

Hoh het in ‘n brief op 10 September aan die staatsdepartement se personeelhoof geskryf: “Ek het begrip en vertoue in die strategiese prosedures van Amerika se teenwoordigheid in Afganistan verloor.”

“Ek twyfel oor ons huidige strategie en beplande toekomstige strategie. My bedanking is nie gebaseer op hoe ons die oorlog aanpak nie, maar hoekom en vir watter doel,” het hy geskryf.

Volgens die berig het die bedanking “skokgolwe tot in die Withuis gestuur.” Regeringsamptenare het vergeefs probeer om Hoh te oorreed om te bly.

Die regering is glo bekommerd dat hy ‘n prominente kritikus teen die Amerika se Afganista-beleid gaan word.

 

циркуляционные насосы для повышения давленияФильчаков прокурор харьков

Twee Franse vegvliegtuie bots

Twee Franse Rafale-straalvegters het in die Middellandse See neergestort toe hulle na hulle vliegdekskip teruggekeer het ná ‘n toetsvlug.

Een van die loodse is gered en is “goed en gesond” nadat hy uit sy supersoniese vliegtuig geskiet het, het ‘n woordvoerder vir die Franse vloot, Kommandeur Bertrand Bonneau gesê. ‘n Soektog is vir die ander vlieënier onderweg.

“Alle pogings is nou daarop gerig om die tweede loods te vind.”

Die Rafales, soortgelyk aan dié wat die Franse magte in Afghanistan gebruik en wat Frankryk nou hoop om aan Brasilië te verkoop, het gister omtrent 30 kilometers van Perpignan in die suidweste van Frankryk geval.

Hulle was op pad terug na die vliegdekskip, Charles de Gaulle, ná ‘n ongewapende toetsvlug. Bonneau sê die vliegtuie was in die hande van uiters ervare loodse.

Die Rafale, wat gebou word deur die Franse vliegtuigvervaardiger Dassault, wat verantwoordelik was vir die legendariese Mirage, het die eerste keer in 1998 van die monteerbaan af gekom. Elkeen kos sowat R500-miljoen. Frankryk mik daarna om 294 Rafale-stralers in hulle weermag te hê. 80 vliegtuie is al aan die lugmag en die vloot besorg.

Brasilië het onlangs aangedui dat hulle belangstel om 36 Rafales te koop in ‘n transaksie wat etlike miljarde euro’s sal beloop.

справки в универ по болезниДанильченко Харьков

Vanuit Afghanistan se tronke word terreur beplan

Militantes van die Taliban en al-Kaida gebruik beknopte tronke in Afghanistan as ‘n veilige vesting om aanvalle te beplan en om werwing te doen, waarsku die hoogste Amerikaanse bevelvoerder in Afghanistan in ‘n verslag aan President Barack Obama.

“Daar is meer insypelaars per vierkante voet in korrektiewe instellings as op enige ander plek in Afghanistan,” beweer die vertroulike verslag wat deur die Washington Post in die hande gekry en gister gepubliseer is.

In sy strakke feiteoorsig, wat ‘n pleidooi vir meer Amerikaanse troepe insluit, stel Generaal Stanley McChrystal ‘n oordoen van hoe die Amerikaanse militêre magte en die Kaboel-regering insurgente hanteer.

Hy het ‘n beroep gedoen dat ekstremiste van meer gematigde gevangenes geskei word en vir die oprigting van ‘n Amerikaanse taakmag wat “na die langtermyndoel om die VSA uit die aanhoudingsbesigheid te kry, sal werk,” terwyl hulle Kaboel sal help om die land se tronke op te knap.

“Die VSA het na Afghanistan gekom onder eed om hierdie selfde vyande veilige vestings te ontsê in 2001,” het die generaal geskryf.

“Hulle het gegaan van onbereikbare bergskuilings tot werwing en indoktrinering terwyl hulle in die oopte wegkruip, in die Afghaanse Korrektiewe stelsel.”

Die verslag waarsku dat “insypelaars die Afghaanse Korrektiewe Dienste as ‘n veilige vesting en ‘n basis vanwaar dodelike operasies (teen die sentrale regering en koalisiemagte) gebruik word.”

Hy beraam dat el-Kaida-insypelaars meer as 2 500 van die land se 14 500 gevangenes uitmaak.

трансформерыФильчаков прокурор харькова

Obama se eie, duur en eensame oorlog

'n Senior Amerikaanse militêre raadgewer, James Jones, sê indien Barack Obama vir bykomende troepe na Afghanistan gevra word, gaan dit vir 'n "WTF" oomblik sorg. WTF is Pentagon-slêng vir “whisky tango foxtrot” en is die afkorting vir “What the fuck?”

Daar is reeds 21 000 ekstra troepe na Afghanistan ingestem wat die totale teenwoordigheid op 68 000 te staan bring en nog bykomende soldate gaan 'n kopseer vir die president wees omdat hy reeds sukkel met die VSA se fiskale tekort.

Maar dit gaan baie moeilik wees om die versoek vir meer soldate af te keur. Generaal McChrystal, die nuwe bevelvoerder in Afghanistan, gaan waarskynlik vir 10 000 ekstra soldate vra. Daar is selfs gerugte dat hy 20 000 of 30 000 kan versoek.

Hy geniet daarbenewens die ondersteuning van David Petraeus, hoof van die Sentrale Bevel. Militêre kenners is oor die algemeen van mening dat die verhouding tussen die bevolking en die aantal soldate nie hoog genoeg is nie. Teen die huidige tempo sal dit tussen 12 en 14 jaar neem om sukses te behaal.

Maar meer soldate beteken hoër kostes en die dodetal is besig om drasties toe te neem met die "skoonmaak, hou en bou" strategie van die VSA wat uitbeweeg en versprei na kleiner dorpies.

Die groeiende aantal sterftes kan 'n ernstige terugslag vir Obama inhou. Hy hou reeds die oorlog daar voor as een van "noodsaak" teen Al Kaida, terwyl die oorlog in Irak as een van "keuse" voorgestel word en daarom beëindig is.

Na afloop van volgende week se verkiesing in Afghanistan gaan die koalisietroepe, waaronder Brittanje, begin huiswaarts keer en Amerika met die gebakte pere laat omdat die hoogs oneffektiewe Hamid Karzai waarskynlik as leier gaan aanbly.

Dit is lankal nie meer Bush se oordeelfoute waarop Obama kan staatmaak wat Afghanistan betref nie. Dit is nou Obama se eie persoonlike oorlog en dit gaan toenemend sy eensame stryd in die wêreld word soos wat die VSA geïsoleer raak.

001-гс/уФільчаков Олександр Васильович прокурор