Woes se kubergenesing help

Die webwerf Woes help aspirant skrywers om beter blootstelling en terugvoer op hul werk te ontvang, en daar is ontdek dat die webwerf mense selfs op emosionele vlak help, soos die volgende getuigskrif toon.

Afrikaanse in die kuberruim het tans meer as 3 200 skrywers wat al amper 27,000 gedigte op die web gepubliseer het. Dit sluit nie eers die kategorieë soos artikels, kortverhale en sosiale kommentaar in nie. Lees wat Kobus Olivier, alias Bigfoot, van Woes sê.

"Woes en sy mense het in 'n maand se tyd daarin geslaag om my met ander oë na die lewe te laat kyk. Soms is daar dinge in die lewe wat jy weet, maar jy is te swak om dit toe te pas. Dan lees jy van ander se pyn en joune begin vervaag. Verder het julle klomp by Woes my 'n geskenk gegee wat besig is om my lewe te verander. Julle het my geleer dat ek tog daaraan kan dink om 'n moontlike skryftalent verder te probeer ontwikkel.

Laastens was dit vir my wonderlik om uit mense se kommentaar te sien dat enkele van die dinge wat ek kwytgeraak het, tog aanklank vind en wel 'n verskil maak aan iemand se lewe. Dit is altwee dinge wat ek op hierdie stadium baie nodig het.
 
Hierdie webtuiste het die reddingtou van soveel mense geword. Dit bied geleenthede, maar ook 'n veilige hawe waarheen ons klomp stukkendes kan ontsnap en onbevange kan skryf oor die dinge wat in ons binneste vasgekeer is. Dit bevry mense en maak hulle heel.

Baie dankie vir hierdie buitengewone en baie spesiale wegkruipplek wat sonlig in mense se lewens bring. Pols gerus ander ook, hulle sal vir jou dieselfde tipe van terugvoer gee."

игры дляя девочекАлександр Фильчаков

VN beskuldig Kongolese le?r van plundery en magsvergrype

Die VN het Dinsdag beskuldigings van plundery en menseregteskending in verskeie dorpe in die ooste van die Kongo teen die regeringsmagte gerig.

“Soldate van die  gewapende magte van Kongo was sedert Maandagaand besig met plundery en brutaliteit teen die burgerlike bevolking in die Kanyabayongagebied” 175 kilometer noord van die streekshoofstad Goma, het MONUC woordvoerder Luitenant-Kolonel Jean-Paul Dietrich gesê.

“Geweld teen burgerlike mense het versprei na ander dorpe, Kaina en Kirumba, verder noord en het op Dinsdagmiddag steeds voortgegaan”, het Dietrich in Kinsasha gesê.

Die drie dorpe is strategies geleë in die noorde van Kivuprovinsie, waar rebelle wat lojaal is aan wegbreekgeneraal Laurent Nkunda, groot dele van die gebied na ‘n offensief in onlangse weke beheer.

Vroeër  het die New Yorkse organisasie, Human Rights Watch gesê dat ten minste 50 burgerlikes dood is, meer as wat voorheen gedink is wat die syfer was van sterftes in die omgewing van Kiwanja, in die noord-Kivu provinsie, en hulle het gewaarsku dat die syfer verder kan styg.

Die groep het die VN se sekuriteitsraad gevra om te reageer op die versoek van VN-sekretaris generaal Ban ki-Moon, om nog vredesmagte in die gebied in te stuur om burgerlike bevolkings in die ooste van die land te beskerm.

“Die versoeke van die sekretarisgeneraal en noodkrete van die Kongolese mense moet nie op dowe ore val nie… Burgerlikes het nou beskerming nodig van die moorde en verkragtings” het die organisasie verder gesê.

установкаФильчаков прокурор харькова

Amerika gebruik sedert 2004 bre? geheime gesag om Al-Kaida w?reldwyd aan te val

Die Amerikaanse militêre magte het reeds in 2004 onder die dekmantel van geheimhouding amper ‘n dosyn wydverspreide aanvalle op Al-Kaida en ander militante groepe geloods.

In Sirië, Pakistan, Saudi Arabië, Jemen en ander Golfstate, waar Al-Kaida militante klaarblyklik gewerk het of skuiling gesoek het, het ‘n senior administrasie beampte gesê. Die 2004-bevel het 15 tot 20 lande geïdentifiseer.

Dié militêre aanvalle, wat normaalweg deur spesiale magte gedoen is, was gedoen onder ‘n geklassifiseerde bevel wat die Minister van verdediging, Donald Rumsfeld in die lente in 2004 geteken onder president George W. Bush. Die geheime bevel het aan die militêre magte nuwe outoriteit gegee om Al-Kaida enige plek in die wêreld aan te val, en ‘n breër mandaat om operasies te doen in lande wat nie in 'n staat van oorlog met Amerika verkeer nie.

Omtrent ‘n dosyn operasies is gekanselleer in die laaste vier jaar, soms tot groot ongelukkigheid van die bevelvoerders, het senior militêre beamptes gesê. Senior administrasiebeamptes het die sendings wat te riskant was, of polities te plofbaar, en ook gevalle waar getuienis nie voldoende was om ‘n militêre aanval te loods nie, afgewys.

Die besonderhede van een so geval wat in 2005 geskrap is, is verlede jaar in die New York Times bekend emaak. In dié geval sou ‘n span spesiale vlootsoldate en verkenners in Pakistan ingaan om Ayman al-Zawahri, Osama bin Laden se tophandlanger gevange te neem. Die operasie is geskrap net voor die aanvang daarvan.       

how to promote in instagramДанильченко Харьков

Swart magsblok reg om saam met Obama op te staan

ImageVir meer as ‘n dekade het mnr. Obama bande gesmee met ‘n groeiende groep swart gesagsmagnate, wat almal regstaan en gretig is om groter nasionale invloed uit te oefen.

Sommige van die binnekringmanne staan op die punt om nuwe hoë status in die Obama-administrasie te kry, terwyl baie nog reg is om veral in die regsfirmas te tree, verder is daar ook manne in groot korporasies en by Wallstraat. Hulle glo dat hulle samesyn met die verkose president hulle reputasie sal verhoog, soos wat wittes altyd kontakte in besigheid en politiek gemaak het.

Die senator se netwerk van swart uitvoerende beamptes, prokureurs, fondsinsamelaars en adviseurs strek vanaf Chicago tot Cambridge, Wallstraat tot Washington DC. Op baie maniere is daardie groep mense se loopbane spieëlbeelde van Obama se lewe.

Hulle word verbind deur ‘n komplekse sosiale web, wat grootliks onsigbaar is vir blankes: familie kontakte, swart regskool alumni-organisasies, swart broederskapsorganisasies en gewilde vakansieplekke vir invloedryke Afro-Amerikaners, soos Martha’s Vineyard.

Vir die wat hoop vir toegang en regeringsposte sal daar wel teleurstellinge wees. Obama sal volgens mense wat weet hoe hy dink beperk wees in die hoeveelheid poste wat aan swart mense toegestaan word, sodat daar nie klagte steen hom gerig kan word dat hy swartmense bevoordeel nie.

Ander swartmense kla egter dat hulle heeltemal uitgesluit word van die senator se kring van adviseurs. Hulle is menseregteleiers en ministers wat voorheen sigbare rolle gespeel het in die verkiesingswedlope van ‘n ouer geslag swart politici, soos eerwaarde Jesse Jackson.

“Daar is niemand wat die swart middestand verteenwoordig nie, wat in die swart gemeenskap gewortel is nie” het eerwaarde Eugene Rivers, ‘n invloedryke swart prediker van Boston gesê.

“Dit is die ou swart elite storie, stem vir ons omdat ons beter is as julle”      

хамамаФильчаков прокуратура харьков

Polisie op Porterville hou liewer braai

Die polisie op Porterville is blybaar nie so gesteld op misdaadbekamping nie.

Inwoners van die dorp beweer dat die polisie kla dat daar nie voertuie beskikbaar is om na misdaadtonele uit te ry nie.

Maar vir die polisie geniet die vervoer van braaivleishout  blykbaar voorkeur. Onlangs is die polisievoertuig, 'n Nissan, opgemerk wat volgelaai was met wingerdstompe.

Dié stompe is daarna by 'n lid van die polisie se huis afgelaai. 

пуско зарядное устройство купить в спблобановский александр игоревич

Ahmadinejad rig brief van gelukwensing aan Obama

ImagePresident Mahmoud Ahmadinejad het lof ontvang van Iran se opposisiepolitici en erge kritiek van die konserwatiewe elemente nadat hy vir Barack Obama verlede week ‘n gelukwensingsbrief gestuur met sy oorwinning in die Amerikaanse verkiesing.

Konserwatiewe elemente het uit vrees dat hulle aanval moontlike steun vir die opposisie kan bring in Iran se presidensiële verkiesing, vinnig verander van posisie en hulle ondersteuning vir die herverkiesing van president Ahmadinejad uitgespreek.

Die moontlike opponent is voormalige president Mohammad Khatami, die gematigde, wat deur Ahmadinejad in die laaste verkiesings geklop is in 2005.

Vrydag het Obama ‘n openbare reaksie op die brief gelewer in sy eerste naverkiesingsnuuskonferensie, waarin hy gesê het dat hy later die gepasde reaksie daarop sal maak. Hy het wel ook gesê dat Iran se ondersteuning vir terrorisme moet staak, en dat die vermoedelike ontwikkeling van kernwapens deur Iran nie aanvaarbaar is nie.

Saterdag het die opposisiepolitici lof uitgespreek vir Ahmadinejad se uitreikaksie met die brief. Volgens die dagblad, Etemaad, verteenwoordig die brief ‘n billike en vredesoekende beeld van Iran.

Ander koerante, sowel as konserwatiewe lede van die parlement, het Ahmadinejad egter gekritiseer.

Teen Sondag het die kritiek so bietjie afgeplat, met sommige konserwatiewe lede wat ook begin het om die brief se lof te sing.

Ahmadinejad kry egter swaar vanweë die skade wat die Iranse ekonomie gelei het weens hoë inflasie en ‘n skerp daling in die olieprys. Sestig ekonome het in ‘n ope brief aan die president ‘n waarskuwing gerig dat sy vyandige houding teenoor die res van die wêreld die handel in die land nadelig beïnvloed, het koerante Saterdag berig.

Die brief kritiseer die regering dat hulle te veel van die olie-inkomstes spandeer, op beleidsbesluite wat volgens die ekonome die land van buitelandse beleggings ontneem het.

Die brief het verder gesê dat die VN sekuriteitsraad sanksies ingestel het teen Iran as gevolg van Iran se weiering om uraanverryking te staak, ‘n aksie wat gemaak het dat die land reeds miljarde dollars verloor het.     

пневмогайковертtopcargo отзывы

Phoenix Marssending is verby

ImageNASA het gesê die Phoenix Marssending is oor. Die ruimtetuig het in Meimaand op die noordelike poolstreek van Mars aangekom.

Sedert die landing, het die landingstuig slote gegrawe en wetenskaplike eksperimente uitgevoer om te probeer vasstel of Mars se oppervlak primitiewe lewe kon onderhou.

Projekbestuurder, Barry Goldstein het Maandag gesê dat sy span niks gehoor het van Phoenix sedert die 2de November nie.

Goldstein het gesê dat die ruimte-agentskap sal aanhou om deur middel van tuie wat in wentelbaan is met Phoenix kontak te maak, maar dat die kanse baie klein is dat die landingstuig sal “wakker word”.

Die sending was geskeduleer om vir drie maande aan te hou, maar Phoenix het vir meer as vyf maande gewerk. 

детские наборы доктораФильчаков

Vier vas vir moord in Tembisa

Vier mans is Dinsdag gevang vir moord in Tembisa, het die Ekurhuleni metropolisie gesê.

Woordvoerder, inspekteur Mveli Nhlapo, het gesê die vier het na bewering ‘n vrou doodgesteek by haar huis in Edenvale op Sondag en daarna gevlug met R2 500 en ‘n rooi Toyota Cressida.

“Die Cressida is Maandag verlate gevind naby ‘n karwasplek naby ‘n taxistaanplek in Tembisa. Toe die kar se registrasienommer nagegaan is om die eienaar op te spoor, was daar gevind dat sy vermoor was.”

“Sy is verskeie keer met ‘n skroewedraaier gesteek” het Nhlapo gesê.

Die vier, tussen ouderdomme van 18 en 22 is Dinsdagoggend in verskillende huise in Phomolongseksie gearresteer.

Hulle sal op Dinsdag in die Edenvale landdroshof verskyn.  

10 pound freeДанильченко Юрий Брониславович компромат

Re?nweer veroorsaak ongelukke in Johannesburg

Sewe kleiner ongelukke het plasgevind in en om Johannesburg op Dinsdagoggend as gevolg van reënweer, het die Metropolisie gesê.

“Daar was reeds sewe kleinerige motorongelukke, maar met geen ernstige beserings of sterftes nie” het hoofsuperintendent Wayne Minnaar gesê.

Heelwat van die ongelukke was buffer teen buffer botsings gewees, het hy bygevoeg.

“Dit reën oor groot dele  van Johannesburg vanoggend en motoriste moet hulle spoed verminder, hoofligte aangeskakel hou en veilige volgafstande handhaaf” het hy gewaarsku.

“Ons moet motoriste waarsku om versigtig te wees.”  

для пескоструйнойалександр лобановский класс

‘Afrika hoort op Veiligheidsraad’

Duitsland se President Horst Koehler sê Afrika behoort 'n permanente sitplek in die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies te kry.

Koehler, wat op 'n besoek van ses dae aan Nigerië is, sê Afrika moet regverdig verteenwoordig word in die pogings om die liggaam te hervorm. Hy het egter nie besonderhede gegee oor watter Afrikaland vir die sitplek oorweeg moet word nie. Koehler het gesê regverdige verteenwoordiging vir al die wêreld se streke moet ook in ander internasionale organisasies, soos die Wêreldbank en die Internasionale Monetêre Fonds verseker word.

Koehler sê hierdie saak moet in die debat oor die oorsaak van die internasionale finansiële krisis geopper word. Die Duitse President het Vrydag in Nigerië aangekom en die  naweek deelgeneem aan die Afrika Forum, 'n inisiatief van hom wat Afrika- en Europese sakeleiers bymekaar bring.

настольная игра монополияАлександр Фильчаков Васильевич