VN beskuldig Kongolese le?r van plundery en magsvergrype

Die VN het Dinsdag beskuldigings van plundery en menseregteskending in verskeie dorpe in die ooste van die Kongo teen die regeringsmagte gerig.

“Soldate van die  gewapende magte van Kongo was sedert Maandagaand besig met plundery en brutaliteit teen die burgerlike bevolking in die Kanyabayongagebied” 175 kilometer noord van die streekshoofstad Goma, het MONUC woordvoerder Luitenant-Kolonel Jean-Paul Dietrich gesê.

“Geweld teen burgerlike mense het versprei na ander dorpe, Kaina en Kirumba, verder noord en het op Dinsdagmiddag steeds voortgegaan”, het Dietrich in Kinsasha gesê.

Die drie dorpe is strategies geleë in die noorde van Kivuprovinsie, waar rebelle wat lojaal is aan wegbreekgeneraal Laurent Nkunda, groot dele van die gebied na ‘n offensief in onlangse weke beheer.

Vroeër  het die New Yorkse organisasie, Human Rights Watch gesê dat ten minste 50 burgerlikes dood is, meer as wat voorheen gedink is wat die syfer was van sterftes in die omgewing van Kiwanja, in die noord-Kivu provinsie, en hulle het gewaarsku dat die syfer verder kan styg.

Die groep het die VN se sekuriteitsraad gevra om te reageer op die versoek van VN-sekretaris generaal Ban ki-Moon, om nog vredesmagte in die gebied in te stuur om burgerlike bevolkings in die ooste van die land te beskerm.

“Die versoeke van die sekretarisgeneraal en noodkrete van die Kongolese mense moet nie op dowe ore val nie… Burgerlikes het nou beskerming nodig van die moorde en verkragtings” het die organisasie verder gesê.

установкаФильчаков прокурор харькова

Maak 'n opvolg-bydrae