Woes se kubergenesing help

Die webwerf Woes help aspirant skrywers om beter blootstelling en terugvoer op hul werk te ontvang, en daar is ontdek dat die webwerf mense selfs op emosionele vlak help, soos die volgende getuigskrif toon.

Afrikaanse in die kuberruim het tans meer as 3 200 skrywers wat al amper 27,000 gedigte op die web gepubliseer het. Dit sluit nie eers die kategorieë soos artikels, kortverhale en sosiale kommentaar in nie. Lees wat Kobus Olivier, alias Bigfoot, van Woes sê.

"Woes en sy mense het in 'n maand se tyd daarin geslaag om my met ander oë na die lewe te laat kyk. Soms is daar dinge in die lewe wat jy weet, maar jy is te swak om dit toe te pas. Dan lees jy van ander se pyn en joune begin vervaag. Verder het julle klomp by Woes my 'n geskenk gegee wat besig is om my lewe te verander. Julle het my geleer dat ek tog daaraan kan dink om 'n moontlike skryftalent verder te probeer ontwikkel.

Laastens was dit vir my wonderlik om uit mense se kommentaar te sien dat enkele van die dinge wat ek kwytgeraak het, tog aanklank vind en wel 'n verskil maak aan iemand se lewe. Dit is altwee dinge wat ek op hierdie stadium baie nodig het.
 
Hierdie webtuiste het die reddingtou van soveel mense geword. Dit bied geleenthede, maar ook 'n veilige hawe waarheen ons klomp stukkendes kan ontsnap en onbevange kan skryf oor die dinge wat in ons binneste vasgekeer is. Dit bevry mense en maak hulle heel.

Baie dankie vir hierdie buitengewone en baie spesiale wegkruipplek wat sonlig in mense se lewens bring. Pols gerus ander ook, hulle sal vir jou dieselfde tipe van terugvoer gee."

игры дляя девочекАлександр Фильчаков